Paulus sou glimlag
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen
Die warm water se stoom verblind eers die helder blou refleksie van die koel oggend. Oor eeue het die water wat uit die warm aarde vloei die stene wit gevlek. Vir honderde meters stroom die stomende water oor die heuwels. Watervalle, en 'n berg wat lyk soos katoen, skep die ingang na die antieke Hiërapolis. Die verhale en beskrywings, die argeologiese opgrawings en uiteindelik die massiewe amfiteater help jou om te verbeel hoe ongelooflik die antieke wêreld was.
In Laodisea herkonstrueer pilare in 'n lang straat die antieke mark. Ek kyk op, oor die vallei wat vandag dikwels met lugballonne gevul word, na die Hiërapolis aan die oorkant. Die warm water word van daar af met 'n akwaduk na hier gebring; lou water teen die tyd wat dit hier arriveer. Onder 'n afdak vind 'n mens een van die eerste kerkgeboue. Die preekstoel staan in die middel van die mosaïek teëls. Daar is badkamers met 'n werkende riool-en-watersisteem. Hier is die konsilie gehou waarop Christene besluit het dat ons nie meer die Sabbat op 'n Saterdag vier nie.
Kolosse is nog nie opgegrawe nie. Ons sit op die gras naby 'n vrugteboord en luister na die brief. Hierdie was 'n harde wêreld. Die omgewing is boomryk, groen en vol berge. Dit is vol valleie, heuwels en hoë pieke vol sneeu. Afstande tussen stede was ver, gevaarlik en uitputtend. Paulus het letterlik duisende kilometers moes stap om hier te kom. Tussen 15000 en 18000 kilometer in sy leeftyd reken hulle. Dae, maande, jare om net te kom by die volgende plek op sy sendingreis.
Die magtige Efese was teen die see. Vandag het die see twee kilometer aangeskuif. Teen die groen heuwels is baie van die stad sigbaar, maar in die nuwe 4D teaterkompleks neem hulle jou deur 'n visuele uitbeelding van hoe die stad in Paulus se tyd gelyk het. Dan besef jy - wat Paulus hier reg gekry het - het letterlik die wêreld verander. Hier het hy opgestaan teen Artemis. Hier het hy baie van sy skryfwerk gedoen. Hier het hulle hom weggejaag voor hy in die grootste amfiteater van die antieke wêreld kon getuig oor Jesus. Hier het hy gesit en tente maak. Hier was hy waarskynlik in die tronk.
En hier, naby Efese (volgens ons beste wete) het Johannes vir Maria, die moeder van Jesus, gebring om haar laaste jare uit te leef. Vandag staan daar 'n klein kapel op die plek waar hulle vermoed haar huis was. Op hierdie plek aanbid Moslems, Protestante en Katolieke oor eeue in vrede saam. Met die liefdevolle uitnodiging van die plaaslike monnike mag ons die Here se liefdesmaal in hul klein kapel vier. Ons is emosioneel vanoggend. 'n Mens voel iets van die heiligheid van hierdie oomblik aan terwyl ons die Onse Vader in Afrikaans sing. Hier lê eeue se geskiedenis van 'n God wat op hierdie aarde kom woon het.
Min sien hoe ons gids, Orcun, ook aan die einde by Stephan die tekens neem. Hierdie man - 'n nie-praktiserende Moslem - het diep in my hart ingekruip. Hy weet meer van die Bybel, die antieke geskiedenis en die moderne Turkye as enige een van ons. Hy is gasvry, sag en vol "kindness" teenoor ons. Hy het soveel respek vir Christene en is verwonderend saam met ons oor alles wat op hierdie plek gebeur het.
In Smirna verken ons die stad. Min is oor van die antieke deel van die stad. Dit was 'n tyd van groot aardbewings. Vandag nog is dit in klein Asië 'n vreesaanjaende moontlikheid. Duisende mense is oor eeue heen dood tydens aardbewings. Stede is ingesluk. Die koepel van die Hagia Sophia is meer as een keer deur aardbewings tot 'n val gebring.
