Paasfees – 'n tyd van onthou
geskryf deur Prop. Olga Ludwick
Dit begin by die eksodus - sonder hoop, met God nêrens te vinde nie.
Dan verander dit – álles gaan anders wees want God het die trane van mense raakgesien.
Ons ken die storie goed – Moses wat by die farao pleit; die plae en die lam wat geslag word en inderhaas geëet word. Hierdie ete word ‘n jaarlikse ritueel – ‘n herinnering dat God die Israeliete se pyn raakgesien het en hulle verlos het.
Baie jare later vier Jesus dieselfde fees (die Pasga) saam met sy dissipels.
Maar hierdie keer gee Hy nuwe betekenis daaraan. Jesus eet vir die laaste keer voordat Hy gekruisig word, saam met sy dissipels.
Hierdie keer word Jesus die lam.
Ons onthou dit deur die nagmaal te vier.
Die Griekse woord vir ‘dankbaar’ kom van die werkwoord eucharizomai af. Die Griekse woord eu beteken ‘goed’ en die woord charizomai beteken ‘om te gee’. Dit is waar ons die Engelse woord Eucharist (nagmaal) vandaan kry, want Jesus is die goeie geskenk wat God aan die wêreld gegee het.
God maak vrede met die wêreld deur die goeie geskenk - Jesus. Gelowiges neem deel aan hierdie onthou-ete - die nagmaal of ‘eucharist’ - om opnuut te besef dat ons die dood en die lewe van Jesus in ons liggaam dra (2 Kor. 4:10).
Christus sterf sodat ons kan lewe. Sodat ons lewe vir ander kan gee. Ons is die liggaam van Christus. Die kerk word die goeie geskenk (eucharist).
Wat beteken dit eintlik? Wat beteken dit om Christus se sterwe en lewe in ons liggaam te dra? Wat beteken dit om die goeie geskenk in die wêreld te wees?
Dit beteken dat ons Jesus se voetspore volg. ‘n Spoor wat deel is van die wêreld se pyn en swaarkry sodat die wêreld hoop en vrede kan ken.
Ek hoop hierdie woorde bring vir jou ‘n stuk ongemak. ‘n Uitdaging. ‘n Uitnodiging om uit jou gemaksone te tree, omdat Jesus nie ‘n maklike pad gestap het nie. Die goeie geskenk wat ons in ons dra, gaan oor dit wat ons DOEN en hoe dit in ons alledaagse lewe uitvloei.
Kent M. Keith skryf in sy Paradoksale Gebooie wat dit beteken om as mense die goeie geskenk te lewe:
Mense is onlogies, belaglik en selfgesentreerd.
Wees in elk geval lief vir hulle.
As jy goeie dinge doen, gaan mense sê jy het selfsugtige motiewe.
Doen in elk geval goeie dinge.
As jy suksesvol is, gaan jy valse vriende en ware vyande wen.
Wees in elk geval suksesvol.
Die goeie wat jy vandag doen, gaan more vergete wees.
Doen in elk geval die goeie dinge.
Eerlikheid maak jou kwesbaar.
Wees in elk geval eerlik.
Die grootste mans en vroue met die grootste idees, kan afgeskiet word deur die kleinste mans en vroue met die kleinste idees.
Droom in elk geval groot.
Mense hou van ‘n buiteperd, maar volg ‘n bobaas.
Baklei in elk geval vir die buiteperd.
Dit wat jy vir jare aan bou, kan oornag verkrummel.
Bou in elk geval.
Mense het werklik hulp nodig, maar gaan jou aanval wanneer jy hulp aanbied.
Help in elk geval mense.
Jy kan jou beste gee, maar die wêreld gaan jou in die tande skop.
Gee in elk geval jou beste.
Paasfees is ‘n tyd van onthou. Ons onthou dat ons deel is van ‘n lang storie van pyn en oorwinning. Ons onthou dat Christus die goeie geskenk is en vir ons die voorreg gee om ook ‘n goeie geskenk vir die wêreld te wees.
Mag elke ete in hierdie tyd jou herinner om uit jou gemaksone te tree, sodat Christus se opstanding in jou kan leef.