Die Toekoms is hier- om te bly
Geskryf deur Ds. Karin Steyn
So paar weke terug moes die graad 3 leerders ‘n toespraak skryf oor, ‘Tegnologie van oupa se tyd tot vandag’. Dit het ‘n lekker gesprek in ons huis los gemaak wat ook gedraai het by geloof en kunsmatige intelligensie.
Chat GPT het die wêreld op hol, met gesprekke wat gewoonlik by ‘n selfbejammerende versugting eindig, iets in die lyn van: Maar gaan mense dan ooit nog nodig wees? Hierdie vraag leef in ons harte omdat dit vir ons voel of tegnologie dinge beter begin doen as mense.
Het jy dit al gewaag om met Chat GPT te speel? Begin dalk sommer met die vraag: “Wie is (en dan vul jy jou eie naam in)?” Die bot gaan waarskynlik plek-plek hallusineer, veral as jy nie ‘n bekende is nie. Maar as jy gaan vra: “Skryf vir my 500 woorde oor Siya Kolisi”, dan voorspel ek min feitefoute.
Die kenners sê bots moet doen wat bots die beste doen – ou nuus (letterlik en figuurlik) verpak en hervertel. Mense moet doen wat mense doen: goed skep wat nuut is. Want die bots kan net myn uit wat reeds bestaan en dit dan soos ‘n pappegaai oorvertel. Maar mense kan skep wat nog nooit aan gedink is nie en daarvoor is die wêreld oop, as mense dit waag.
Hierdie gesprek laat my dink aan 2 spesifieke dele in die eerste en laaste boeke van die Bybel. In Genesis 1:26 staan daar: “God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger.” In Openbaring 21:5 lees ons: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Hierdie verse laat my net opnuut weer onthou dat kunsmatige intelligensie kan dalk naboots, maar dit kan nooit die Imago Dei (beeld van God) besit nie. Ons menslike kreatiwiteit weerspieël die Skepper. Dit is die waarheid wat ons reg deur die Bybel raak lees en waaraan ons in nuwe tye vashou.
Mag ons as gelowiges leer om nie altyd eers bang en negatief te wees as die wêreld om ons vinnig verander nie. God het ons gemaak om deel van die skepping te wees.
Vir die van ons wie se harte steeds bekommerd klop, daar is een ding waarin ek berusting vind. In ons wêreld wat toenemend digitaliseer en take outomatiseer, is daar een behoefte wat nooit verlore gaan. Wat dieselfde bly al oor eeue. Mense het mense nodig. Ons het al hoe meer ‘n behoefte aan kontak met ander, regte mense. Mag ons dit nooit vergeet nie.
So, gaan skryf jou eie mooi storie, kook ‘n heerlike bord kos vir jou mense of maak tuin in die lente – want kunsmatige intelligensie kan nie jou vermoë om te skep van jou af wegneem nie – dalk net so bietjie aanhelp.
God met ons en in ons.