Verbind aan God en mekaar
on November 11th, 2025
geskryf deur Ds Marco Koch Soms terwyl ek op my rekenaar werk, kort ek inspirasie en moed. Dan kyk ek by my venster uit. As jy so gelukkig soos ek is, sien jy ook groot bome deur jou venster. Die bome waarna ek staar is dennebome. Enorm. Seker 30 meter hoog. My gedagtes dwaal terug na my laerskooldae waar daardie dennebome my in verwondering gelaat het oor hul grootheid. En daar was baie, en hull... Read More
Sê jy nog jammer?
on November 4th, 2025
geskryf deur Sonnika Nel Ek was al ‘n hele paar keer die ooggetuie van iemand wie se geduld en maniere opgedroog het in ‘n winkel en dan moes die winkel-assistent of kassiere dit ontgeld. Eenkeer was dit ‘n vrou wat ‘n spesifieke grootte skoen wou hê en nie lank genoeg kon stilbly om te hoor dat die kassiere net gou by die ander takke uitvind of hulle dalk die regte grootte het nie. Die ander ke... Read More
Wees verveeld
on October 28th, 2025
geskryf deur Ds Marco Koch ’n Paar jaar gelede het ’n groep sielkundiges ’n vreemde eksperiment gedoen. Hulle het verskeie mense vir 15 minute alleen in ’n kamer laat sit met die eenvoudige opdrag om absoluut niks te doen nie. Daar was net een ander opsie: ’n knoppie waarmee hulle hulleself ’n ligte elektriese skok kon gee. Die meeste deelnemers het verkies om hulleself nou en dan te skok eerder a... Read More
Algoritmes
on October 21st, 2025
geskryf deur Dr Karin Steyn Net laas week kuier ek by ‘n ou tannie in ons gemeente. Soos ek uit die kar uitspring, gryp ek net my sleutel en my foon. Terwyl ons let ek op dat die tannie heeltyd na my foon kyk. Later sê sy, “jy moet versigtig wees met daai klein rekenaartjie – hulle luister jou af”.Ek en ‘n vriendin gesels oor ons wêreld van algoritmes en “influencers” en sy deel die oulike grappie... Read More
May I pray for you, sir?
on October 14th, 2025
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ons het lekker geëet in Hazelwood by my gunsteling pizza-plek en ek wil die gaste uit die Kaap die mooi nuwe wandelpad wys. In die aand is dit 'n bekoring met al die liggies, die mooi muurskilderye en die versierings teen die nuwe mure. Ons is net verby die renoster-beeldhouwerk toe die jong man - ek skat hom so 22 jaar - my voorkeer."May I pray for you, s... Read More
Die doringdraad op jou muur
on September 30th, 2025
geskryf deur Sonnika Nel Let bietjie op na die huise in jou buurt se mure, hekke en ander fisiese strukture om onwelkome besoekers buite te hou. Party huise het amper geen sigbare versperring nie en indien in ‘n veiligheids-area, staan die voordeur ook sommer oop. Ander huise is glad nie sigbaar van die pad af agter ‘n 2m-hoë muur nie en daar is sommer ‘n dubbelrol doringdraad ook op die muur.By ... Read More
Humankind - Be Both
on September 16th, 2025
Humankind – Be BothGeskryf deur Marco KochEen van my vriendinne se Whatsapp status is Humankind – Be Both. Wees mens én wees goedhartig. Of anders gestel: om mens te wees ís om goedhartig te wees.Tydens ‘n politiese onstuimige tyd van die Universiteite se #MustFall bewegings in die vroeë 2010’s het ek as student eenkeer vir Prof. Danie Veldsman (Professor in Dogmatiek en Christelike Etiek) gevra: ... Read More
Die Boek
on September 9th, 2025
Die BoekGeskryf deur Karin SteynDaar is darem niks so lekker soos ‘n goeie boek wat jou laat voel of jy vir ‘n oomblik ontsnap en in ‘n ander wêreld leef nie. Ek hou so baie van Jeanette Winterson se aanhaling: “Books and doors are the same thing. You open them, and you go through into another world.”Statistiek wys egter dat ons al hoe minder lees. Meeste volwassenes sal vandag dalk een boek in ‘n... Read More
Iets nuuts
on September 2nd, 2025
Iets nuutsGeskryf deur Zander van der WesthuizenGewoonlik is die 1ste September 'n koue dag in Pretoria. Dikwels in die verlede het dit selfs gereën op dié dag. Hierdie jaar was Lentedag heerlik en kan 'n mens die somer voel.Saam met die verandering van die seisoen kom die gevoel van nuwe lewe. Die winter word afgeskud, die natuur wys tekens van verandering en 'n nuwe tyd wink op die horison. Ons ... Read More
Wat doen jy as jou Mentos wegrol?
