Maar is dit regverdig?

Genesis 2:18-25
geskryf deur Ds Wouter Van Wyk
Elke ouer ken die neulende kreet van ‘n kind: “Maar dis unfair!!!” Gewoonlik gaan dit gepaard met wie die meeste roomys gekryhetof wie die langste beurt met die TV se afstandbeheer gehadhet. Om al hierdie onderonsies telkens te hanteer, verg baie emosionele intelligensie. Soms wil ek net antwoord met die cliché wat heeltemal oor ‘n 4-jarige se kop gaan:“Is die lewe ooit regverdig? Die lewe is net regverdig soverdit onregverdig is teenoor almal.” (My 4-jarige het nie altyd waardering vir my filosofiese uitbarstingsnie).

Dit laat ‘n mens tog wonder. Is die lewe regverdig? Behoort dit regverdig te wees?Kan ons as gelowiges op God se regverdigheid staatmaak? Laatonseerlikwees. Almal het nie ewe veel gekry nie. Ek het baie minder as baie ander mense; en weer baie meer as ander. Vir baie daarvan het ek hard voor gewerk, ander was weerdeur die toedoen vanmy ouers en hulle ouers se toedoen. Maar ‘n groot deel van dit wat ek het, was nie in my hande nie. Sommige sal dit seën noem. Ander verkies dalk die woord geluk.

Regverdigheid het in hierdie opsig baie te doen met –verdien jy wat jy het? Ek sal gereeld tong-in-die-kies vir mensevra: “Hoe regverdig jy jou bestaan?” Hiermee vra ek gewoon net watse werk hulle doen. Mens sou dit kon uitbrei na -wat drajy by tot ‘n verhouding/projek/besigheid/huishouding.

‘n Vriend vertel dat daar deesdae in bemarking onderskeid getref word tussen transaksionele en relasionele bemarking.Transaksionele bemarking fokus op die korttermynvoordele vir beide partye: kitsbevrediging, optimalisering van prys en wins, ensovoorts. Hierteenoor fokus relasionele bemarking daarop om ‘n sterk en lang verhouding tussen die besigheid en die verbruiker te bou wat lei tot herhalende transaksies.

Dikwels kyk ons in dieselfdeterme na ons verhouding met God. Baie (almal?) van ons het dinge in ons lewe waarvoor ons dankbaar is, maar ook dinge waaroor ons ontevrede of onvergenoegd is. Dit laat my wonder: kyk ek transaksioneel na my verhouding met God oor dit taai gaan en raakdan verwytend? Ek sal hierdie doen, dan moetGod daardie doen. Somskyk ons na die lewe as onregverdig. Bring God sy kant? Kykek relasioneel na my lewe, weet ek dat God reeds baie in my lewe belêhet en dat Hy altyd gaan belê. God gaan nie kitsantwoorde gee nie, maar wil ‘n langtermynverhouding met my hê.

Daar is by my geen vraag dat God relasioneel na die wêreld kyk. Dit is diebeeld wat ek kry wanneer ek Genesis 2 lees. God is begaan oor sy skepping. God is besorgd oor sy skepping. God wil nie hê die mens moet alleen wees nie. God wil hê daar moet verhouding (relasie) wees.

Is die lewe regverdig? Ek vermoed die antwoord is:nee. Is God regverdig?Indien jy relasioneel daarna kyk-beslis. God wil konsekwent met ons in verhouding staan. God wil hê ons moet volledig
leef soos Hy ons gemaak het. Nie alleen niemaar daar om mekaar te help. Sonder skaamte of skuld. Oop, eerlik, goed. Mag jy jou bestaanregverdigdeur jou verhouding met God en jou medemens.

Genade en vrede
Ds.Wouter