Huis
on July 7th, 2021
Lukas 15:11-32Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenDie verhale van lidmate wat vertel dat hulle weer nader aan die Here beweeg, inspireer my. Ons moet almal daaroor dink. Jy moet jouself afvra of jy “tuis” is.Die gelykenis van die verlore seun het meer as een perspektief. Uit die oog van die jongste seun moet hy sy pad huis toe vind. Hy moet bely en terugkeer. Aan die ander kant moet die ouds...  Read More
Drome
on June 29th, 2021
Genesis 28:10-22Geskryf deur Ds. Wouter van WykDroom jy nog? Ek bedoel nie die drome wanneer jy slaap nie. Ek bedoel drome in die sin van ideale en visies. Drome in die sin van toekomsbeplanning. Iets wat jy in die verte sien wat jou opgewonde maak. Iets wat jou laat uitsien om daar uit te kom.Die prediker sê dat baie van ons drome nooit realiseer nie... dit kom tot niks (Prediker 2:6). Het jy dit...  Read More
Maskers en warm asem
on June 23rd, 2021
Genesis 2:7Geskryf deur: Prop. Olga LudwickMet die derde golf van COVID 19 is ek baie bewus van my asem. Ek sit my masker op en voel benoud. Ek haal my masker af en voel éérs benoud. Ek maak die vensters en deure oop sodat ek vars lug kan inasem. Soggens neem ek ‘n reuse asemteug wat my longe groot laat swel net om seker te maak dat ek nog kan. Hierdie pandemie is oorweldigend. Ons is almal benoud...  Read More
Die Here gebruik jongmense!
on June 16th, 2021
1 Samuel 16:11-13Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenVandag vier ons Jeugdag. Dié dag word in baie lande gevier. Dit is ‘n dag wat ons herinner dat jongmense ‘n wesenlike deel van ons samelewing uitmaak. Dit is ook ‘n erkenning dat die jeug in die geskiedenis groot verandering meegebring het. In ons eie land word Jeugdag op 16 Junie gevier. Op hierdie dag in 1976 het die skoliere in Soweto o...  Read More
Toe Jesus weggeraak het
on June 9th, 2021
Geskryf deur Ds. Karin Steyn“Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra. Almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy insig en sy antwoorde.” – Lukas 2:46-47Dit is my, en ek vermoed elke ma en pa ook, se grootste vrees dat ons kinders iewers sal wegraak, veral as hulle nog klein is. Dit maak nie saak waar julle tans staan nie;...  Read More
Tuis wees
on June 2nd, 2021
Psalm 122Geskryf deur Ds. Wouter van WykAlmal is nie ewe lief vir honde nie. Vir baie mense is honde iets wat hare en kieme by jou huis inbring. Ek verstaan mense wat so voel en ek respekteer dit. Maar... ek is nie een van daardie mense nie. Honde was nog altyd vir my ʼn bron van enorme vreugde. My heel eerste gedagte nadat ek vir die eerste keer beroep is, was om na die pastorie te kyk op Google E...  Read More
Wat is jou storie?
on May 25th, 2021
Eksodus 19:6aGeskryf deur Olga LudwickWie is ons?As gemeente glo ons God het ons geroep om Hom te aanbid, onsself te ken, mekaar te versorg en in die wêreld te getuig. Miskien het jy al hierdie woorde gelees of gehoor, maar is dit deel van jou? Dalk is die vraag eerder: “Ken jy die storie waarvan jy deel is?” Die laaste ruk voel ek opnuut bekoor deur dié storie. My storie. Jou storie. Óns storie. ...  Read More
Brand die vuur van inspirasie nog in jou?
on May 19th, 2021
Handelinge 1:8Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenPinkster is elke jaar vir my ‘n realiteitskontrole. Ek word herinner aan die werk van die Here se Gees en dan vra ek myself af of ek nog in lyn is met God se werk in hierdie wêreld. Ek lees die verhaal van Handelinge en ek wonder of die vuur van inspirasie nog in my hart brand.Staan ek nog op vir die evangelie?Vertel ek nog vir mense van Jesu...  Read More
Die heldhaftige vrou
on May 11th, 2021
Spreuke 31Geskryf deur Ds. Karin SteynOns lees dikwels van vroue in die Bybel. Sommige van hierdie vroue het sterk karakters en was ‘n voorbeeld vir dié rondom hulle asook vir ons wat van hulle lees. Ander vroue in die Bybel het ‘n minder goeie reputasie gehad; ‘n mens kan weer by hulle leer wat jy nie moet doen nie. Dan is daar die moeders. Ons het juis die afgelope Sondag Moedersdag gevier. Die ...  Read More
Die buffel ken geen metafisika
on May 5th, 2021
Ef 2:1-10Geskryf deur Ds. Wouter van Wyk “Die buffel ken geen metafisika...” Dit is die eerste woorde uit ‘n gedig van DJ Opperman met die titel: Vuurbees. In hierdie gedig slaag die digter meesterlik daarin om die verskillende vlakke van bewustheid te beskryf. Aan die een kant is daar die buffel. Die buffel reageer op instink. Hy karnuffel die kalf en besnuffel die koei. Die buffel is nie bewus v...  Read More
Bang om te rus?
on April 21st, 2021
Matteus 11:28Geskryf deur Olga LudwickSmag jy ook na ‘n bietjie rus? ‘n Uurtjie om jou storie op die TV te kyk; ‘n naweek sonder verantwoordelikhede; of dalk ‘n laaaaang vakansie. Met die skoolvakansie om die draai, hoor ek baie mense praat oor hoe hulle ook ‘n bietjie wil rus.Maar wil jy regtig rus of is jy bang dat wanneer jy vir ‘n oomblik ophou om besig te wees jy nie weer gaan begin nie? Atle...  Read More
Die Emmaus verhaal
on April 14th, 2021
Lukas 24:13-35Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenRembrandt, die bekende skilder, het 7 keer in sy lewe die Emmaus-verhaal op die skilderdoek vasgelê. Tydens sy lewensreis het hy telkens anders gedink oor en geluister na die Emmaus-verhaal. Elke keer wanneer hy dit weer geskilder het, het die skildery ‘n ander boodskap weergegee.Die eerste keer wat hy die verhaal geskilder het, was in 1629 t...  Read More
Ons perspektief – God se perspektief…
on April 7th, 2021
Geskryf deur Ds. Karin SteynOns het pas Paasfees gevier. Ons is weer aan die kruisiging herinner en die afgelope Sondag het ons weereens die werking van die opstandingskrag gevoel. Terwyl die wonderlike naweek nog vars in ons gedagtes is, gebruik ek die kans om oor die skildery van Salvador Dali te skryf.Nadat hy ‘n uitbeelding van Jesus aan die kruis gesien het wat in 1550 geskilder is, het dit h...  Read More
Ons storie
on March 31st, 2021
Lukas 23: 1 – 49Geskryf deur Ds. Wouter van WykDie kruisverhaal staan vir ons as Christene sentraal. Daar is geen groter storie as hierdie een nie. Aan die een kant kan jy die storie sien as ‘n soort fliek waarvan jy die einde ken. Jy weet mos hoe gaan die storie eindig. Hoekom sal ek ontsteld raak oor hierdie lyding as ek weet Jesus gaan weer uit die dood opstaan? Dis presies die punt!Die krag va...  Read More
Teenwoordige tyd
on March 24th, 2021
1 Kronieke 16:11Geskryf deur Prop. Olga Ludwick(Olga is ons gemeente se kinderwerker)Ek lees onlangs ‘n aanhaling wat my in my spore laat stop het:“How we spend our days is, of course, how we spend our lives.” Annie DillardLees weer hierdie aanhaling, maar met meer aandag.“How we spend our days is, of course, how we spend our lives.”Die aanhaling is vir my so aangrypend, want elke keer as ek dit l...  Read More
Jesus se menslikheid
on March 17th, 2021
Filippense 2:5-11Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenGod het mens geword. Dit is die grootste aspek van die God wat ons dien wat Hom onderskei van alle ander gode wat mense aanbid. Daar kan nie ‘n belangriker aspek van jou verstaan van Jesus wees as juis dít nie. In alle ander godsdienste moet die mens na die godheid toe “opklim”. Dit gebeur deur die leer van prestasie te klim. Ons God het “...  Read More
Tyd...
