Hoe kan ek help?
geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen
In die reeks, New Amsterdam, raak die hoofkarakter, Dr Max Goodwin bekend vir sy vraag: "Hoe kan ek help?". Hy implementeer radikale verandering, steek 'n paar geldgierige dokters in die pad en dan vra hy vir almal wat daar is vir die regte rede: "Hoe kan ek help?".
In hierdie reeks is daar stories van mense met amper-onmoontlike situasies. Iemand is terminaal siek, iemand anders staan 'n geliefde aan die dood af of verloor selfs 'n ledemaat. In die mees traumatiese oomblikke van hul lewe sal Dr Max sit en luister na 'n pasiënt (wetende dat daar niks kan gebeur om 'n situasie te verander nie) en dan steeds vra: "Hoe kan ek help?".
Wat my altyd fassineer is wat hierdie opregte vraag vir 'n pasiënt beteken. Net die gesindheid en die mooi manier waarop hy iemand met menswaardigheid hanteer verander mense. Nie altyd hul omstandighede nie - maar húlle.
Op 'n manier sal iets kleins 'n verskil maak.
"Ek wil in 'n plek wat soos 'n huis lyk sterf".
"Ek wil my seun een laaste keer sien".
"Ek wil my kat wat weggeraak het vind".
"Sal jy vir my bid?".
Gesindheid is alles, is dit nie? Opregtheid kweek vertroue. Vertroue baan die pad vir broosheid. En broosheid maak die deur vir ware liefde oop.
Jesus se gesindheid was só. Hanteer ander met menswaardigheid. Luister en bewys liefde.
Hoe kan ek help?
Die ander wonderlike stukkie newe-effek van hierdie liefdes-gesindheid is dit neem die fokus van jouself af weg. Dit neem ook die fokus van alles wat probleem-gesentreerd is weg en fokus op dít wat oplossings en verligting kan bring. Selfs al bly die situasie dieselfde.
Jesus het mens geword en mense is broos op hul beste. En wanneer daar 'n stukkie opregte broosheid gewys word en dit word geantwoord met: "Hoe kan ek help?", verander iets.
Dit is die krag van liefde.
Jesus het dit geweet.
Dr Max Goodwin se karakter herinner ons daaraan.
Jy kan daarin volg.
So hier is my vraag aan jou:
Hoe kan ek help?
Zander