Speel jy dood?
geskryf deur Prop. Olga Ludwick
Opossums is interessante diere. Hierdie diertjie is bekend daarvoor dat wanneer hulle bedreig voel, speel hulle dood. Dit is eintlik ‘n onwillekeurige reaksie. In tye van gevaar of konfrontasie gaan ‘n Opossum in skok wat veroorsaak dat die liggaam pap raak of selfs stokstyf word en dit kom voor of die dier dood is.
Hierdie reaksie kan ‘n Opossum se lewe red, maar dit hou ook risiko inhou. Baie Opossums is al begrawe, omdat mense werklik dink hulle is dood terwyl hulle eintlik net dood speel.
‘n Dier wat nog meer bekend is vir sy verdedigingsgedrag is ‘n Skilpad. Wanneer ‘n Skilpad onveilig voel trek hy sy ledemate (kop en bene) terug in sy dop.
Mense doen baie keer dieselfde ding. Wanneer ons onveilig voel; onseker is; of selfs hartseer is speel ons dood óf trek ons ons koppe in ons “huise” in. Ons dink dat dit ons veilig gaan hou. En dalk doen dit vir ‘n rukkie, maar soos vir die Opossum en selfs ook die Skilpad, is daar groot risiko’s in hierdie gedrag.
Ons wil baie keer die natuur bestudeer om onsself en ander mense te kan verstaan. Dit help ons baie, maar ons moet ook onthou dat ons deel is van die natuur.
Tans ervaar almal druk. Ekonomies en polities. Ons is onseker. Dalk is jy bang. Voel jy bedreig. Dalk is jy ook besig soos ‘n Opossum of Skilpad op te tree. In ‘n staat van veg, vlug of vries te gaan. Daar is egter ‘n ander opsie… ‘n Opsie wat eintlik ook deel is van die natuur. Menslike natuur.
Mense is gemaak om in gemeenskap te lewe.
As gelowige mense besef ons al hoe meer hoe waardevol hierdie ding is – gemeenskap. Renovaré het gesê:
“The aim of God in history is the creation of an all-inclusive community of loving persons with God himself at the center of this community as the prime Sustainer and most glorious Inhabitant.”
Dis maklik om te onttrek. Om in ‘n oorlewingsmodus te gaan. Dis moeilik om kwesbaar en weerloos op te daag. Tog is dit die beste manier om te lewe. Om sáám te lewe beteken dat ons in mekaar se hartseer en vreugde deel. En ook alles tussen-in. Dit is wat dit beteken om ’n geloofsfamilie te wees.
Wat dit moeilik maak is dat ons vandag in ‘n hoogs individualistiese samelewing leef. Dit is amper vir ons ‘n vreemde konsep om te dink dat ons ons lewens met ‘n groep mense kan deel. Ons sal eerder vereensaam as om onsself bloot te stel deur deel te word van ‘n gemeenskap.
Kurt Vonnegut se antwoord op die vraag “Wat moet jong mense van vandag met hulle lewens doen?”, is die volgende “Baie dinge, natuurlik. Maar die mees gewaagde ding om vandag te doen is om ‘n gemeenskap te skep waarin die aaklige siekte van eensaamheid genees kan word.”
Ons is baie keer bang om op te daag, want wat as ons nie aanvaar word nie? Wat as ek niks het om te bied nie? Gemeenskap gebeur juis dan. Dit gebeur wanneer mense met leë hande besef dat hulle baie meer het om te gee as wat hulle gedink het. En wanneer mense opdaag om te help, besef hulle dat hulle nog iets het om te leer.
Die kerk het nog altyd in onsekere tye bestaan en selfs floreer. ‘n Moontlike rede is omdat hulle juis in mekaar se lewens gedeel het. ‘n Familie was met Christus as die kern.
In 1 Korintiërs 12 staan daar:
Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” 22 Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik, 23 en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak, 24 terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, 25 sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. 26 As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
27 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.
Ons is gemaak om in mekaar se lewens te deel. In die maklike tye en die moeilike tye.
Ons is nie gemaak om soos ‘n Opossum dood te speel of om soos ‘n Skilpad in ons dop te kruip nie. Ons is gemaak om braaf te wees en saam met mekaar te leef met Christus as ons wentelpunt.
Amen