Seker wensdenkery?
Geskryf deur Zander van der Westhuizen
Ek trou onlangs 'n paartjie in die Magaliesberge. Die grondpad is lank en steil van die teerpad af tot bo by die pragtige trou-venue. Na die seremonie pak ek die lang kronkelpad terug na die hoofpad weer aan. Dit is 'n beeldskone middag. Die son begin sak en die akoestiese musiek op my luidsprekers maak dit 'n idilliese Afrika-oomblik. 'n Plaaswerker beduie vir 'n saamry-geleentheid. Ek ry eers verby. Ek is nie dadelik seker of ek hierdie nostalgiese oomblik wil (en moet) onderbreek nie.
Ek sê hy moet sommer voor sit. Die man in sy blou oorpak klim met verbasing in my bakkie. Ek draai die musiek af en begin met hom gesels. Hy werk op die plaas langs die trou-venue. "Ons het baie blesbokke", vertel hy met 'n trotsheid in sy stem. Nadat ek 'n redelike goeie idee het van hoe sy lewe elke dag op die plaas lyk, sê hy huiwerig vir my: "Ek verstaan dat mense my nie sommer sal oplaai nie. Maar ek waardeer dit baie, want dit is baie ver tot by die ou winkel en ek is nou moeg". Ek wil weet hoekom mense hom nie sommer sal oplaai nie. "Ek verstaan dit is onveilig. Daar is slegte mense ook. Ek sou hulle ook nie oplaai nie. Net-nou haal hulle 'n mes uit en steek jou. Of hulle vat die bakkie. Daar is baie skelms in ons land".
Ek laai hom af by die ou winkel. Die nuwe winkel is duurder, het hy my vertel. Hy wil net brood koop met ham en 'n klein sopie vir die lang kronkelpad terug plaas toe. Dit neem hom twee ure om terug te stap. Voor ek hom groet bedank hy my weer en belowe 'n tweede maal om net 'n klein sopie te koop. (As ek hy was koop ek 'n groot sopie, dink ek by myself).
Op pad terug draai ek die musiek weer harder. Ons lewe in 'n moeilik tyd. Ons is met goeie rede versigtig om mense te help. As ons redes moet vind om nie vreemdelinge te help nie, is daar seker meer as genoeg.
Maar wat van al die goeie vreemdelinge? Dié mense wat jou nie wil besteel nie. Dié wat werklik 'n saamry-geleentheid nodig het. Dié wat regtig hulp kort. Dié wat werklik honger is. Is hulle nie ook baie nie? Dalk selfs meer as die wat jou wil indoen?
My gedagtes gaan draai ver en ek begin dagdroom:
Ek droom ons gemeenskap word bekend as 'n gemeenskap van goedheid ("kindness") en behulpsaamheid. Mense wat hier op die straat stap word elke keer deur 'n voertuig 'n ry-geleentheid werk toe gegee. Honger mense doen alles in hul vermoë om net tot in die ooste van Pretoria te kom want hier is altyd ryk mense wat honger mense help. Die Boschkop-kinders wat kilometers op Cathrinestraat tot by die bushalte stap kry elke oggend 'n lift saam met 'n maatjie oppad Tygerpoort toe. Daar is 'n ry voor ons kerkgebou van mense wat gehelp word met 'n kospakkie. Professionele mense bied dienste aan en los probleme op vir mense sonder 'n stem. Die hele land weet hierdie mense is anders. Hier is vreemdelinge, wat werklik hulp benodig, veilig.
Maar dit sal nie gebeur nie. Dit is seker wensdenkery. Want wie het nou tyd om die heeltyd ander te help? En wie is nou werklik lus vir so baie mense wat hulp soek op ons voorstoep? En waar gaan al die ryk mense genoeg geld oorhou vir alles wat ons sukkel om te betaal aan die einde van die maand? Want dit is vir almal nou ekonomies moeilik in hierdie land.
Ek is dieselfde. Dié dagdroom is vinnig verby.
'n Ruk later maak ek die koerant oop. Daar is 'n artikel oor die onlangse onderbreking in die watertoevoer na dele van Pretoria. Ons eie Graad R juffrou, Nadia Conradie word in die artikel aangehaal:
“Maar wat so ongelooflik is, is om te sien hoeveel mense wat wel water het, hulle huise oopstel vir vreemdelinge om daar te kom stort of bad of wasgoed was. Dit is wat ons in Suid-Afrika uniek maak. Swaarkry- en donker tye ten spyt, ons staan saam!”
Ek lees dit en dink: "Dalk is dit nie heeltemal wensdenkery nie...".
Jesus se goue reēl is ons kompas: Daar gaan tye kom wat jy die goeie vreemdeling is wat hulp kort. Hoe sou jy dan behandel wou word?