Bekommernis
on January 21st, 2025
geskryf deur Dr Karin Steyn Fil 4 : 7 sê: "En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus"Januarie is amper verby! Vir van ons het dit gevoel of Januarie 3 maande lank was…het jy al iewers in die maand benoudheid of bekommernis ervaar? Daardie oomblikke wanneer mens voel jy het géén beheer nie, jou kop is moeg planne gemaak, jy s... Read More
Hoe ver moet jy soek?
on January 15th, 2025
Hoe ver moet jy soek?deur Zander van der Westhuizen As ek jou sou vra of jy iemand ken wat jou aan Jesus herinner - hoe ver sal jy moet soek? Kan jy iemand, sommer vinnig, op die naam noem wat werklik 'n lewe volg wat naby is aan hoe die evangelies Jesus uitbeeld? 'n Persoon wat liefde bewys, niks uit eiegeregtigheid of selfsug doen nie en altyd daarop uit is om God se koninkryk te wys aan ander. ... Read More
Sing, sing, sing
on November 20th, 2024
Sing, sing, sing!Geskryf deur Karin SteynHoe gemaklik sing jy? Verlang jy na jou koordae of moet jy eerder aanhou om in die stort te sing waar net jy dit geniet? Sonder musiek is die lewe eentonig.Die Ou Testament is propvol versies wat die leser aanmoedig om te sing. Net in die Psalms alleen is daar 68 verwysings na sang tot eer van die Here. Dit gaan gewoonlik gepaard met vrolikheid en ‘n gejub... Read More
Lig(ter)
on November 13th, 2024
Lig(ter)!Geskryf deur Zander van der WesthuizenEk het reeds my kersboom uitgepak en die liggies buite my huis op die groot boom gehang. Die jaar moet nou klaar.Daar is iets terapeuties aan die uitpak van 'n kersboom en die ophang van die feesseisoen se liggies. Ek weet nie eintlik presies hoekom nie. Dit is asof 'n mens aanvoel 'n tydperk van klaar-maak, toe-maak en afhandel het aangebreek. 'n Nod... Read More
Wat irriteer jou?
on November 6th, 2024
Wat irriteer jou?Geskryf deur Sonnika NelWat irriteer jou die meeste? Hierdie tyd van die jaar is dit dalk meer as een ding!Ons buurman se “leaf blower” is my nommer een irritasie. Behoede die arme blaar wat durf om 6uur op ‘n Saterdagoggend uit sy plek te wees! Die buurman se nuwe hond wat vir elke teken van lewe blaf en blaf en blaf, is in die tweede plek. (My buurman blyk salig onbewus te wee... Read More
Dankbaarheid in Tiendemaand
on October 30th, 2024
geskryf deur Ds Marco Koch Het jy al daaraan gedink hoe eienaardig dit is dat mens die deuntjie “hoor” van ‘n liedjie waarvan jy slegs die woorde lees?Neem my lewe, laat dit, Heer,U gewy wees meer en meer.Laat my hart gedurig juigen van dankbaarheid getuig.Hierdie deuntjie sit vir hierdie tiende maand nogal gereeld in my kop. Miskien omdat die wysie so “catchy” is. Meer waarskynlik omdat die woord... Read More
Slaap
on October 23rd, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn "As ek gaan lê, slaap ek goed, ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my"- Ps 3:6"Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want Here, U alleen laat my veilig woon" – Ps 4:9Slaap is eintlik maar 'n vreemde ding.Het jy geweet ons slaap een derde van ons lewe?Elke aand maak ons gereed om te slaap, maar ons kan onsself nie aan die slaap maak nie.... Read More
Hoe kan ek help?
