Moet, As en Wanneer
Geskryf deur Prop. Olga Ludwick
Moet
As
Wanneer
Hoe laat hierdie woorde jou voel?
‘Moet’ is gewoonlik wanneer jy nie ‘n keuse het nie. Dit is verpligting of ‘n verantwoordelikheid en staan in kontras met dit wat jy eintlik wil doen.
‘As’ is ‘n onsekerheid. Dit kan iets wees wat jy hoop gebeur óf dis die slegste moontlike uitkoms waarvoor jy gereed maak.
‘Wanneer’ is voorwaardelik. Indien iets gebeur dan sal die wanneer volg.
Hierdie drie woorde is so ‘n groot deel van ons lewe. Dit is deel van die gezoem. Dit is ‘n herinnering aan ons behoeftes en begeertes; aan ons menslikheid en aan ons sterflikheid. Veral die woordjie ‘as’.
As kan aan onsekerheid gekoppel word, maar as kan ook die poeierige oorlyfsels wees van iets wat gebrand het. Met die wêreldgebeure soos dit tans is, is as vir ons ‘n ‘reality check’. Of eerder ‘n herinnering aan die broosheid van die lewe.
Vandag vier ons een van die oudste kerklike feeste – Aswoensdag. Ons trek ‘n kruis van as en olyfolie op ons voorkop om ons te herinner aan ons eie steflikheid en sonde. Aan broosheid.
Ons trek ‘n as-kruis om ons te herinner dat God ons kom roep het vir meer as die Moet, As en Wanneer van die lewe. Die as-kruis herinner ons om onsself te rek en ons ego en gehegtheid prys te gee, sodat ons anders oor ons lewe kan dink en nie vasgevang word in die Moet, As en Wanneer nie. Die as-kruis nooi ons om anders na ons lewe te kyk – hierdie keer deur die vergrootglas van die kruis.
Joël 2:12-14a: “Maar selfs nou, keer terug na My met julle hele hart, vas en huil en rou,” is die uitspraak van die Here. Skeur julle harte en nie julle klere nie, draai om na die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, geduldig en oorvloedig in troue liefde, Hy het berou oor die onheil wat Hy bring. Wie weet, dalk draai Hy om, het berou, en laat ‘n seëning agter Hom oorbly.