Julle mag nooit daarna teruggaan nie
on June 26th, 2020
Deuteronomium 17:14-20Geskryf deur ds. Wouter van WykTerugkyk hou ook maar sy gevare in. Dit is wat hierdie gedeelte in Deuteronomium 17 ook leer. Dit is so ‘n vreemde amper weglaatbare teksgedeelte, maar dit leer ons baie van Israel se identiteit. Deuteronomium is deel van die Pentateuch (die eerste 5 boeke van die Bybel) wat die storie vertel van Israel se bevryding uit slawerny. Israel moes lee...  Read More
Kerk en staat
on June 23rd, 2020
Handelinge 10:1-48Geskryf deur ds. Wouter van WykEk het al gereeld gehoor hoe daar mense is wat sê kerk en politiek moet  van mekaar geskei word. Vanweë ons gekompliseerde geskiedenis en die wisselende verhouding tussen kerk en staat is dit sekerlik te verstane dat mense versigtig is om die twee met mekaar te vermeng. Die kerk dien tog ʼn ander Koning en moet daarom krities staan teenoor die staat....  Read More
Geregtigheid
on June 22nd, 2020
Lukas 18:6-8Geskryf deur ds. Karin SteynHierdie woorde van Henri Nouwen:"We are called to follow Jesus not only into the desert and onto the mountain to pray, but also into the valley of tears, where help is needed and onto the cross, where humanity is in agony."Tesame met Lukas 18:6-8 in die Message Bible:"Then the Master said, “Do you hear what that judge, corrupt as he is, is saying? So what ma...  Read More
Psalm 23
on June 19th, 2020
Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenPsalm 23 nooi ons som na te dink oor twee metafore: die Herder en die Gasheer.Die Herder lei die skape na plekke waar daar kos en water is. Die Herder beskerm die skape en is saam met hulle in die veld. Die Herder gee vir ons krag en lei ons. Hoe nodig het ons nie juis dit hierdie jaar nie? Hoe nodig is dit nie om te ontdek "ek kom niks kort nie"? Die Here...  Read More
In die Seun en die Vader
on June 18th, 2020
1 Johannes 2:18-27Geskryf deur ds. Wouter van WykHierdie uitdrukking “in die Seun” of “in die Vader” vind ons baie in die Nuwe Testament. Jesus gebruik dit self in Johannes 15:4. Ook Paulus gebruik hierdie term en Johannes gebruik dit graag in sy briewe.Hierdie terme is ‘n aanduiding van die intense, naby verhouding wat daar tussen die Here en gelowiges is. God ken ons immers baie intiem. Ons lewe...  Read More
Goeie geestesgesondheid
on June 17th, 2020
Filippense 4:12Geskryf deur ds. Karin SteynAs Christene kyk ons op na die Verlosser van die wêreld om ons persoonlik deur hierdie moeilike Corona-krisistye te red. Ons eis God se beloftes op en ons leef elke dag deur geloof. Die apostel Paulus was in kettings in die tronk. Tog het hy met die lidmate in Filippi sy positiewe gesindheid en geloof in Christus gedeel. Hy het ook daarna gestreef om verd...  Read More
Jongmense is belangrik!
on June 15th, 2020
Op 16 Junie vier ons JeugdagGeskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenJongmense het in die geskiedenis nog altyd 'n groot rol in verandering gespeel. In ons eie land dink ons op Jeugdag terug aan die rol wat jongmense in die apartheidsjare gespeel het. In baie ander lande het studente opstande en protes ook 'n groot rol in gebeure gespeel.In die geskiedenis van die NG Kerk was jongmense nog altyd ...  Read More
Oorlog in die hart
on June 12th, 2020
Psalm 55Geskryf deur ds. Wouter van WykSosiale media het baie voordele. Dit is ‘n manier waarop enige een van ons ‘n stem kan inkry. Dit is ‘n manier waarop ons nuus kan oordra en op datum kan wees met die nuutste verwikkelinge. Dis ‘n plek waar ons kan deel in vreugde en hartseer. Ongelukkig het sosiale media ook ‘n donker kant. Dit het die vermoë om selfs die mooiste intensies te verdraai en haa...  Read More
Dit waaraan ek dink
on June 11th, 2020
Geskryf deur ds. Karin SteynJou kop is eksklusief. Dis spesiaal vir jou ontwerp. Nes jou vingerafdruk is dit uniek. Niemand dink, sien en ervaar presies soos jy nie. Die Here het wel nie jou kop ontwerp om staties te wees nie, maar om aanhoudend te leer. Tog leef ons soms só. In realiteit is ons nie ‘n slagoffer van ons brein wat in sement gegiet is nie. Met ander woorde jy is nie so gemaak en so ...  Read More
Leef gewortel!
