‘n Toekoms groter as ons verlede
geskryf deur Ds Karin Steyn
As jy mooi luister om braaivleisvure en by kuiers, hoor jy hoe vriende hulle herinneringe deel. Daar is iets aan hierdie stories wat vertel word, wat wys wie ons is en wat ons gevorm het. Soms is dit lekkerder om saam te lag oor die verlede as om te dink oor die toekoms…
Die Bybel wil ons egter ‘n totaal ander denkpatroon gee oor die toekoms.
Die brief van 1 Johannes begin met die skrywer wat die lesers wil herinner aan die verlede. Nie sommer maar net die breë verlede nie. ‘n Spesifieke man (Jesus) en sy optrede in die verlede. Ons sien dit raak in die woorde van 1 Johannes 1-4:
Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2 Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3 Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.
Daar is spesifieke goed wat die skrywer op klem lê wat waardig is om onthou te word. Want hierdie vorm van onthou gaan hulle gemeenskap identiteit gee. Dit laat my wonder, hoe sal jy jou verlede beskryf? Watter invloed het die beskrywing op jou uitkyk vandag? Want soms is ons geneig om ons huidige realiteit as die grootste en enigste in die heelal te maak.
Ek het 'n beeld gehoor op 'n tyd wat vir my verskriklik baie beteken het. Die persoon het gepraat van 'n motor se voorruit. 'n Groot stuk glas maak dat ek 'n baie goeie uitsig het van wat voor my gebeur. Dis nodig om voor jou te kan sien, want dit is wat ek nodig het om veilig vooruit te beweeg. Maar voor my is ook 'n spieëltjie, 'n truspieëltjie om te sien wat agter my is.
Hierdie truspieëltjie is baie belangrik om reg en verantwoordelik te bestuur. Dit gee die geheel prentjie terwyl jy ry. Ek hou so baie van die beeld, omdat ek glo dit werk ook so in die lewe. Ons kan nie vasgevang wees in die verlede op ‘n manier wat dit ons vandag verlam nie. Maar om te kan terugkyk, help ons om reg vorentoe te beweeg. My verlede vorm my hede en gee rigting aan my toekoms. In ons geloofslewe het ons nodig om terug te kyk na waar God in ons verlede sigbaar was – ons moet onsself daaraan herinner as ons in ons hede na Hom soek.
Hierdie waarheid lig ook uit hoe belangrik dit is om genees te wees van alles wat in die verlede oor jou pad gekom het. Want net dan kyk jy vorentoe en sien jy lewe en hoop raak.
Henri Nouwen sê: “Your future depends on how you remember your past.
Mag jy jou verlede gebruik om jou te vorm na die beeld van God.
Mooi week!
Ds. Karin