Minute word te vinnig ure.
geskryf deur Dr. Karin Steyn
Hierdie tyd van die jaar pla tyd ons almal. Ek vermoed jy is dalk ook waar ek is. Ek maak nie meer te veel planne vir oormôre en volgende week nie. Alles kan letterlik in ‘n dag verander. Vir van ons het alles te vining verby gevlieg. Dit voel amper of jy dit net nie kon vasvat die jaar nie. Terwyl ander die dae aftel tot Desember en Kersfees en ‘n oomblik om te stop.
Elkeen van ons se lewens verskil drasties. Maar een ding het ons almal in gemeen – nie een van ons is gewaarborg vir die dag van môre nie.
As jy kon sien hoeveel tyd jy oorhet, hoe sou jy dit spandeer?
Sou jy tyd mors soos ons soms so maklik doen?
Sou jy meer of minder tyd vir ander gee?
Sou jy dalk vir ‘n oomblik net wou stilstaan en alles rondom jou meer waardeer?
Want ek en jy weet die Here deel nie onspesiale dae uit nie.
God wil hê dat ons betekenisvolle dinge moet doen, want ons mag dalk nie môre daarvoor tyd hê nie. Jakobus verwoord dit nog altyd vir my goed (Jak 4:13-14):
“Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.”
Ons leef eintlik die hele tyd, van ons eerste tot ons laaste asemteug tussen wakkerword en oorgawe. Selfs ons daaglikse ritme herinner ons daaraan. John O’Donohue skry:
“Each morning we awaken to the light and the invitation to a new day in the world of time; each night we surrender to the dark to be taken to play in the world of dreams where time is no more. At birth we were awakened and emerged to become visible in the world. At death we will surrender again to the dark to become invisible. Awakening and surrender: they frame each day and each life; between them the journey where anything can happen, the beauty and the frailty.”
Daar is wel ‘n paar goed wat my die tyd van die jaar altyd help:
1) Soek vir Jesus oomblikke om jou.
2) Soek vir geleenthede om ander lief te hê.
3) Kyk vir wat onsigbaar is in jou lewe, onder die oppervlak.
4) Skep ryk verhoudings.
Tyd bly die mees kosbare geskenk wat jy iemand kan gee. So, op die afdraende pad na Desember toe, kom ons vat bietjie minder en gee bietjie meer.
Vrede,
Dr. Karin Steyn