Goed!
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Die Hebreeuse woord "tov" is 'n klein woordjie met 'n groot betekenis. Jy het waarskynlik al die uitdrukking "mazel tov" gehoor. In Hebreeus beteken dit sterkte of voorspoed. Jy sou dit in Engels kon vertaal as "good luck".
Ons gebruik baie maklik die woord "goed". Ons sal vinnig sê: "Dit gaan goed!". Ons sal maklik sê die rugbywedstryd was "goed" of die aanbieding van 'n spreker was "goed". Die woord is deel van ons daaglikse sinskonstruksies en uitdrukkings. Maar verstaan jy werklik wat die woord oorspronklik beteken het?
In die Bybel lees ons die woord die eerste keer in die skeppingsverhale raak:
Toe het God gesê: “Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en vrugtebome op die aarde, wat elkeen na sy aard vrugte dra en waarvan die saad in sy vrug sit.” So het dit gebeur. Die aarde het groen plante laat uitspruit wat elkeen na sy aard saad gee, en bome wat vrugte dra met die saad daarin, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed. (Gen 1:11-12)
Die Here kyk na die skepping wat voortplant, groei en vermeerder. Hy sien dit as "tov". Daar is beweging. Daar is saad wat val, opkom in goeie grond, groei en uiteindelik vrug dra. Daardie vrugte maak weer saad en die proses word herhaal. Daar is voortdurend groei in sy skepping.
Dink aan die oomblik wanneer 'n kind gebore word. Dink aan die oomblik wanneer jy die reën sien val in 'n woud terwyl jy op ‘n staptoer is. Dink aan die oomblik wanneer dolfyne sigbaar langs 'n boot kom swem. Dink aan die oomblik wanneer jy liefde voel.
Dit is "tov". Dit is die goedheid van die besef dat die skepping funksioneer soos die Here dit bedoel het en dit vermeerder, groei en herskep.
Die wêreld is vol van narratiewe waarin die afwesigheid van goedheid sigbaar is. Eintlik smag die wêreld na ware goedheid. Mense het nodig dat sade van goedheid in hulle hart weer plek maak vir nuwe lewe.
Jy is die draer van God se "tov" in hierdie wêreld. Wanneer jy vrug dra en jou woorde, gedrag en intensies val soos sade in iemand anders se lewe, dan is daar "tov". Daar is goedheid wanneer jy leef soos wat jy geskep is om te leef.
Mag jy hierdie week die goedheid van die lewe, skeppend en vars in 'n wêreld wat dit só nodig het, met ander deel.