Gesond
geskryf deur Dr Karin Steyn
My oupa het groot geword in die Wes-Kaap waar daar baie kruiesoorte is met natuurlike antibakteriële en anti-inflammatoriese eienskappe. Hy het geglo gekookte boegoe en Samboksalf kan amper alles genees. Daar is ‘n spesiale tannie by wie ek kuier wat heuning vir die keel en tiemie vir amper alles anders drink… As dit soms maar net so maklik was…
Ons stap ‘n lang pad met medisyne en ons verstaan van gesondheid. Vir baie eeue was die strewe om gesond te bly, ’n middel tot ’n doel – om te kan oorleef. Die hele wêreld is deesdae behep met gesondheid. Vandag het die strewe om gesond te bly, ’n doel opsigself geword – vind die ideale dieet, of die doeltreffendste oefening om ’n volmaakte liggaam te ontwikkel.
Gesondheid en liggaam het in ons modern wêreld gode geword. In die nastrewing van liggaamlike volmaaktheid, soek miljoene mense eindeloos na die nuutste gesondheidsgeheime. Mense spandeer enorme hoeveelhede geld aan regstellings, inspuitings, voorskrifte en prosedures – selfs aan persoonlike afrigters. Ander luister weer na ghoeroes. In hierdie wêreld kan ons maklik weggevoer word, amper ons identiteit verloor. "Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld wen en sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?" (Markus 8:36-37).
So, hoe leef gelowiges vandag in hierdie wêreld? Om Jesus te volg behels veel meer as ’n besef van bekering en vergifnis; dis ook die ontwikkeling van bepaalde geloofsgewoontes wat jou geestelik laat groei én jou geestelike gesondheid bevorder. Dit beteken om na jou menswees in geheel te kyk. Jesus was altyd bekommerd oor die hele mens en nie net die simptome van siekte nie. Hy het dikwels eers die geestelike aspekte hanteer. Jesus leer ons dat die manier hoe ons omgaan met die lewe (wêreld) het ‘n bewese effek op ons siel. Wanneer die siel afgeskeep of geïgnoreer word maak die siel sy verskyning in verslawings en obsessies.
Terwyl ek my tee drink met heuning hoor ek die woorde van James Hillman in my gedagtes: ''Neither religion nor psychology really honours the human soul. Religion is forever trying to save the soul and psychology is always trying to fix the soul. The soul needs neither to be saved nor fixed; it is already eternal – it just needs to be listened to.'' Mag jy nie weg raak in inspuitings, regstellings, afrigters en oefen roetines nie. Jou unieke menswees is te waardevol vir jou gemeenskap.
Mag hierdie GESOND-reeks in ons gemeente jou siel aanraak.