Gekonfronteer met jouself
geskryf deur Zander
Saterdagaand, tydens ons gemeente se jaarlikse retreat, kyk ons die inspirerende film, "The Way" van Martin Sheen en sy seun, Emilio Estevez. Die film van die bekende akteurs uit Hollywood vertel die storie van 'n pa wat deur die dood van sy seun moes werk. Sy seun is oorlede in slegte weersomstandighede op die Camino. Hy het die wêreldbekende pelgrimstog vanaf St. Jean Pied-du-Port oor die Pyrenees begin stap sonder om die 800km reis tot by Santiago de Compostela te voltooi. Sy pa besluit op die ingewing van die oomblik om dit namens sy seun te doen en oral langs die roete sy seun se as te strooi.
Die pelgrimstog het 'n groter invloed op die pa as net die verwerking van verlies. Hy kom tot die besef dat sy besige lewe, dit waaraan hy vashou en wat hy gedink het die lewe werklik oor gaan minder waarde het. Die waarde van die lewe lê in wat sy seun lankal vir hom probeer leer het - vriende, ervaringe, geloof en om werklik te leef.
Die film het my teruggeneem na 'n diep ontdekking wat ek self tydens my eie Camino beleef het. Terwyl jy stap, is al wat jy saam met jou dra wie jy werklik is. Weg is die etikette en die verwysings waaraan ons willig en onwillig soms vashou. Ek was nie die dominee, die man van Maartje of die pa van Alex en Inge nie. Ek was nie Afrikaans, vanuit 'n gegoede deel van Suid-Afrika met 'n sekere universiteitsagtergrond nie. Ek was nie die een wat deel is van 'n bepaalde bekende kultuur, 'n sekere geloofsraamwerk (met alles wat daaraan gekoppel is) of 'n witmens nie. Niemand het geweet wat ek ry, waar ek bly of wat ander mense van my dink nie.
Ek was net Zander.
Vreemdelinge se enigste indruk van jou is slegs gebaseer op jou vriendelikheid of die afwesigheid daarvan. Hulle leer jou ken deur jou dade of jou hantering van 'n situasie - woorde en etikette is leeg. Wat saak maak, is wat jou oë sê, wat jou hande doen en hoe jy iemand behandel. Of jy 'n Christen is, word nie afgelei vanuit jou NG Kerk lidmaatskap nie (wat of wie is die NG Kerk in iedergeval?) Dit word afgelei uit jou menswees en jou hart. Jy word geoordeel op grond van jou hulpvaardigheid, jou respek vir ander en jou dade. Mense sien jou dalk bid in die slaapsaal van 'n herberg of hoor jou sing in 'n klein kapel op 'n stil dorpie se pelgrimsdiens.
Wie is daardie mens? Die een sonder "die kar", die "posisie in die gemeenskap", of "die etiket as die ma van die kind wat presteer". Die een sonder die "regte kerk", die "regte skool" en die "regte adres".
Ons lewe in kokonne van etiket en 'n gedwonge gemaksone wat jy dink is jou vriend en tot jou voordeel. Maar is jy nog seker wie jy werklik is? As al hierdie "besig-wees" en "belangrik-wees" weggeneem word, watter tipe mens bly oor? Sal mense jou steeds 'n Christen noem as hulle jou leer ken as 'n vreemdeling op 'n reis iewers in 'n ver land sonder enige verwysing na jou adres en kultuur?
Martin Sheen se karakter maak 'n lewensbesluit aan die einde van sy Camino. Hy los die etikette en toer deur die wêreld. Op daardie stadium kon hy. Hy was stoksielalleen op hierdie planeet. Sy mede-reisgenote op die Camino het sy enigste oorblywende familie geword.
Ons kan nie altyd alles net so los en die wêreld gaan toer nie. Maar soms is daar wel goed wat jy eerder vroeër as later in jou lewe moet laat gaan.
Daar is ‘n diep vryheid daarin om los te kom van die etikette, die gemaksones en die "besig-wees" wat ons so maklik om ons nek hang.
Wanneer laas was jy werklik gekonfronteer met wie jy is?
Ek laat jou met 'n paar versreëls uit my joernaal wat later lirieke geword het. Dit is geskryf op 'n treinrit in 'n land ver weg van die ooste van Pretoria.
Hoe voel dit nou weer om vry te wees?
sonder perke, mensgemaakte grense
sonder die hou van jou asem
sonder die vasval van jou denke
sonder die oneindige bevrediging
van ander se verwagtinge
sonder die skuldgevoel van nalating
en bepeinsing oor als wat nog moet
Gekonfronteer met jouself
loop jy in strate van die vreemde
wat jy is, wat jy word
Ek sal reis in vryheid
Ek sal in eenvoud my God hier vind
Ek sal opstaan
en loop met die bekende beelde in die dieptes van my hart
want ek is vry
Zander