Hemelvaart
geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
Handelinge 1:1-11
Ons vier hierdie week Hemelvaart. Kinders by skole laat ballonne los om in die hemel te verdwyn. Christene kom bymekaar in eredienste om die weggaan van Jesus te vier en ons lees sosiale mediaboodskappe wat vertel van die hoop dat Jesus eendag weer sal terugkom.
Dalk sukkel jy 'n bietjie met die verhaal van Hemelvaart in die jaar 2022. Ek het self al baie oor die betekenis daarvan nagedink. 'n Mens kan nie help om te wonder hoe dit gelyk het, wat die dissipels gedink het en hoe hulle verwag het Jesus sou terugkeer nie. Hulle het waarskynlik verwag dat Jesus sou terugkeer terwyl hulle nog leef, nie waar nie? Ek sou.
Terwyl jy vandag jou kinders aflaai, vir jou tee maak en jou gunsteling boek lees voor jy vanaand jou lig afskakel - bly hierdie gewonder oor Hemelvaart dalk in jou kop.
Ek deel met jou hoe ek dit vir myself hoopvol uitgeklaar het.
Lukas hanteer een groot belangrike saak: Jesus is God!
Die skrywer van Handelinge vertel hierdie verhaal aan die begin van sy Handelinge (volume 2) as deel van die einde van die evangelie (volume 1). Dit is die volle sirkel wat voltooi word. Die feit dat Jesus opvaar na die hemel bewys dat Jesus werklik God is. Die dissipels vind legitimiteit in die gebeure wat voor hul oë afspeel. Dit bevestig die ware identiteit van wie Jesus is en skep vertroue in almal se harte.
Ek en jy leer iets oor teenwoordigheid
Ons dink aan die metafisiese. Ons vra vrae oor waar Jesus nou is. Ons hoef nie ver te soek nie - jy lees net verder in Handelinge. Daar vind jy die antwoord in die uitstorting van die Gees. Die manier waarop God teenwoordig is, het 'n totale nuwe begin. Hy is nou ín jou. Hy leef deur jou. Jesus haal deur sy Gees in jou lewe asem. Hemelvaart is die begin van 'n nuwe geloofsraamwerk oor hoe God teenwoordig is in my en in jou dag.
Jesus vertrou jou met sy hartsbegeerte
Die feit dat Jesus vir jou en my los met die verspreiding van die evangelie is 'n groot eer. Na eeue is die verhouding met God herstel en genees. Dit is nou moontlik vir elkeen van ons om God se werk voort te sit. Hy los dit in ons hande. Daar is net een rede hoekom dit moontlik is - Hy vertrou ons daarmee. Daarom is Hemelvaart 'n bevestiging dat die verhouding tussen ons en God herstel is.
Dit is die moeite werd om deur die loop van hierdie week oor Hemelvaart na te dink. Daar is 'n goeie rede hoekom Hemelvaart hoop in ons wakker maak. Nie omdat ons 'n kinderbybelprentjie van die wederkoms koester wat ons passief maak nie. Nee. Omdat ons aktief herinner word aan wat Jesus van ons dink.
Geseënde Hemelvaart!
Zander van der Westhuizen