on August 26th, 2025
Wat doen jy as jou Mentos wegrol?Geskryf deur Sonnika NelOp ‘n sekere bekende (en berugte) Facebook-groep vir diegene wat in die Ooste van Pretoria woon, word daar gereeld vrae gevra soos:“Kan julle vir my sê wie is die BESTE pediater in Pretoria?”“Watter kleuterskool/laerskool/hoërskool/honde-skool is die BESTE?”“Wie is die BESTE loodgieter wat julle kan aanbeveel?”Dit verstom my elke keer as iem... Read More
Geniet die tyd
on August 19th, 2025
Geniet die tydGeskryf deur Marco KochAs dominee is dit vir my ‘n voorreg om ingenooi te word in mense se lewens. Mense het meestal baie vrymoedigheid om te sê hoe dit regtig gaan. ‘n Begroeting word selde met slegs ‘n “goed dankie en met jou?” kort geknip. Al is dit hoe uitdagend is dit ook ‘n voorreg en ‘n vreugde om selfs by siekes en selfs sterfbeddens te kan sit, soms met ‘n kamer vol familiel... Read More
Foute
on August 12th, 2025
Foutegeskryf deur Karin SteynIn ons huis is daar ‘n graad 1 dogtertjie met ‘n baie sterk verstaan van reg en verkeerd. Swart en wit. So alle vloekwoorde word gespel en gevra: “Maar hoekom?” Net so is daar elke middag ‘n storie van iemand wat stout was, met klomp vrae rondom dit.Dis ‘n interessante fase met kinders. Dit laat jouself vir ‘n oomblik stilstaan en dink hoe om te verduidelik wat iets ve... Read More
Die krag van verhale
on August 6th, 2025
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Sy was meer as wat jy dink. 'n Mens lees vinnig verby haar verhaal. Die woord "prostituut" in die vertaling skep dadelik 'n sekere prentjie. Ons mis die betekenis van die vlasstopsels op haar dak. Ons onthou die Kinderbybel "rooi tou" en iets van die stad se mure wat inmekaar val. Sy word gered deur die verspieders. Iewers het jy dalk 'n preek gehoor oor ... Read More
Aangename kennis, wie is JY?
on July 30th, 2025
geskryf deur Sonnika Nel Luister bietjie hoe mense hulself voorstel.Ek is Susan, so-en-so se ma.Ek is Jaco, ‘n kontrakteur wat vir myself werk.Ek is Petro, die klasvoorsitter.Ek is Sarel, ek is al 42 jaar in die gemeente.Ons stel onsself so voor, want dis gewoonlik die primêre rolle waarin ons ons bevind. Hierdie rolle bepaal dikwels ons identiteit. Die probleem hiermee is dat ons dan ons identit... Read More
Bybelse Safari
on July 23rd, 2025
geskryf deur Ds Marco Koch Hebreërs 5:13-14Elkeen wat nog net melk gebruik, is onkundig oor die woord van geregtigheid, want hy is nog ‘n kind. Maar vaste kos is vir volwassenes, vir dié wat deur oefening daarin geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.In die vakansietyd het ek tyd gehad om vir my ouers in Middelburg te gaan kuier. Een oggend stel my ma voor dat ons ‘n ent ry om ontbyt te g... Read More
Vierpoot Vriende
on June 25th, 2025
geskryf deur Dr Karin Steyn Ons gesin se Boston Terrier is veertien jaar oud. Ons het haar in die winter van 2012 in Bloemfontein gaan haal. Van dag een af is sy die hartklop van ons huis gewees.Ek moet nog iemand of iets ontmoet wat méér opgewonde oor ‘n bal kan wees. Wanneer die opwinding oor ‘n tuiskoms of ‘n bakkie kos of ‘n besoeker te groot raak, word alle aandag op ‘n bal uitgestort. As ons... Read More
Die krag van stories
on June 17th, 2025
