Era van angstigheid
geskryf deur Ds Wouter van Wyk
Matteus 8: 23-27
In 1948 het die digter, W.H. Auden, die gedig “Age of anxiety” geskryf as opsomming van die kultuur van sy dag. Hierdie was net na die tweede wêreldoorlog met baie onsekerheid oor die toekoms van die mensdom.
Faces along the bar
Cling to their average day:
The lights must never go out,
The music must always play . . .
Let we should see where we are,
Lost in a haunted wood,
Children afraid of the night
Who have never been happy or good.
(Uittreksel uit Age of Anxiety deur W.H. Auden)
Sedertdien het talle kunstenaars, onder andere Leonord Bernstein en Jamie Cullum, hierdie gedagte gevat en van toepassing gemaak op ons eie wêreld en kultuur. Veral die laaste sin tref my – “Children afraid of the night who have never been happy or good”.
Angs, bekommernis en vrees is sedert die begin van tyd deel van die mens se binnewêreld. Dit het ook nog altyd die vermoë gehad om ons te beroof van geluk en die goeie dinge in ons lewens. Vandag vrees ons dat ons nie meer relevant gaan wees nie. Of ons vrees dat ons kinders nie ‘n toekoms het in ons land nie. Of ons vrees dat daar altyd iemand anders is wat dinge beter as ons kan doen. Ons verval in ‘n verbruikerskultuur het ten diepste as oorsaak dat ons bang is dat ons nie genoeg sal hê nie. En vir baie is “om nie genoeg te hê nie”, dieselfde as “om nie genoeg te wees nie”. Daarom is ons altyd besig met vol en woelige lewens. Maar nie net moet jou lewe besig en vol wees nie. Jy moet vir ander mense wys hoe besig en vol dit is. “The lights must never go out. The music must always play.”
Maar wat is die gevolg? Meer spanning. Meer angs. Meer vrees. Dalk is dit waarom ons binne ‘n week terug by die werk weer met presies dieselfde moegheid sit as waarmee ons 2022 afgesluit het. Ons leef ook in ‘n era van angstigheid. Dalk meer as ooit.
In Matteus 8 het ons wel een van baie voorbeelde oor hoe Jesus ons vrees aanspreek. Aan die een kant is daar ‘n stuk teregwysing. “Waarom is julle bang, kleingelowiges?” (vers 26) Maar terselfdertyd is daar genade en vergifnis. Want die storm word stilgemaak ten spyte van ‘n klein geloof.
Natuurlik was die dissipels se angs geregverdig. Hulle het verseker rede gehad om bang te wees. Net soos ons ook rede het vir ons twyfel en onsekerheid. Maar dit is nie die regte vraag nie. Die regte vraag is of ons ten spyte van ons angs en vrees, steeds die storm saam met Jesus trotseer?
Daarom die vraag wat ek hierdie week vir myself afvra: Is ek steeds bereid om te gaan waarheen God my stuur? Is ek bereid om moeilike gesprekke te voer? Is ek bereid om dalk onpopulêre grense neer te lê indien dit die regte ding is om te doen? Is ek bereid om die storms van die lewe te trotseer sodat ek God se koninkryk kan sigbaar maak?
Mag ons gebede en ons aksies ooreenstem. Mag ons vrees oorwin word. Mag ons geloof toeneem. Mag ons vertroue meer word. Mag ons steeds God se hulp en genade beleef, te midde van die storm wat woed.
Genade en vrede
Ds Wouter