Hoe bly ek staande?
on May 18th, 2020
Jeremia 29:11Geskryf deur ds. Karin SteynZig Ziglar vertel die storie van vlooie in ‘n fles met ‘n deksel op. Hulle vlieg desperaat teen die deksel vas in ‘n poging om te ontsnap. Dit duur ongeveer 20 minute. Nou is hulle ten volle oortuig dat hulle nie kan ontsnap nie. Jy kan die deksel verwyder, maar hulle sterf van die honger in die fles. Hulle het probeer ontsnap en glo nou dat hulle geen ande...  Read More
Wees versigtig om ander te oordeel
on May 15th, 2020
Dit is maklik om iets te lees en 'n verkeerde afleiding te maak. Dit is eenvoudig om op grond van jou opinie te blameer. Jy kan maklik, gebasseer op jou eie gebrekkige kennis, oordeel iemand anders is verkeerd. Jy lees een opiniestuk in die koerant en fel 'n oordeel. Jy kyk 'n ander televisieprogram en neem 'n besluit oor wat werklik die feite is. Jy lees jou Bybel op jou manier en sê iemand ander...  Read More
'n Deel van die storie
on May 14th, 2020
Rut 1:14-22Geskryf deur ds. Wouter van WykRut is een van my gunsteling stories in die Bybel. Dit is die storie van ‘n lojale Moabitiese skoondogter wat in hongersnood en armoede by haar skoonma bly is eenvoudig inspirerend. Die verhaal self maak ‘n drastiese missionale punt naamlik dat selfs ‘n Moabiet (wat ‘n groot vyand van Israel was) ‘n kritiese rol kan speel in die redding van ‘n gesin.Daar i...  Read More
"Examen" gebed vir angstigheid
on May 13th, 2020
Geskryf deur ds. Karin SteynDie “Daily Examen” is ʼn gebed wat Ignasius van Lojola (Spaanse priester sedert 1537) as ʼn gawe van God beskou het en wat die Jesuïete (Society of Jesus) aan die begin en einde van elke dag as geloofsgewoonte beoefen. Dit is 'n gebed vir refleksie. Hierdie manier van bid gaan 500 jaar terug. Die eerste volgelinge van Ignatius van Loyola het die probleem ontwikkel dat h...  Read More
Apocalyps
on May 12th, 2020
Openbaring 1:1Geskryf deur ds. Wouter van WykWat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien.Die aand waarop die eerste maatreëls vir die grendelstatus aangekondig is, het ek by die aanddiens ʼn preek gepreek met die ti...  Read More
Wysheid uit die Bergrede
on May 11th, 2020
Matteus 5-7Brian McClaren het 'n boek geskryf met die titel: "The secret message of Jesus". In hierdie boek bespreek hy die bekende eerste preek van Jesus - die Bergrede (Mat 5-7). Hy noem die preek Jesus se "manifesto" vir ons as gelowiges. Die preek som die etiek van 'n kind van die Here in drie hoofstukke op. Jy kan dit op 'n groot plakkaat druk en agter jou kamerdeur hang om jou elke dag te he...  Read More
Sien jy Jesus raak?
