Road Rage
geskryf deur Prop. Olga Ludwick
Ons almal het dit – al is dit net so klein bietjie. Ek hou daarvan om te dink dat ek vreeslik lankmoedig is, maar van tyd tot tyd vang ek myself dat ek nie so geduldig is met die groot karre wat my klein karretjie uit die pad druk of ‘n taxi wat van doer af kom en voor my in ry nie. Almal raak maar soms ongeduldig.
Dit laat my toe dink aan mense se ooreenkomste en verskille. In ‘n land soos Suid-Afrika is verskille ooglopend en ooreenkomste is dikwels yl gesaai. Ek het op ‘n tyd klas gegee vir eerste jaar teologiese studente – ‘n groep met ‘n diverse konteks. Die onderwerp was moeilik en mens kon die ongemak met ‘n mes sny. Die woorde wat tot hierdie ongemak gely het was die volgende: “As Christene moet ons afsien van ons kultuur, want Christus word ons kultuur.”
Hierdie is ‘n gelaaide sin en kan maklik verkeerd verstaan word, want kultuur (as waardesisteem) is vir baie mense kosbaar. Dit bepaal jou hele verstaan van die wêreld en ervaring van die lewe. Daar moet egter besef word dat jou idee van die wêreld en die lewe nie die enigste manier van dink is nie. En daar kan nooit kan verwag word dat iemand alles afskud en weggooi wat hulle gevorm het nie. Hoe word mens se nuwe kultuur dan Christus?
Elke kultuur het sekere maniere waarop hulle dinge doen, maar het ook ‘n spesifieke styl waarin hulle uitdrukking gee aan dit wat vir hulle kosbaar is. Dink maar sommer aan die verskillende volke regoor die wêreld. Hoe lyk hulle kuns? Watter tipe danse doen hulle? Hoe klink die musiek wat hulle maak?
Daar is iets kosbaar daaraan om na ‘n vreemde plek te toer en iets van daardie kunstige uitdrukkings te beleef. Selfs al deel mens nie noodwendig ‘n taal of ‘n wêreldbeskouing nie, kan mens nie anders as om die kunstige uitdrukking van dinge wat die lewe kosbaar of broos maak te waardeer nie. En by nadere ondersoek, kom mens dikwels agter dat dit wat vir ander kosbaar is, dikwels nie so vêr verskil van jou eie nie.
Om Christus as ons kultuur aan te neem, beteken dat ons fokus op dit wat ons dieselfde maak. Die kern dinge waaroor daar net nie gestry kan word nie. Christus het werklik gelewe. Werklik opgestaan uit die dood. Werklik lewens kom verander (en doen steeds). Christus het dit vir ons werklik moontlik gemaak om verby ons verskille te kyk en die kuns van liefde en genade raak te sien. Want “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Korintiërs 5:17).
Jy sal my nie kan oortuig dat almal nie maar ‘n klein bietjie ‘road rage’ het nie. Hiermee keur ek dit nie goed óf veroordeel dit nie. Maar na ‘n klompie ure in die verkeer, en mens rondom jou kyk en sien hoeveel mense hulle hande oplig vir mekaar, kan mens nie anders nie as om te besef dat daar soveel meer dinge is wat alle mense in die wêreld deel en in gemeen het.
Mag jou eie ‘road rage’ jou uitdaag om rondom jou te kyk en die kuns van die lewe raak te sien. Om te sien hoe Christus deel is van die kuns. En mag Christus al hoe meer jou kultuur word.