on October 15th, 2024
geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen In die reeks, New Amsterdam, raak die hoofkarakter, Dr Max Goodwin bekend vir sy vraag: "Hoe kan ek help?". Hy implementeer radikale verandering, steek 'n paar geldgierige dokters in die pad en dan vra hy vir almal wat daar is vir die regte rede: "Hoe kan ek help?".In hierdie reeks is daar stories van mense met amper-onmoontlike situasies. Iemand is termi... Read More
Vryheid
on October 8th, 2024
geskryf deur Dr. Sonika Nel Waarvan sou jy wou vry wees?Ons leef in ‘n land en binne ‘n sekere konteks waar redelike vryheid ons beskore is. Ons word nie vervolg op grond van ons geloof nie, meeste van ons kinders het nog die vryheid om in hul moedertaal onderrig te ontvang en ons Grondwet beskik selfs oor ‘n hele hoofstuk waar mense se regte en vryhede beskerm word.Ongelukkig voel ons nie altyd s... Read More
Yster slyp yster, vriende vorm mekaar
on October 2nd, 2024
geskryf deur Ds. Marco Koch Kern konsepte: Gesonde gesprekvoering | egte vriendskap | reisgenote wat ondersteun | eerlikheid op die regte manierGesonde gesprekvoering‘n Jong dogtertjie vra eendag vir haar ma: “Is gesprek ‘n tipe kos wat mens kan eet mamma? Hoekom moet mens dit vir iemand voer?” (1)Ons kan nou vir haar lag omdat sy die term gesprekvoering verkeerd verstaan. Maar dit laat my dadelik... Read More
Minute word te vinnig ure.
on September 18th, 2024
geskryf deur Ds. Karin Hierdie tyd van die jaar pla tyd ons almal. Ek vermoed jy is dalk ook waar ek is. Ek maak nie meer te veel planne vir oormôre en volgende week nie. Alles kan letterlik in ‘n dag verander. Vir van ons het alles te vining verby gevlieg. Dit voel amper of jy dit net nie kon vasvat die jaar nie. Terwyl ander die dae aftel tot Desember en Kersfees en ‘n oomblik om te stop.Elkeen ... Read More
Verandering
on September 3rd, 2024
geskryf deur Sonnika Nel “A change is as good as a holiday.”Ek raak gou verveeld en hou van gereelde veranderinge in party aspekte van my lewe. Dit gee my energie ‘n hupstoot, ‘n vars blik op die lewe en nuwe idees. Navorsing bewys ook dat ‘n sieldodende roetine nie goed is vir ons breinontwikkeling nie en dat ons slegs nuwe breinpaadjies kan vorm wanneer ons soms die bekende verruil vir die onbe... Read More
Aan watter kant van die tafel staan ons nou eintlik?
on August 28th, 2024
geskryf deur Ds. Marco Koch Die Lig & Ritme fees is verby en ek begin reeds krities terugkyk wat ons kan verbeter vir volgende jaar. My kollegas sê dit is omdat ek ‘n “ses” is dat ek só dink. Blykbaar ‘n persoonlikheideienskap van die Enneagram wat ek sélf nog moet ontdek. Nietemin dink ek terug aan die klein stories wat ek beleef het. Die slim teoloë sê die klein stories (narratiewe) is gewoonlik... Read More
Ons is almal springbokke
on August 6th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Type your new text here.... Read More
Gesond
on July 23rd, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn GesondMy oupa het groot geword in die Wes-Kaap waar daar baie kruiesoorte is met natuurlike antibakteriële en anti-inflammatoriese eienskappe. Hy het geglo gekookte boegoe en Samboksalf kan amper alles genees. Daar is ‘n spesiale tannie by wie ek kuier wat heuning vir die keel en tiemie vir amper alles anders drink… As dit soms maar net so maklik was…Ons stap ‘n lang pa... Read More
Dankbaarheid is 'n deug
on July 17th, 2024
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Dit is té naby aan middernag, dink ek by myself. Die motors staan voor Affies se sporthekke, verby die sirkel voor Ooskerk, tot om die draai voor Loftus verby. Dit was "Maritzburg-naweek". Oor die 800 seuns het gaan deelneem aan sport en kultuur. Baie het oorgeslaap in die opponente se huise en moes sosiale vaardighede bemeester met dié interaksie, terwyl ... Read More
