Die genade van 'n hand wat opskiet
geskryf deur Ds. Wouter van Wyk
In die Universiteitskoor waarin ek gesing het, was daar ‘n reël: wanneer jy ‘n fout maak wanneer jy sing, moet jy jou hand opsteek. Indien die dirigent jou hand sien, dan weet hy dat jy weet jy het ‘n fout gemaak, dan hoef hy nie te stop nie, want jy weet waar jou fout is, en sal volgende keer daaraan werk. Maar as jy nie jou hand opsteek nie, moet hy stop. Die gevolg daarvan was dat jy elke oefening verskeie hande het wat op verskillende tye die lug in vlieg. Iemand van buite sou vergeef word as hulle gedink het ons ly almal aan een of ander siekte.
Maar dit het ons ‘n belangrike les geleer.
Dit is “ok” om foute te maak. Dit is “ok” om dit te erken. Almal, selfs die beste, mees gesoute sangers, steek gereeld hulle hande op. Want almal maak foute.
Die uitdaging kom eerder by die tipe foute wat ons maak. Ek is byvoorbeeld heel rustig daaroor as ek per ongeluk kouse aantrek wat nie bymekaar pas nie. Maar ek kan vreeslik kwaad raak vir myself indien ek ‘n verkeerde noot op die klavier druk.
Dit is ook dikwels in my interaksies met mense dat ek sukkel wanneer ek foute maak. Het ek nou myself mooi genoeg uitgedruk? Het ek nie dalk nou ‘n verkeerde indruk gelaat nie? Was dit nou verkeerd dat ek my humeur so verloor het? Is dit goed of sleg dat ek my kind nou op hierdie manier hanteer het?
Foute gaan sit soms in ons beendere. Dit ontwaak soms 70 jaar nadat die fout begaan is. Daarom moet ons dit erken voordat dit ons identiteit bepaal.
Ons hou nie altyd daarvan om die woord “sonde” te gebruik nie. Vir baie mense is sonde iets wat jy verkeerd doen. Maar ek dink ons begin op die verkeerde plek indien ons so dink. Inderdaad loop sonde uit op dinge wat ons verkeerd doen. Maar om sondig te wees, is om te weet dat jy inherent nie perfek is nie. Om te “sondig” en om “sondig te wees” is nie dieselfde ding nie. Om sondig te wees, is om te weet dat jy nie perfek is nie. Om te weet dat jy gereeld foute maak wat die wêreld rondom jou affekteer. Dit is daardie “fout” wat maak dat jy dikwels droogmaak in verhoudings. Droogmaak met lewenskeuses. Droogmaak in impulsiewe oomblikke. Dit is ook daardie droogmaak wat jou verhouding met God affekteer.
Dit is uit hierdie oogpunt wat ons ook na 1 Johannes moet verstaan. Hierdie brief se intensie is om ‘n gefragmenteerde geloofsgemeenskap bymekaar te hou. Daarom is dit vir die skrywer so belangrik dat hulle ‘n gesonde begrip van sonde het. Ons is almal sondig. Ons almal maak foute. Ons kan en moet dit erken. Ons moet ons hande daarvoor opsteek. Want anders kan ons lewens nie voortgaan nie. Maar: “As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.” (1 Joh 1:9)
Om oop en eerlik oor ons foute en ons sonde te wees, maak ons nie sleg nie. Dit maak ons mens. Tog moet ons dit in die oë kan kyk. Ons moet ons hande kan opsteek en dit erken. Dalk, deur die erkenning daarvan, beleef ons weer iets van die sagte oog van die Groot Dirigent, wat jou hand sien, en tog daarmee werk om uiteindelik pragtige musiek daarvan te maak.
Dalk is dit wat genade beteken.
Genade en vrede