Om klaar te maak is hard – om te begin, nog harder…
geskryf deur Ds Karin Steyn
1 Kor 9:25 “Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.”
‘n Marathon.
In 490 v.C. het die inwoners van Athene teen Persië ‘n “Battle of Marathon”gehad. Die legende van Marathon is Herodotus se verhaal van ’n langafstandboodskapper genaamd Phidippides. Voor die veldslag was hy gestuur om die hulp van die Spartane te verkry. Hierdie afstand wat hy gehardloop het om hulp te verkry, was ’n wedloop van 42 km tussen Marathon en Athene. Die slag van Marathon bewys dat die magtige Persiese Achameniese Ryk oorwin kon word, en die slag sou later in Griekse kuns – die literatuur, beeldhouwerk, argitektuur en pottebakkerskuns – uitgebeeld word as ’n kritieke en deurslaggewende oomblik in die Griekse geskiedenis.
Die legende loop dat Phidippides dood neergeval het na die marathon.
Ek vertel die geskiedenis omdat ek die laaste week baie nadink oor uithouvermoë. Ons vier graag groot oorwinnings en mylpale wat bereik word, maar ons vier nooit ‘n BEGIN nie. Dit sal amper vreemd wees. Tog glo ek om soms iets enduit klaar te maak moeilik kan wees – maar om te begin is amper moeiliker!
Dink aan jou werk, wat jy besit, jou verhoudings. Stop ons genoeg voor ons iets voltooi het om die regte vrae te vra? Of maak ons soos Phidippides – om ons alles te gee sonder om te vra wat dit ons kos of wat ons verloor.
Dink maar aan iets groots wat jy aanpak. Almal is nuuskierig oor die eindresultaat of wie die medalje gaan ontvang. Of jy dit reggekry het of voltooi het. Niemand stop en vra: Vertel my van die oomblik toe jy moed verloor het of begin twyfel het en gestruikel het nie.
Hier, aan die einde van die jaar, is waarin ons gefaal het of nooit eers begin het nie nogal duidelik sigbaar. Ons dra swaar daaraan. Tog word ek die week diep bewus daarvan dat die klein oomblikke eintlik jou reis bepaal. Dis waarin die ervaring lê. Dis waar ons God sien en voel. Dis wat regtig tel.
“The world doesn’t notice the distance you’ve gone because the world is not the one looking back. Most of the work is going to be ours – in our time, on our terms, at our pace”-Genevieve Georget.
So is die lewe vol pragtige wenstrepe en wonderlike oorwinnings. Maar daar gaan ook lyne wees waaroor jy nooit gaan hardloop nie, wat jy net-net mis, waar jy verkeerd kies. Tog is dit deel van jou reis.
Daar waar jy sit en lees, dink vir ‘n oomblik waarmee jy besig is in jou lewe …die opbou van jou besigheid. Die einde van ‘n skooljaar saam met jou kind. Jou eerste oggend se oefen so voor die seevakansie. Hier is jy besig met die harde deel wat ander nie sien nie - die brawe deel.
Hê die moed om te begin (al is dit weer).
Vrede.