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die rook hang in die koue lug terwyl ons by die hek van Huis Betesda in Sunnyside staan. Dit is daardie wintersaande-tipe rook, dié wat sonder 'n groot vuur gepaardgaan. Gemaak uit 'n paar stompies of ou kole. Net genoeg om vir iemand 'n bietjie hitte te gee.In die agtergrond hoor 'n mens die bekende geluide van Sunnyside se woontstelblokke. Musiek wat spe... Read More
Iets groter as jyself
on June 10th, 2025
geskryf deur Sonnika Nel Ek het die afgelope naweek die geleentheid gehad om deel te wees van ‘n koor projek waar 700 koorlede vir vier dae bymekaar kom om te oefen en dan drie koor-uitvoerings vir die publiek hou. Daar is lang ure, seer bene, hees stemme en laat aande, maar dis ongelooflik lekker! Nie net omdat ek vir vier dae lank iets kon doen waarvoor ek baie lief is nie, maar omdat ek deel ko... Read More
Saam na Lewe
on June 3rd, 2025
geskryf deur Ds Marco Koch ‘n Paar jaar gelede het Wouter vir Pastoor Odo Ratshivhombela van Assemblies of God genooi om met die tieners te gesels. Odo het ‘n pragtige metafoor gebruik om die werk van die Heilige Gees in ons te beskryf. Hy’t gesê: “Elkeen van ons is soos ‘n handskoen. Ons beteken nie veel as die handskoen eenkant lê nie...” Toe trek hy ‘n handskoen aan en verduidelik “...maar as d... Read More
Eetkamertafels
on May 27th, 2025
geskryf deur Dr Karin Steyn Daar is iets spesiaal aan ‘n eetkamertafel. Dit is die eerste ding wat ek oplet as ek in ‘n huis instap. Die eerste plek in ons huis wat ek wil mooimaak vir feesgeleenthede. Of dit nou van growwe denne, graniet of slanke glas en chroom gemaak is, 'n tafel kan die hart van 'n huis word. As ek kyk na die merkies op ons tafel onthou ek die lekker lag van sekere aande en di... Read More
Wie is ek in die eerste plek?
on May 20th, 2025
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die afgelope tyd kan jy amper nie die nuus lees sonder om die woord "Afrikaner" raak te loop nie. Op al die amptelike nuusplatforms (selfs internasionaal) lees ons hierdie woord raak. Daar is debatte, briewe en gesprekke oor hierdie woord. Daar is op sosiale media bekgevegte en foto’s wat gedeel word oor hierdie mense - die "Afrikaners". En om eerlik te we... Read More
Eksamenstres
on May 13th, 2025
geskryf deur Sonnika Nel Ek droom nog gereeld dat ek ‘n Chemie vraestel moet skryf en geen idee het wat op die vraestel voor my aangaan nie. Die elemente van die periodieke tabel en al sy verbindings swem voor my oë, maar niks maak sin nie. Net voor ek flou word van paniek, skrik ek wakker. Ek het soms ‘n soortgelyke droom oor my bestuurslisensie-toets en dat ek dit nie eers regkry om in eerste ra... Read More
Hoe meet mens jou geloof?
on May 7th, 2025
geskryf deur Ds Marco Koch Tydens my hoërskooljare was die grootste item wat my ouers ooit vir my gekoop het, my tekenbord. Tegniese Tekeninge (IGO vandag) was verseker my gunsteling vak. Ek koester die herinneringe. Om met trots die bonkige blink bord heeldag saam te dra. Meestal altyd ná pouse, sit ons aan by ons tekentafels in mnr. Deon Holtzhausen se klas. Vir een of ander rede het ons TT onde... Read More
Woorde
on April 22nd, 2025
Woordedeur Karin SteynWordsI don't take your wordsMerely as words.Far from it.I listenTo what makes you talk –Whatever that is –And me listen.-Shinkichi Takahashi-Van kleins af het my oupa gesê: ‘Moenie kyk wat mense sê nie, kyk wanneer hulle kies om te praat.’ Wyse woorde. Takahashi sê dit hierbo ook mooi. Om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly is vir ons as mense seker een van ... Read More
