Lyding en Lewe
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Olga het my laat dink. Tydens een van ons kapeldienste op 'n Maandagoggend, deel sy 'n aanhaling van Janet Griffin wat sy op sosiale media raak gelees het:
“Jesus would probably laugh. One of the best sermons we ever heard about Lent came from a Priest who took a whole new approach to the idea of giving up things for Lent. "Jesus would probably laugh at us for giving up things like chocolate, beer, coffee...all the things that actually bring us joy and make us happy. What He might suggest is giving up the things that make us miserable in God's Paradise. Things like self-doubt, insecurities, jealousy, greed, and gossip and anger. The things that move us away from The Light. Honor His sacrifice by giving up The Darkness in your Life." I've never forgotten this wisdom. Think about it.”
Ek het al baie tydens Lydenstyd iets soos sjokolade opgegee of gevas. My verstaan agter die "opgee" was om wanneer ek daarna verlang eerder aan die Here te dink en wat Hy moes opgee deur vir my te sterf. Ek wil dus herinner word aan Sy lyding deur ook 'n klein bietjie "te ly" deur nie iets lekkers soos sjokolade te kan eet nie.
Dit maak seker sin. Alhoewel, as ek nou daaraan dink - hoe kan die opgee van sjokolade enigsins vergelyk word met Jesus se lyding? Maar my hart was op die regte plek. Die beginsel staan.
Ons het almal wel onbewustelik 'n idee oor God en oor ons geloof wat eerder neig na die negatiewe. Ons assosieer geloof makliker met lyding en straf as met vryheid, plesier en geluk. Dit is amper vir ons normaal om aan die Here te dink as 'n god wat ons sal wil laat ly eerder as om die lewe te geniet.
Die mooi van die evangelie is natuurlik dat Jesus juis vir ons kom ly het, sodat ons die ware lewe kan ontvang. Die verhaal van Jesus eindig nie by die dood aan die kruis nie, maar by die opstanding en nuwe lewe. 'n Lewe wat Hy graag vir jou in oorvloed wil gee.
Ons hou dus vas aan 'n tipe paradoks waarin ons herinner word aan lyding maar ook aan nuwe lewe. Lyding en om te sterf is deel van 'n siklus wat uitloop op nuwe lewe en hoop.
Daarom lê daar dalk waarde aan Janet Griffin se gedagte dat ons eerder dít moet opgee wat ons weghou van nuwe lewe af. Die nuwe lewe wat Jesus vir jou aan 'n kruis ten duurste kom koop het.
Dit is sinvol om iets soos sjokolade op te gee om jou gedurende hierdie Lydenstyd van Jesus se lyding bewus te maak. Dit is dalk nog beter om bewus te wees wat daardie lyding vir jou wil bied. Dan maak díe advies sin: om eerder van alles wat jou weerhou van die lewe wat Jesus vir jou beplan het ontslae te raak.
Oefen hierdie lydenstyd om die Here te sien vir wie Hy werklik is. Nie die Een wat straf en laat ly nie, maar die Een wat gely het sodat jy die lewe kan geniet. Raak eerder ontslae van alles wat hierdie lewe by jou steel: selfsug, 'n slegte selfbeeld, verwyt, bitterheid, haat, vergelyking met ander en 'n slegte nagrus nadat jy almal op sosiale media bekyk het.
Mag hierdie Lydenstyd jou herinner daaraan dat ware lyding op ware lewe uitloop.
Dink daaroor!