Vind die Here in die stilte
geskryf deur Ds. Zander van der Westhuizen
Vind die Here in die stilte
Sy sit die warm koppie tee op die vensterbank neer. Sy is alleen vir 'n dag. Niemand kan haar in die hande kry nie. Haar foon is af. Die boodskappe is stil en die eposse afgesny. Dit is vandag net sy en die Here.
Haar lyf is vol knoppe. Spanning en spasmas. Die jaar is lank en dit is November. Sy kan elke knop op haar rug en skouers 'n naam gee as sy wil: Kinders. Skool. Johan. Melanie se krisis. Die reëlings by die skool. Die beplanning vir Januarie. Die kerk se ete. Die skuldgevoel oor onbeantwoorde hulpkrete. Sy stop eers by die familie se Desember vakansie-reëlings wat soos 'n berg voor haar lê.
Sy haal asem en probeer haar kop stil maak. Die voëls in die agtergrond se gesing is mooi. Die kragopwekker raas. Beurtkrag behoort al klaar te wees, dink sy. Sy bring haar gedagtes terug na die oomblik. Diep asem. In en uit.
Saggies fluister die Here in haar hart: "Jy is myne". Sy voel dit. "Ek ken jou". Die traan loop oor haar wang.
Sy weet haar lewe is te vol. Sy weet daar is te veel bagasie in haar emosionele rugsak. Sy weet die pad is vol klippe.
Maar wat moet sy maak?
Sy haal weer asem. Bring haar gedagtes weer terug by die "nou".
Die kragopwekker hou op. Die huis word stil. Vir een oomblik beleef sy dit:
Die Here is by my.
Vrede.