Wat is geestelike veerkragtigheid?

Geestelike veerkragtigheid is meer as om net te herstel na ‘n moeilike tyd. Dit is om terug te bons met ‘n dieper verstaan van jouself en die Here. Dit is om die toekoms geestelik meer volwasse as voorheen in die gesig te staar. Wanneer die volgende moeilike uitdaging kom, is jy beter voorberei, innerlik sterker en iemand wat op die “trampolien” bly.

In hierdie reeks besoek ons nege “vere” wat belangrik is vir jou reis: om te herstel, te verwerk en te leer.
Jy is ook welkom om die gids elektronies af te laai. Dit bly egter die beste om met hierdie reeks die BOKS aan te skaf. Koop die boks by die kerk teen slegs R100