Jou liggaam
geskryf deur Ds Karin Steyn
Luk 13:10-17
Jesus het op ‘n Sabbat na ‘n Joodse bidplek toe gegaan om die mense te leer. Daar was ‘n vrou tussen die mense wat agtien jaar lank baie siek was. Toe Jesus haar sien, sê Hy vir haar: “Ek het goeie nuus vir jou: Van nou af is jy gesond!” Jesus het sy hand op haar gesit, en sy het dadelik regop gestaan.
As ek die verhaal lees waar Jesus ‘n vrou se rug genees – dink ek hoeveel die verhaal ons eintlik nie vertel nie. Dit waar deur sy vir agtien jaar moes gaan. Die gefluister, snaakse kyke en uitsluit oor almal se eie vrese van onrein wees.
Binne die verhaal moet ons ‘n oomblik stil staan en dink aan ons eie liggaam. Hierdie liggaam wat ons deur ons lewe dra, van wieg na graf.
Neem ‘n oomblik en dink aan alles wat al met jou en jou liggaam gebeur het. Waaraan jy swaar dra. Soms vergeet ons dat elke ding wat ons ervaar – ook in ons liggaam gebeur. Ons dra die merke hiervan.
Ons ken nie die vrou waarvan daar in Lukas 13 gepraat word nie. Het sy so gebuk geloop uit gebrek of uit skaamte?
Tog ervaar en ken ons almal die verwagting wat ons tyd en kultuur op ons liggaam plaas. Te groot, te klein, te manlik, te rond, te lig, te donker. Nooit genoeg nie. Hierdie verwagtings en vooropgestelde idees laat ons ook soms gebukkend loop.
Soms keer dit ons om waarlik die spasie op te neem, waarvoor ons bedoel is om te vul. Want skaamte skryf sy eie storie met ons.
Jesus stop op die Sabbat by die vrou. Hy laat haar regop staan en noem haar Sy dogter. Ek kan nie die grootheid van die oomblik oorbeklemtoon nie!
Die liggaam is die plek waar God kies om teenwoordig te wees. Imago dei – God in ons. Ons ervaar dalk God se grootheid in die natuur. Maar wanneer ons soek na die beeld van God – is dit in die menslike liggaam. Hoe mooi is dit dat God kies om in die verskeidenheid van biljoene liggame Sy beeld sigbaar te maak. Dis iets om by stil te staan hierdie Pinkster waar ons saam praat oor die Gees van God wat in ons woon.
Vrede,
Ds. Karin