Sien raak wat nié op jou lysie is nie
on July 9th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Ek en my gesin het gedurende Junie die voorreg gehad om vir tien dae deur die Karoo te toer. Ons droom al lank daaroor en het ‘n lang lysie gehad van plekke wat ons graag wou sien en dinge wat ons graag wou ervaar. So pak ek en my man die motor: vol gelaai met ‘n tiener, ‘n hond, al die warm klere wat ons besit, die “móét-sien-en-doen”-lysie en groot verwagtinge!Ons het ... Read More
Konneksie
on May 21st, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Ek is seker dat jy al met tye gewens het dat jy vir ‘n week of ‘n maand iewers in die berge in ‘n houthuisie kan gaan woon waar jy met niemand hoef te praat of niemand hoef te sien nie. Jy hoef vir niemand behalwe vir jouself kos te maak nie, jy hoef niemand se huiswerk na te gaan nie, jy hoef niemand vier keer ‘n dag rond te ry nie. Niemand sal iets van jou verwag of onge... Read More
Bemarking vir Pinkster
on May 15th, 2024
geskryf deur Ds Marco Koch Daar is twee goed waarvoor mnr. Milton Hershey baie lief was, kinders en sjokolade. Hy het altyd geglo dat díe twee saam hoort. In 1903 begin hy ‘n sjokoladefabriek in Pennsylvania, Amerika. Om goeie sjokolade te maak was nie moeilik nie. Die moeilike deel was om dit te verkoop. Kenners het vir hom gesê die enigste manier hoe hy sy sjokolade gaan verkoop is om vir mense ... Read More
Behoort
on May 7th, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn Daar is darem niks so lekker soos om na ‘n besige dag net te kan huistoe gaan nie. By jou plek en jou mense wees. Daar waar jy jou pantoffels aantrek.Die woord vir hierdie gevoel is geborgenheid. Om sorg te ervaar, om veilig en beskermd te voel, om te behoort.Die mees algemene woord vir geborgenheid in die Ou Testament is Kha-sa en beteken om vertroue in iets te hê of o... Read More
Waarheid
on April 23rd, 2024
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ek moet brandstof ingooi en dit is 'n relatief stil aand. Die petroljoggie is vriendelik en lus om te gesels. Hy sleutel die bedrag in, sit die brandstofpyp in die inlaat, en kom staan weer by my venster. "Die ANC en die EFF gaan hierdie land nog verder laat agteruitgaan". "Hoekom sê jy so?", vra ek. "Hulle lieg vir die mense. Hulle vertel hulle as die DA ... Read More
Wat sien mense deur jou?
on April 16th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Jenn Johnson sing in haar lied, For the One: “Help me to love with open arms, like You do;A love that erases all the lines and sees the truth,That when they look into my eyes, they would see You.Even in just a smile, they would feel the Father’s love.”Ons is volgens God se beeld geskape. Ons is Sy verteenwoordigers. Maar ek wonder soms wat mense van God raaksien as hulle ... Read More
Waar is jou “derde plek”?
on April 9th, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn In sy boek “The Great Good Place” beskryf die sosioloog Ray Oldenburg vir die eerste keer die konsep van “3rd place”. Dit verwys na die verskillende plekke in jou lewe waar jy gemeenskap beleef. Min sou hy kon raai dat dit vanaf 1989 (datum van publikasie) tot vandag toe só ‘n belangrike gesprekspunt sou wees oor die sosiale sfere van mense se lewens. Jou eerste plek is... Read More
Mense is kompleks
on April 2nd, 2024
geskryf deur Ds. Karin Nel Mense is kompleks‘Die soldate het ook twee ander mans weggevat om hulle saam met Jesus te kruisig. Hierdie mans was skelms. Hulle kom toe by 'n plek, die plek se naam was Kopbeen. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het ook die twee skelms gekruisig, een regs langs Jesus en die ander een links langs Hom.’ Lukas 23:32-36Ons het nou net Paasfees gevier en die b... Read More