on May 8th, 2020
Geskryf deur ds. Karin SteynToe Jesus aan sy moeder verskyn na sy kruisiging, herken sy Hom aanvanklik glad nie, selfs terwyl sy met Hom gesels. Haar pyn en seer verblind haar heeltemal.Op ‘n stadium noem Jesus haar op haar naam en toe eers herken sy Hom…Ons het as kinders van God in hierdie tyd weer Jesus se kruisdood herdenk. As gelowiges hou ons ook vas aan sy opstanding en die betekenis daarva...  Read More
Moenie vir my sê daar is hoop nie
on May 6th, 2020
Genesis 1:26-28Geskryf deur ds. Wouter van WykSaterdagoggend het ek besluit om te gaan draf. Die draf self was ietwat onaangenaam as gevolg van die enorme aard van my onfiksheid. Buiten dit, was dit ʼn heerlike ervaring. Nie oor die vars lug of die endorfiene wat afgeskei is nie. Dit was heerlik want die pad was propvol mense wat dieselfde idee as ek gehad het. Soos wat ek verby die mense gedraf he...  Read More
Teenwoordigheid
on May 4th, 2020
Hoe reageer 'n mens wanneer daar onsekerheid heers?Ons denkraamwerk is meestal westers. Ons leef meer in die toekoms as wat ons besef. Ons beplan alles. Ons dagboeke dryf ons. Ons spanning oor "môre" laat ons wakker lê. Ons is bewus van volgende week se gebeure. Ons dink al reeds aan die volgende vakansie.Iemand binne hierdie denkraamwerk beleef onsekerheid baie negatief. Mense wat eksklusief toek...  Read More
Die betekenis van genade
on May 1st, 2020
1 Johannes 1:8-10Geskryf deur ds. Wouter van WykEn toe verbrand die simpel skorsies...Die dag was lank vooruit reeds beplan. Ek was verantwoordelik vir die middagete; iets wat heeltemal binne my vermoë is. Maar toe gebeur dit dat alles gelyk op my neersak. Terwyl ek kos maak, lui my foon herhaaldelik, daar is ‘n misverstand oor die presiese spyskaart en my dogtertjie moet eintlik slaap. Ek besluit...  Read More
Lewe in 'n hopelose situasie
on April 29th, 2020
ESEGIËL 37:1-14Wiliam Kamkwamba was 'n jong seun in Malawië toe hy in 2002 'n hele dorpie gered het. In die middel van 'n droogte, sonder geld om skool toe te mag gaan, het hy 'n windmeul gebou. Deur boeke te lees het hy geleer hoe om 'n fiets met 'n dinamo te gebruik om elektrisiteit op te wek. Die elektrisiteit kon 'n ou pomp laat werk om water te pomp. Die water kon tydens 'n droogte lei tot mi...  Read More
Nee, ek kan nie stilbly nie
on April 28th, 2020
Job 7:11-21Geskryf deur ds. Wouter van Wyk“Nee, ek kan nie stilbly nie, in my beproewing wil ek praat, in my bitter lyding wil ek kla.”Job worstel met die Here. Hy het alles verloor. Hy was siek, vol pyne, sy liggaam oortrek met rowe, sy vel vol barste. Al was daar nie in hierdie gedeelte gesê dat Job besig was om te bid nie, praat hy wel met die Here. Hy spreek die Here aan. Hy kla by God. Hy vra...  Read More
Wat werklik saak maak
on April 27th, 2020
Filippense 1:8-11Geskryf deur ds. Karin Steyn"God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus...  Read More
Wees kreatief!
on April 25th, 2020
Die Bybel begin met God wat skep.Dit was nog altyd vir my insiggewend.Wanneer ons die openingstoneel van die geskiedenis lees, dan stel die Here Homself as 'n Skepper aan ons bekend. Dit is die eerste eienskap van God wat ons leer ken. Ons leer later nog baie ander aspekte van God ken, maar die eerste ontmoeting het met kreatiwiteit te doen. Vars. Nuut. Skeppend.Ons leer verder in Genesis dat ons ...  Read More
Oorwinnaar of slagoffer?
on April 24th, 2020
Johannes 5:1-17Geskryf deur ds. Wouter van WykFinansieel gesproke was die begin van die jaar vir my ʼn groot uitdaging. Van ʼn kar wat herhaaldelik breek tot ʼn hond wat steke moet kry. Van ʼn boom wat op my muur val na ʼn plafon wat waterskade kry. In hierdie tyd was ek deeglik terneergedruk. Ek het met elke telefoonoproep die ergste verwag. Ek het op ʼn stadium gekom waar ek net slegte nuus verwag het...  Read More
Hoekom is dit so moeilik om hulp te vra?
on April 22nd, 2020
Ek sal dit erken. Dit is moeilik om hulp te vra. Ek vermoed dit is vir meeste van ons so, nie waar nie? Wanneer dit op daardie punt in ons lewe kom is daar 'n hele paar redes hoekom dit vir ons moeilik is.Ek vermoed die eerste rede is dat ons sukkel om te erken dat ons hulp nodig het. Ons erken dit moeilik aan onsself. Ons dink dat dit nog nie regtig nodig is nie. "Ek is nog nie daar nie". Teen di...  Read More
Wat verwag die Here van ons?
on April 18th, 2020
Miga 6:8In die boek Miga lees ons hoe die Here sy volk aankla. Hulle word aangekla dat hulle die Here nie meer volg nie en dan hulle Hom vergeet het. Die volk reageer uiteindelik en Miga vra wat hy namens hulle aan Hom kan offer vir vergifnis. Wil die Here ramme of olie of ander offers hê? Nee. Die Here vra iets anders: dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys en dat jy bedagsa...  Read More
Wat beteken dit om te glo?
on April 17th, 2020
Johannes 20:26-31Geskryf deur ds. Wouter van WykIemand sê nou die dag vir my hulle ‘glo nie daaraan om verniet te werk nie’. Daar is natuurlik niks daarmee fout om hierdie as een van jou beginsels te hê nie. In Jesus se woorde is die arbeider tog geregtig op sy loon. Wat my eerder geïnteresseer het, is dat die persoon gekies het om die woord glo te gebruik.Dít het my laat dink, want ons gebruik al...  Read More
Om geduldig te wag
on April 16th, 2020
Psalm 25Geskryf deur ds. Karin SteynPs 25:21 “ Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek”.Uittreksel uit Celebration of Discipline deur Richard Foster:'Superficiality is the curse of our age. The doctrine of instant satisfaction is a primary spiritual problem. The desperate need today is not for a greater number of intelligent people, or gifted people, but for deep people...  Read More
Seisoene
on April 15th, 2020
Prediker 3:1-17Wanneer laas het jy Prediker 3 gelees? Elke ding het sy tyd. Elke ding in die wêreld het sy tyd. Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds.Seisoene.Ons beleef tans die verandering van die seisoen. Dit is besig om nou diep herfs te word. Die tyd voor die winter. Maar daar is 'n sterker bewussyn van 'n ander seisoensverandering in ons, nie waar nie? Ons voel anders as ander jare. Da...  Read More
Jesus Christus is opgestaan
on April 13th, 2020
Geskryf deur ds. Karin SteynSewentig jaar gelede het C.S Lewis sy bekende diens vir Paasfees gepreek met die titel: "The Grand Miracle". In hierdie diens verduidelik hy die wonder van die fleeswording van God. Dat 'n spasie en tydlose God kies om in ons tyd en spasie in te breek om vir ons te wys hoe lief Hy vir die wêreld is. Dat Hy teenwoordig is. Dit is in hierdie preek waar hy die beeld van 'n...  Read More
Stil Saterdag (Paasnaweek)
on April 11th, 2020
'n Hele paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om Taizé in Frankryk te besoek.Taizé is 'n dorp wat bekend is vir die ekumeniese monastiese beweging wat daar gesetel is. Priesters en monnike vanuit alle kerklike tradisies fokus daar op gebed, eenvoudige eredienste (drie keer per dag), eenvoudige liedere (waarvan 'n paar in ons Liedboek opgeneem is) en Christelike meditasie. Taizé is uniek daarin...  Read More
Ontdek God
on April 9th, 2020
Matteus 26:17-30Geskryf deur ds. Wouter van WykDaar is min dinge wat so intiem is soos ‘n ete. Dis ‘n geleentheid om skouers te skuur, mekaar in die oë te kyk of om te baklei oor die laaste souskluitjie. Daar is min dinge wat ons so na aan mekaar kan laat voel soos ‘n ete. Tog is dit nie altyd die geval nie. Somtyds sit jy en een van jou mede-tafelgangers vas oor iets. Al is julle naby mekaar, kan...  Read More
Hoe aanbid jy?
on April 3rd, 2020
Psalm 100Baie mense is gewoond dat die kerk (eredienste veral) jou help om God te aanbid. Ons dink ook oor aanbidding op hierdie wyse. Aanbidding is wanneer ek saam met ander gelowiges sing of bid. Aanbidding is 'n aktiwiteit wat in groepe gebeur en deur 'n gemeente georganiseer word.Ek dink aanbidding is veel meer as dit wat die kerk kan organiseer. Aanbidding is ten diepste wanneer jy as 'n kind...  Read More
   NewerOlder