Wat Johannes kies om te vertel…
geskryf deur Ds. Karin Steyn
Na Paasfees is dit altyd vir my spesiaal om al die verhale rondom Jesus se opstanding te lees. Dit help nogal om ‘n prentje te vorm van almal se reaksies teenoor die opstanding. Daar is dan ook twee prentjies wat by my bly. Die dissipels wat in die bo-kamer wegkruip en Jesus wat op die strand ‘n vissie braai. Dalk is dit omdat beide van hierdie optredes vir my so vreemd is…
Die Arabiere het die gesegde: “Bloed is dikker as melk”. Dit verwys na die verbond of ooreenkoms tussen twee persone wat ewig is en nooit verbreek kan word nie. Jesus gebruik hierdie verbondsterm wanneer Hy sy dissipels later vriende noem. Die dissipels kry die titel nie met hulle roeping nie, maar eers aan die einde van Jesus se bediening net voor die kruisiging.
“Ek noem julle nie meer diensknegte nie…Ek noem julle vriende…” Joh 15:15. Tog lees ons na die kruisiging dat die vriende van Jesus in ‘n bo-kamer wegkruip. Bang vir wat met hulle gaan gebeur. Ek kan my net indink. Hulle het hul lewens vir dié Jesus gewaag, selfs opgegee. Nou is hy gekruisig. Waar los dit hulle? Ek wens die evangelies kon ons meer vertel van die gesprekke wat in hierdie bo-kamer plaasgevind het. Het hulle mekaar oortuig, bang gemaak, gehelp? Dan verskyn Jesus tussen hulle. In hulle twyfel, kom staan Hy tussen hulle. Daar is niemand beter as Job wat die pyn van verkeerde vriende in ‘n donker tyd verstaan nie, en hy sê: “God reveals deep things of darkness and brings deep shadows into the light” -Job 12:22.
Dit bring my dan by Jesus se vreemde optrede na die opstanding. Waarom is dit belangrik dat Johannes ‘n visbraai deel maak van die opstandingsverhale? Is daar nie belangriker dinge soos wonderwerke of nuwe openbaringe wat gedeel moet word nie? Johannes sluit immers die visbraai verhaal af met “Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.” -Joh 21:25.
Hier is wat ek raaksien in die twee vreemde gebeurtenisse. Al die opstandingsverhale gebeur in die allerdaagse en in doodgewone menslike omstandighede. Die dissipels soek eerder weer na ‘n buitengewone Jesus tussen skares en wonderwerke. Hulle verwag hom nie alleen op die strand besig om ‘n vissie te braai nie. Ek dink ons verwag dit ook nie.
Daar is wel iets baie mooi in hierdie gewone gebeurtenisse waarbinne Jesus opdaag. Ons sien raak dat die gewone lewe ons kan help om nader aan Christus te kom. Die opstanding herinner ons dat God in alles teenwoordig is. Die sigbare word ‘n deur na die onsigbare. Teoloë praat van ‘n sakramentele teologie. En dit is so mooi! Die lewe word geheilig deur Christus wat daar is! As ons God nie in die gewone kry nie sal ons Hom nie in die buitengewone kan kry nie. Jean Pierre de Caussade sê dit mooi: “The purest form of spirituality is to find God in what is right in front of you…”.
Mag ons in hierdie na-opstandingstyd ook Jesus raaksien in ons gewone lewens.
Vrede,
Ds. Karin