Die Here alleen weet
geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
Teks: 2 Samuel 18:24 – 19:8
Met die tragedie wat die afgelope week in ons gemeente gebeur het, kom die woorde by my op: Die Here alleen weet.
Wat beteken hierdie woorde? Die Here alleen weet. Vir my beteken dit ‘n baie diep eensaamheid. Niemand weet wat ek hierbinne my voel nie. Niemand weet hoe ek hierbinne voel nie. Niemand kan hulself in my skoene plaas nie. Ek is alleen. Ek en die Here. Ons is alleen.
Dit is wat lyding aan ‘n mens doen. Daar is niks wat ‘n mens so alleen kan laat voel soos om te ly nie. My lyf, my verhoudings, my emosies. Net ek kan dit beleef. Net ek kan dit beskryf.
In 2 Samuel 18 lees ons van nog ‘n familietragedie. Absalom het teen sy pa gerebelleer, homself koning verklaar, ‘n weermag gemobiliseer en ‘n burgeroorlog begin. Dawid was genoodsaak om te reageer. Joab, die generaal van Dawid se weermag, slaag uiteindelik daarin om Absalom se manskappe te verslaan. Absalom self het ook in die veldslag op ‘n brutale manier gesneuwel, selfs nadat Dawid gepleit het dat hulle “saggies” met sy seun moet werk. Net wanneer die verhaal van begin tot einde gelees word, kom ‘n mens onder die indruk van die tragedie en die gemengde emosies wat deurgaans op die spel is. By die aanhoor van die nuus gaan Dawid sy binnekamer in en in ‘n emosionele uitbarsting herhaal hy agt keer: “Absalom, my seun, my seun, my seun.” Dawid se wêreld word uitmekaar geruk. Sy lewe skeur middeldeur. ‘n Donkerte tref hom.
Die paleiswagte en amptenare was uit die veld geslaan. Joab het Dawid getugtig. Hoe kan die koning huil? Die vyand is dan verslaan? Die oorwinning is behaal? Die oorlog is dan gewen? Tog is al wat hulle hoor - Absalom, my seun. My seun, my seun.
Dawid was alleen.
Niemand het verstaan nie.
Dit is wat lyding doen.
Maar hoekom sê ons dan die Here alleen weet? Ons sê dit want die Here ly ook. Ons herdenk sy lyding juis om ons te herinner dat die Here ook weet van lyding. Jesus was sy geliefde Seun oor wie Hy Hom verheug.
My seun, my seun, my seun. Daar is ‘n aardbewing wat die wêreld ruk. Die voorhangsel van die tempel skeur. Die lig verdwyn met ‘n sonsverduistering.
Jesus ly sodat ons NIE in ons lyding heeltemal alleen hoef te wees NIE. Die Here alleen weet.
Mag jy hiervan bewus raak soos ons nader aan die kruis beweeg. Die Here weet. Jy is nie alleen nie. Die Here weet.
Genade en vrede