on June 10th, 2020
Psalm 1'n Mens hoor so baie die uitdrukking: "Jou geloof word getoets". As ek oor hierdie uitdrukking dink dan kom Psalm 1 se beeld in my gedagtes na vore. Ons moet soos 'n boom wees wat by waterstrome geplant is. Ons moet op die regte tyd vrugte dra en ons blare moet nie verdroog nie.Ons dink geloof gaan oor my vermoē. Ek moet vasbyt, sterk staan en wys dat ek beter is as ander. Ek is sterk en as...  Read More
Staan op
on June 9th, 2020
Jona 1:1-17Geskryf deur ds. Wouter van WykSo wonderlik as wat die Afrikaanse vertalings van die Bybel is, is dit egter ook so dat daar soms met ‘n vertaling iets van die skrywer se oorspronklike skryfstyl verlore gaan. In Jona kry ons ‘n goeie voorbeeld hiervan.In Jona 1:2 gee God die opdrag aan Jona: “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe sleg hy is”. D...  Read More
Skaduwee
on June 8th, 2020
Die PsalmsGeskryf deur ds. Karin SteynDie Johannes-evangelie is vol van hierdie woorde: 'God is die Lig, leef dan soos mense van die Lig. Laat sy lig in julle wees'. Dit is alles ‘n taal wat bekend is aan die Johannes-gemeenskap. As hulle dit lees, verstaan hulle die waarde van lig in die skaduweetye van hulle lewens en dink hulle na oor lig en donker as ryk beeldspraak in hulle wêreld. Hoe kyk on...  Read More
'n Digitale oorlog
on June 5th, 2020
Is jy ook al tegnologies uitgeput?Alles gebeur aanlyn. Ons spandeer 'n oordrewe aantal ure oor 'n skerm. Vergaderings word nou op ZOOM of TEAMS gehou. Kuiers vind plaas oor Facetime of Whatsapp Video Call. Ons braai, kerk, gesels, leef en werk - aanlyn! Dan is daar aanhoudende Whatsapp groepe en boodskappe. Jy word oorval deur dieselfde grappe, videos, boodskappe, staatskoerant publikasies, skermg...  Read More
Die paradoks
on June 4th, 2020
2 Korintiërs 4:7-15Geskryf deur ds. Wouter van WykAs daar een persoon is wat verstaan van op en af, is dit Paulus. Hy was ‘n persoon wat op die toppunt van die samelewing was. ‘n Skrifgeleerde, ‘n leier, ryk, met baie status. Maar wanneer ons sy eie getuienis lees, besef ons dat dit binne ‘n oogwink verander het. Skielik ken hy honger. Skielik ken hy haat en veragting. Skielik is hy die vervolgde ...  Read More
Waarvoor is jy bang?
