Twyfel jy soms in jouself?
Geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Die afgelope Sondagaand het ek ‘n radio-onderhoud met Johann Voges gevoer. Johann is die skrywer van ‘n nuwe boek “Anderkant twyfel – Kreukelgedagtes oor lewe en dood” (en toevallig my oud-kollega). Die boek is die produk van Johann se verhaal oor die verlies van ‘n dogter baie jare gelede en onlangs die afsterwe van sy vrou, Martie, na ‘n lang kankerstryd.
Ons gesels oor die boek, die proses van rou en die geloofsvrae wat daarmee saam gaan. Ek vra hom oor twyfel. Dikwels beleef baie mense God as afwesig in krisistye. Soms verloor mense geloof in God as hulle opreg wonder hoekom iets pynlik moes gebeur.
Johann is stil. Hy vertel dat hy deur al hierdie pyn persoonlik nooit getwyfel het in God se bestaan en of die Here “weg” is nie. Sy twyfel was in homself: “Ek het geloof in myself verloor. Ek was afwesig. Ek was onseker of ek die vermoë sou hê om deur hierdie tyd aan God vas te hou.”
Dit was ‘n onverwagse antwoord.
Het jy al iewers in jou lewe deur ‘n tyd gegaan wanneer jy ophou glo het in jouself? Johann se opregte antwoord het my diep laat dink. So dikwels neem ons aan die twyfel lê na God se kant toe, terwyl ons eintlik nader moet kyk na ons eie “onklaarkomstigheid”. Ons eie “sukkel met onsself”.
Die mooi van lydenstyd is die wete dat die Here selfs ons eie onvergenoegdheid en onsekerheid met ons vermoëns in sy hand hou. Selfs daardie lyding is veilig op die Via Dolorosa. Hy verstaan dit.
Sy liefde omvou ons selfs wanneer ons in onsself twyfel.
Ek kan hoor hoe Jesus vir Johann, vir my en vir jou vandag iets tot in ons harte wou fluister: “Wees ‘n slag ook ‘n bietjie genadig met jouself”.
Dr. Zander van der Westhuizen