Ons laaste besoek eindig met 'n kabelkar-rit. In die stad van Pergamum was die groot tempel van Zeus. In Openbaring is dit sommer die troon van Satan genoem. Vandag is die tempel in 'n museum in Duitsland. In Turkye sien jy slegs die plek waar dit gestaan het. Hierdie was 'n stad van baie afgode. Daar was baie "trone" om te aanbid. Tussen hierdie "trone" het Christene gebly. Hulle het getrou gebly aan die Here skryf Johannes.
Ons sit op die marmer trappe en luister na Stephan se woorde oor die troon in Openbaring 4. Die Here se troon. Die Een wat was, wat is en altyd sal wees.
My gedagtes dwaal ver.
Ek dink aan die eerste dag wat ons deur die Blou Moskee en die Hagia Sophia gestap het. Konstantinopel was die baken van die Christendom totdat die Ottoman's dit uiteindelik in 1453 ingeval het. Sultan Mehmed II het letterlik die destydse wêreld verander toe hy die stad na Istanbul herdoop het. Hy het die Hagia Sophia Basilika in 'n moskee verander sonder om dié naam te verander. Vandag sien jy steeds Christelike simbole en Moslem simbole in een plek. Die verlede en die hede.
Christene word só dikwels deur vrees gedryf. Ons is bang vir alles en almal. Onkundig oor die konteks en ongelowig oor die ware oorwinning van Christus.
Paulus help my. Hy het geleef in 'n moeilike wêreld, sonder om bedreigd te voel. Sy geloof in Jesus Christus was sterker as die dood. Paulus het altyd die fokus op Jesus geplaas. Paulus was nie bang vir lyding nie. Paulus was altyd vol vreugde en lof vir Jesus - selfs in die tronk.
Ons loop rond met vrees. Ons is bang vir almal en alles. Ons dink lyding is uitbranding na 'n moeilike jaar of wanneer ek "te besig" is. Ons dink lyding is om vinnig sjokolade op te gee vir lydenstyd en iewers gou plek te maak vir Jesus in my dag.
Ons het nie 'n idee nie.
Hier bo in Pergamum, op koue klippe, bid ons vir 'n oomblik saam. Daar is dankbaarheid in my hart. Ek sê vir die Here dankie vir eKerk wat ons genooi het (néé geseën het) met hierdie toer na Turkye. Stephan sê vir ons dankie dat ons predikante is in hierdie wêreld: "Vergeet van almal anders vir 'n oomblik en beleef net dat die Here vir jou as Sy leraar lief het." Dié oomblik is groot - want wie belê nog vandag werklik in my as 'n predikant se geestelike lewe?
Ek stap saam met Maartje na die winkeltjies toe. Vroue het die vroeë kerk gedra. Orals was vroue besig om werk te doen vir die evangelie. Dit wemel van vroue-name in die bladsye van die Pauliniese briewe. Ek is dankbaar vir vroue se rol in die kerk vandag.
Ons eet in 'n plaaslike restaurant. Die eienaar ontvang ons met ope arms en bedien ons met heerlike kos. Hy is trots op sy Turkse sosaties en dra borde vol lekkernye aan. Hy vra of hy vir ons mag sing. Aan die einde van die lied gryp hy vir Nina vir 'n dans. Sy laat nie op haar wag nie. Ons almal kyk hoe hulle dans en sing terwyl ons hande klap en Afrikaanse opmerkings maak oor ons vermoede dat Nina nou 'n Turkse paspoort het.
Ons lag en eet in Turkye.
Op die bus praat Orcun met ons oor die mikrofoon. Hy vertel dat die eienaar baie beïndruk met ons Christene was. Ander buitelandse groepe lag en dans nie sommer nie. Ons het 'n vreugde in ons. Ons kan dans en eet saam met die Turke.
Paulus sou glimlag. Christene is vry om te dien want Jesus het ons gered van vrees. Ons kan lag, die Here loof en Hom al die eer gee want ons is diep dankbaar. Daar is vreugde in ons harte want Jesus is ons alles.