Tiendemaand 2025_Episode 3
Oct 24, 2025
In die laaste episode van ons Tiendemaand-videoreeks kyk ons na die werklike syfers van 2025. Die afgelope jaar sien ons dat ons huis se finansiële energie-bron al hoe stadiger raak ten spyte daarvan dat ons gemeente aanhou groei.
Finansies is wat ons kerk-huis aan die gang hou. Kyk gerus om te sien waar jou bydrae ’n verskil maak. Ons het elkeen se in-koop nodig sodat ons verder ons droom kan verwesenlik om “nie te wille van onsself nie” die Here se Koninkryk te help bou!
