Die padtekens na die Muishuis
geskryf deur Ds Marco Koch
Verbeel jou jy is ‘n piepklein muisie. Jou huis is ‘n gaatjie in die grond in ‘n oop stuk veld. Jy is ‘n nagdier. Vroegaand hop jy uit jou huis om kos te gaan soek. Vanaand beplan jy om sowat 1.6km af te lê op jou uitstappie. Wat is die vrae wat by jou opkom?
Hierdie is nie net sommer ‘n storie nie. Ek sien onlangs op die reeks The secret lives of animals hoe ‘n wilde muis (Apodemus sylvaticus) vir homself padtekens rondom sy huis opstel. Hy doen dit deur takkies en blare saam te gooi. Dit help hom om te navigeer. Dit help hom om by kosbronne te kom. Dit help hom om blitsvinnig weer sy weg huis toe te vind, sou hy in gevaar wees.
Ons lewe werk ook maar só. Om vir Jesus te volg beteken om weerloos te wees. Om in die oopte te leef en nie weg te kruip in jou huis nie. Wanneer jy diensbaar is, kan mense jou misbruik. Wanneer jy kies om altyd in liefde te leef, kan mense jou sagtheid met swakheid verwar. Te midde van al hierdie gevare en uitdagings is dit nodig om vir onsself padtekens op te sit om ons weg huis toe te kan vind. Die woord in die kerk wat ons gebruik vir padtekens is die woord: “simbool”.
Simbool
Die woord simbool bestaan uit twee Griekse woorde: Súm en Ballon - onderskeidelik beteken dit saam en gooi. Jy gooi ‘n merk of ‘n item saam met ‘n spesifieke betekenis en dit word dan ‘n padteken of ‘n rigtingwyser.
Padtekens by die kerk
Ons is tans in lydenstyd. Dit kan word eintlik beter verwoord as lydensweg. Doen gerus moeite en staan stil by die simbole wat ons hierdie jaar help om ons weg huis toe te vind:
- Hoe ontwyk ek die honger uil?
- Waar sal ek kos kry?
- Hoe vind ek weer my muishuis?

9 Mrt – Lasarus se lappe: Joh 11:33-44
16 Mrt – Olie op Jesus se voete: Joh 12: 1-8
23 Mrt – Voete was: Joh 13: 1-17
30 Mrt – Olyftak: Mat 26:36-46
6 Apr – Tafel: Joh 2:13-22
13 Apr – Donkie: Mat 21: 1-11
17 Apr – Broodjie & Glasie: Mat 26: 26-30
18 Apr – Kruis: Luk 23:26-49
20 Apr – Klip/Oop Graf: Mat 28:1-10
Hierdie simbole herinner ons aan wie God is. Dit herinner ons aan wie ons moet wees. Dit herinner ons na ons weg huis toe.
Padtekens by die huis
Iemand vertel onlangs hoe hulle Bybelverse oral in hul huis plak. Die gesin moedig mekaar aan om gereeld hierdie verse hardop vir mekaar te lees. ‘n Paar vrae om oor na te dink:
Deuteronomium 11:19-20
19 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 20 Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.”
Gaan dink bietjie oor jouself en jou gesin. Wat kan julle vandag by ‘n muis leer...
Vrede.

- Watter padtekens het jy in jou huis?
- Watter simbole kan jy in jou lewe aanbring om meer doelgerig te lewe?