Verandering
on September 3rd, 2024
geskryf deur Sonnika Nel “A change is as good as a holiday.”Ek raak gou verveeld en hou van gereelde veranderinge in party aspekte van my lewe.  Dit gee my energie ‘n hupstoot, ‘n vars blik op die lewe en nuwe idees. Navorsing bewys ook dat ‘n sieldodende roetine nie goed is vir ons breinontwikkeling nie en dat ons slegs nuwe breinpaadjies kan vorm wanneer ons soms die bekende verruil vir die onbe...  Read More
Aan watter kant van die tafel staan ons nou eintlik?
on August 28th, 2024
geskryf deur Ds. Marco Koch Die Lig & Ritme fees is verby en ek begin reeds krities terugkyk wat ons kan verbeter vir volgende jaar. My kollegas sê dit is omdat ek ‘n “ses” is dat ek só dink. Blykbaar ‘n persoonlikheideienskap van die Enneagram wat ek sélf nog moet ontdek. Nietemin dink ek terug aan die klein stories wat ek beleef het. Die slim teoloë sê die klein stories (narratiewe) is gewoonlik...  Read More
Ons is almal springbokke
on August 6th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Type your new text here....  Read More
Gesond
on July 23rd, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn GesondMy oupa het groot geword in die Wes-Kaap waar daar baie kruiesoorte is met natuurlike antibakteriële en anti-inflammatoriese eienskappe. Hy het geglo gekookte boegoe en Samboksalf kan amper alles genees. Daar is ‘n spesiale tannie by wie ek kuier wat heuning vir die keel en tiemie vir amper alles anders drink… As dit soms maar net so maklik was…Ons stap ‘n lang pa...  Read More
Dankbaarheid is 'n deug
on July 17th, 2024
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Dit is té naby aan middernag, dink ek by myself. Die motors staan voor Affies se sporthekke, verby die sirkel voor Ooskerk, tot om die draai voor Loftus verby. Dit was "Maritzburg-naweek". Oor die 800 seuns het gaan deelneem aan sport en kultuur. Baie het oorgeslaap in die opponente se huise en moes sosiale vaardighede bemeester met dié interaksie, terwyl ...  Read More
Sien raak wat nié op jou lysie is nie
on July 9th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Ek en my gesin het gedurende Junie die voorreg gehad om vir tien dae deur die Karoo te toer.  Ons droom al lank daaroor en het ‘n lang lysie gehad van plekke wat ons graag wou sien en dinge wat ons graag wou ervaar.  So pak ek en my man die motor: vol gelaai met ