Verandering
geskryf deur Sonnika Nel
“A change is as good as a holiday.”
Ek raak gou verveeld en hou van gereelde veranderinge in party aspekte van my lewe. Dit gee my energie ‘n hupstoot, ‘n vars blik op die lewe en nuwe idees. Navorsing bewys ook dat ‘n sieldodende roetine nie goed is vir ons breinontwikkeling nie en dat ons slegs nuwe breinpaadjies kan vorm wanneer ons soms die bekende verruil vir die onbekende. Avontuur, uitdagings en spontaniteit: ‘n teen-verouderingskuur.
In die geval waar mense verandering probeer keer, veroorsaak dit dikwels stagnering en op die ou einde selfs agteruitgang. So, van te veel op dieselfde plek bly staan, beweeg jy eintlik later agteruit. ‘n Oom in ons gemeente wat gereeld by my kantoor kom kuier vertel dat hy doelbewus probeer om elke week op ‘n ander plek in die kerk te sit, want hy wil nie so gevestig raak in sy weë dat verandering later vir hom ‘n bedreiging raak nie. Dis juis hierdie denkwyse wat hom jare jonger maak as wat sy ID-boekie verklap.
Dis goed vir jou emosionele welstand om soms iets te doen wat heeltemal buite jou verwysingsraamwerk, jou persoonlikheid of jou gewone manier-van-doen is.
Jy het al deur baie fases van verandering gegaan tot en met waar jy vandag is. Jy is nie meer dieselfde persoon wat jy op 18 was nie (al wens ek soms so!). Jy het al moontlik ‘n paar keer van werk verander of selfs ‘n nuwe lewensmaat gekry. Verandering is deel van ons daaglikse bestaan. Die seisoen is tans besig om te verander (dankie tog!) en as jy terugkyk na waar jy laas jaar September hierdie tyd was, kan jy ‘n paar veranderinge in jou lewe uitwys. Hulle sê mos dat die enigste ding wat oor tyd dieselfde bly, is dat alles voortdurend verander.
Maar wat as die verandering wat jou in die gesig staar so oorweldigend is, dat dit jou lamlê of dat dit voel soos ‘n olifant wat op jou bors sit? Jy klou vas met alles wat jy het aan dit wat jy ken en waar jy veilig voel, maar besef dat die mat een of ander tyd onder jou voete uitgeruk gaan word.
Jy is dalk in die oorgang na ‘n nuwe seisoen in jou lewe. Een waar jou kinders die nes verlaat of een waar jy ‘n nuwe beroep moet aanpak. Dalk het die dood van ‘n geliefde jou hele wêreld in ‘n oogwink op sy kop kom draai en álles oornag kom verander of dalk gebeur jou verandering meer stelselmatig en jy sit magteloos en wag vir dit om te gebeur. Siekte, ouderdom, aftrede, egskeiding. Dis alles verliese wat ontwrigtende veranderings veroorsaak.
Lekker en opwindende veranderinge kan ook soms angswekkend wees: die koms van ‘n nuwe baba, wanneer jy uiteindelik kan gaan aftree by die see, wanneer jy jou droomwerk gekry het of daar ‘n nuwe liefde in jou lewe is.
Die geheim van verandering wat jou benoud laat, is om jou oë op iets te vestig wat dieselfde bly. Soos wanneer jy op ‘n boot op die see is en dit voel of jou maag by jou keel wil uitspring. Dit help dan nie jy stop die boot en probeer vas-anker nie. Hou aan beweeg, maar hou jou oë op die horison, nie op die golwe nie. Al beweeg jy dan teen ‘n spoed in ‘n ander rigting in, is jou fokus op die een ding wat nie kan skuif nie.
‘n Jaar na die eerste Covid-19 geval in Suid-Afrika aangeteken is, het ek en my gesin ‘n week in die Laeveld gaan vakansie hou. Na ‘n jaar waar absoluut ALLES verander het en niks meer bekend of gewoon was nie, het die enorme berge en valleie daar naby Graskop my opgeval: ten spyte van alles wat tuis uit hul plek was en ‘n wêreld wat nooit weer dieselfde sal lyk nie, het daardie berge en valleie steeds presies dieselfde gelyk as elke jaar vantevore wat ons daar verby gery het. En dit sal nog vir die volgende paar 1000 jaar dieselfde lyk. Daardie dag het ek weer onthou:
Jesus Christus is VANDAG en GISTER dieselfde en tot in EWIGHEID. – Hebreërs 13:8.
Dit het my binneste rustiger gemaak, om te weet alles wat bekend is sal nie verander nie. Dis natuurlik waarom jong kinders daarvan hou om aand na aand na aand dieselfde storieboek te kies. Of waarom grootmense soms ou bekende flieks, reekse of boeke oor en oor lees. Ons weet hoe dit gaan eindig en dit maak ons rustig. Dis voorspelbaar.
Om God te ken, beteken ons ken ook die einde van die storie want Hy bly dieselfde tot in ewigheid.
Verwelkom die lekker veranderinge wat na jou kant toe kom, gaan soek soms aktief verandering om jouself toe te laat om te groei, maar as verandering dreig om jou van jou voete af te slaan, hou jou oë op die Een wat NOOIT verander nie.
Nie Sy liefde nie en ook nie Sy trou nie.
Liefdegroete!
Sonnika