Op Reis...

geskryf deur Dr Karin Steyn
Word rustig met die woorde van Pierre Teilhard de Chardin, S.J. (1881-1955):
 “Above all, trust in the slow work of God. We are quite naturally impatient in everything to reach the end without delay. We should like to skip the intermediate stages. We are impatient of being on the way to something unknown, something new. And yet it is the law of all progress that it is made by passing through some stages of instability- and that it may take a very long time.

Your ideas mature gradually – let them grow, let them shape themselves, without undue haste. Don’t try to force them on, as though you could be today what time will make of you tomorrow. Only God could say what this new spirit gradually forming within you will be. Give Our Lord the benefit of believing that his hand is leading you, and accept the anxiety of feeling yourself in suspense and incomplete.”
 
Hoe gaan dit met jou in die seisoen van Lydenstyd?
Dalk is dit die eerste keer dat jy hierdie reis meemaak, en is jy beide opgewonde en onseker oor wat voorlê. Dalk pak jy dit vir die soveelste keer aan, en wonder wat dit hierdie keer vir jou inhou.

Soos met baie reise, daag Lent dikwels onverwags en op ‘n ongeleë tyd op. Heel moontlik is jy alreeds goed besig met al die nuwe jaar se aktiwiteite, verwagtinge en verpligtinge.

So waarom nou op die reis gaan?
Juis omdat ons baie keer soos slaapwandelaars deur die lewe gaan. Die geraas van buite – en binne – maak my doof vir die stem van God, van my hart en van ander. Lent wil my wakker skud. Lent nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar – my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings. So vir 40 dae het ek die kans om na binne te reis. Ons belewenis van die Lent-reis kan ook verdiep wanneer ons intensioneel aanpassings maak in hierdie tyd.

Ons kies ’n spesifieke tyd elke dag om te bid, ons rig ’n spasie in vir gebed. Nog ’n praktyk vir Lent is om iets te vas, om iets op te gee waarin jy soms ’n bietjie troos vind. Dallas Willard sê, ‘we fast so that we can feast on Jesus’.
 
Die ander kant van die muntstuk is dat ons ook iets opneem met die ekstra kapasiteit juis omdat ons vas, iets wat jou innerlike kan voed. Mense gee soms dinge op soos sjokolade, koffie, wyn, sosiale media of ’n TV-reeks, en vervang dit dan met aktiwiteite soos om geestelike boeke te lees, gesprekke met ander te hê, of dienswerk te doen. Elke keer wanneer jy bewus raak van dit wat jy opgegee het, is dit ‘n geleentheid om na God te draai. Die “woestyn” raak ‘n plek van ontmoeting.

Ek los julle graag oppad met die woorde:
“Life is not hurrying on to a receding future,
Nor hankering after an imagined past.
It is the turning aside like Moses.
To the miracle of the lit bush,
to a brightness that seemed as transitory as your youth once,
but is the eternity that awaits you.”
-The Bright Field RS Thomas

Vrede en Seën,