on June 3rd, 2020
Psalm 66: 7,9Geskryf deur ds. Karin Steyn"So sterk is die Here dat Hy altyd in beheer van sake is. Hy gee aan ons lewe. Hy sorg dat niks ons onderkry nie."  - Psalm 66: 7,9 Die Boodskap"Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie."  -Johannes 14:27“Mo...  Read More
'n Omgekeerde wêreld
on June 2nd, 2020
Die Saligsprekinge beteken persoonlik baie vir my. Dit is die opening van die Bergrede. Dit is 'n inleiding tot Jesus se verstaan van hoe die koninkryk van God werk. En dit keer alles om.Ons vind die bekende woorde in Matteus 5: 3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 ...  Read More
God maak bekwaam
on June 1st, 2020
Filippense 2:12-18Geskryf deur ds. Wouter van Wyk... want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (v 13)Een van my mentors het altyd die storie vertel van die paddas wat langs die dam sit. Hy vertel dan hoe daar 5 paddas is en 2 besluit om in te spring. Daarna sou hy altyd vra: “Hoeveel paddas bly oor?” Dan sal mens vinnig antwoord dat daar 3 paddas oorbly. Dan antwoor...  Read More
Wees lief vir mekaar
on May 29th, 2020
Prediker 4: 9-10Geskryf deur ds. Karin SteynAs daar een ding is waarvan ek diep bewus geword het in die grendeltyd is dit hoe belangrik verhoudings is. Die oomblik toe ons lewens gaan stil staan het en ons beweeglikheid weggevat is, het meeste van ons kontak met ander mense die meeste gemis. Ek hoor hoe die ouma's en oupa's in ons gemeente sê dat hulle vreeslik verlang na hulle kleinkinders. Ek ho...  Read More
Die dinge waarop dit werklik neerkom
on May 27th, 2020
Filippense 1:3-11Geskryf deur ds. Wouter van WykFilippense is by verre my gunsteling brief in die Bybel. Dit het nog altyd tot my gespreek op ʼn baie diep en spesiale vlak. Elke hoofstuk van Filippense het ten minste een briljante sin in wat jy jou lewensleuse sou kon maak. Ter illustrasie noem ek sommer ‘n paar bekende en geliefde verse uit elke hoofstuk:“ Om te lewe is vir my Christus en om te st...  Read More
'n Nuwe manier van doen
on May 26th, 2020
Kolossense 1:9-10Geskryf deur ds. Karin SteynAs daar een ding is waarvan ons in die pandemie bewus geword het, is dit dat ons nie kan terugkeer en net weer doen en dink soos voorheen nie. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het reeds gesê daar is 'n krisis rondom die hoeveelheid mense wat met hipertensie, angstigheid en depressie leef. Die pandemie het ons nou kom dwing om anders te doen en te dink ...  Read More
Gevaar: "onder konstruksie"!
on May 22nd, 2020
Markus 1:1-8Geskryf deur ds. Wouter van WykHier waar ek woon is daar nou al maande lank bordjies op wat waarsku dat daar padwerke is. Op die oomblik pla dit nie so baie nie want dit is nie asof ek elke dag in die verkeer vassit nie. Maar in die algemeen is padwerke vir ons almal ‘n groot frustrasie. Dit kos ons tyd en energie. Dit verhoed ons om vinnig uit te kom waar ons wil wees. Ons weet natuur...  Read More
Die "kruks" van die saak
on May 21st, 2020
Geskryf deur ds. Karin SteynOns hoor dikwels in gesprekke die opmerking: "die kruks van die saak". Die woord "kruks" kom van Latyns en beteken eintlik "kruis". Nou hoekom is die woord kruis gebruik in gesprekke waar ons wil uitkom by die kern van 'n saak of anders gestel by die kritiese punt of tydstip?Ek dink dis omdat die kruis regtig die kruks in die geskiedenis is. Sonder die kruis kan geskied...  Read More
Word weer vir Jesus lief!
on May 20th, 2020
Openbaring 2:1-7Ons het al baie in die gemeente oor die stad Efese vertel. Die stad was bekend as 'n hawestad. Daar was ongeveer 250 000 inwoners in Efese en die stad het toegang tot Asië verleen. Een van die bekendste tempels van die antieke tyd was in Efese geleë. Die tempel van Artemis was die baken vir die Artemiaanse godsdiens. Die meeste inwoners het Artemis aanbid.In hierdie stad was daar o...  Read More
Probeer te wete kom
on May 19th, 2020
Efesiërs 5:10-20Geskryf deur ds. Wouter van WykDit is nie altyd maklik om die Here se wil te ken nie. Die skrywer van Efesiërs erken dit ook wanneer hy sê: “… probeer te wete kom wat die Here se wil is.” Vir ʼn kind van die Here is dit baie belangrik om die Here se wil te ken, want ons het in ons harte ʼn dringende begeerte om volgens die Here se wil te leef. Maar dit is dikwels makliker gesê as ged...  Read More
   NewerOlder