on March 10th, 2021
Prediker 3Geskryf deur Ds. Karin SteynPrediker verwoord dit so mooi: ‘Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd: ’n Tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterf. ’n Tyd om te plant en ’n tyd om uit te ruk wat geplant is. ’n Tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak. ’n Tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou. ’n Tyd om te huil en ’n tyd om te lag. ’n Tyd om te treur...  Read More
Mag ek twyfel?
on March 2nd, 2021
Jakobus 1:2-8; Markus 9:20-29Geskryf deur Ds. Wouter van WykTwyfel en geloof hoort nie bymekaar nie. Dis in elk geval wat ons aflei indien ons slegs na Jakobus 1:6 kyk – “Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word”. Twyfel is sleg. Twyfel is verkeerd. Party mense sal selfs sê twyfel ...  Read More
Daar is lewe in eenvoud
on February 24th, 2021
Die Onse VaderGeskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenDie reën wat saggies op die dak val.Die glimlag as die koffie geurig proe.Die hand wat saggies aan myne raak.Die gevoel as jy na ‘n lang dag stil word.Die reuk van vars gebakte brood.Die sug van verligting met goeie nuus.Daar is lewe in eenvoud.Die Onse Vader-gebed is eenvoudig. Die rede? Dit gee lewe waar ons nie woorde het nie. Dit vul ons ...  Read More
Genoeg genade vir vandag
on February 17th, 2021
Geskryf deur Ds. Karin SteynDis die derde week in Februarie en van hierdie week af is ons gemeentekinders terug skool toe en begin daar weer 'n vorm van normaliteit in almal se huis en roetine kom. Op die kerkterrein is daar sommer so ‘n lekker gevoel van energie en opgewondenheid. Dis die laaste paar weke vir my so lekker om in gesprek met verskeie gemeentelede te wees en vir hulle te vra: Hoe he...  Read More
Is jy 'n gloeilampgrappie?
on February 10th, 2021
Psalm 42 & 43Geskryf deur Ds. Wouter van WykAlmal ken die gloeilampgrappies.Ek noem ‘n paar voorbeelde:Hoeveel blondines neem dit om 'n gloeilamp om te ruil? Antwoord: vyf - een om op die leer te staan en die gloeilamp vas te hou en vier om die leer in die rondte te draai, ofHoeveel Boerseuns vat dit om 'n gloeilamp om te ruil? Antwoord: nie een nie, want Boerseuns is nie bang vir die donker nie!I...  Read More
Om werklik te kan sien
on February 2nd, 2021
Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenDit gebeur maklik dat jy kyk maar nie sien nie.Jy kyk vir die persoon voor jou, maar jy sien nie die emosies wat in haar oê wegkruip raak nie. Jy kyk hoe iemand met jou gesels, maar jy sien nie sy liggaamstaal wat 'n dieper boodskap kommunikeer raak nie. Jy kyk vir die arm man op die straathoek, maar jy sien nie die storie in sy klere raak nie.Die lewe spe...  Read More
Hier en nou!
on January 27th, 2021
Geskryf deur Ds. Karin SteynHet jy al ‘n lekkerny waarvan jy baie hou uit die kas gaan haal en begin eet of drink en nadat jy klaar was, kon jy nie eens onthou dat jy dit geëet of gedrink het nie? Die oomblik is verby; jou aandag was reeds weer by iets anders en jy kon die lekkerny nie bewustelik geniet nie. ‘n Ander prentjie: Jou dag is vol en besig en iemand moet iets  by jou huis kom doen. Jy m...  Read More
Knik die kop
on January 20th, 2021
Lukas 18:9-14Geskryf deur Ds. Wouter van WykEk het agtergekom daar is iets wat ek die afgelope jaar of wat doen wat ek selde vantevore gedoen het. Elke dag van die afgelope klompie maande moet die sekuriteitswag my koors neem sodra ek by die kerkterrein in ry. Ek maak dan die venster oop, groet hom vriendelik en laat sak my kop sodat hy by my voorkop kan uitkom (ja, ek weet ek kan seker net my arm...  Read More
   NewerOlder