Onrustige hart...
geskryf deur Ds Karin Steyn
Die Duitse kunstenaar, Käthe Kollwitz, maak in 1937 hierdie beeld van ma’s wat in ‘n sirkel oor hulle kinders waak om hulle teen die wreedheid van oorlog te beskerm. Dis een van die kragtigste anti-oorlogskunswerke na die Tweede wêreldoorlog. Kenners sê dat kuns na die oorloë al hoe donkerder geword het oor die toestand waarin die mensdom haarself bevind het.
So ‘n week of twee gelede gaan ek in op sosiale media en die eerste beeld wat ek raaksien, is ‘n foto van die treinstasies in Poland. Dit wys hoe verskeie ma’s in Poland hulle bababenodighede op die stasies los vir ma’s van Oekraïne wat moes vlug. Hierdie foto ruk my aan die hart. Saam met dit is daar foto’s van die kinders wat ondergronds in Oekraïne weggesteek word. ‘n Fotograaf neem foto’s hiervan met die opskrif: “Let the mothers of this world decide on war.” In die oomblik raak die gebrokenheid van ons wêreld, hier waar ek onder aan die punt van Afrika sit, my diep. Waar gaan dit eindig? Wie gaan dit beïnvloed? Wie gaan verandering of ‘n oplossing bring? Op ‘n manier is ons wêreld weer tot stilstand geruk.
Ek word met al die nuusberigte net weer bewus hoe diep ons wêreld verdeel is tussen “ons” en “hulle”. ‘n Narratief wat ons leer: “hulle” is verkeerd en “ons” het die waarheid. Dis interessant om dop te hou hoe die wêreld nou teenoor vlugtelinge reageer; hul reaksies soveel anders as teenoor die Oosterse vlugtelinge, nie te ver in die verlede nie en vars in ons gedagtes.
“Ons” en “hulle”. Hierdie woorde het al baie skade gemaak.
Gelowiges regoor die wêreld bid vir vrede. Saam met die gebede, moet ons self die instrumente van vrede in ons wêreld word. Dis nogal iets om - hier om ons - oor na te dink. Bring my woorde en dade vrede? Leer dit my kinders om in te sluit of weg te stoot?
Ek weet in Wie se voetspore ek wil loop en ek weet ook wat Hy met “hulle” gedoen het.
Salig is die wat rein van hart is,
want hulle sal God sien.
Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.
(Matt. 5:3-10)
Vrede,
Ds. Karin