Hierdie jaar gaan anders wees.
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Hy kyk in die spieël. Hy staar lank in sy eie oë in en wonder wat hy sien. Wie is hy? Wat is nog oor as hy al die maskers wegvat, die etikette afhaal en vergeet van die name wat almal hom gee? Elke jaar begin hy met nuwe drome, nuwe beplanning en 'n vol agenda.
Hierdie jaar gaan anders wees.
Hy het al vergeet wat hom uniek maak. Hy is so ingesluk deur die lewe dat hy nie eers meer kan onthou wat hom opgewonde maak nie. Vir sommige is dit kuns, vir party is dit sport, vir ander is dit kos of reisplanne. Hy wil terugkeer na sy mens-wees toe. Na dít wat hom werklik maak wie hy is. Hy wonder of hy nog weet wat dit vir hom is.
Hy stap weg van die spieël en gaan sit op die stoel in die hoek van die vertrek. Hy blaai deur 'n paar bladsye van sy Bybel en stop by die eerste Psalms. Psalms lê hom nog altyd na aan die hart. Die eerste een praat van 'n boom wat geplant moet wees. Hy kyk by die venster uit en sien 'n kind wat oorkant die pad speel. Sy het uitbundige vreugde terwyl die sproeier water nou en dan oor haar lyfie spuit. Sy lag kliphard en hy wonder wanneer laas hy soveel opgewondenheid beleef het. Die water bring sy gedagtes terug na die Psalm toe. Die boom is geplant by water.
Vreugde is die uitvloeisel van 'n lewe wat geplant is by die water. Diep wortels, sekerheid van identiteit en 'n vaste wete oor wie die Bron is.
Hierdie jaar gaan anders wees.
Hy gryp die motorsleutels op pad uit. Die foon lui en hy druk dit dood. Ek kan nie meer dat alles en almal van buite af bepaal wie ek is en waarmee ek myself besig hou nie. Ek is geskep deur 'n God wat my beter ken as wat ek kan onthou van myself. Dit is tyd om terug te keer na die mens-wees wat Hy vir my beplan. Ek moet weer onthou wie ek is - Syne.
Gaan hierdie jou verhaal wees hierdie jaar?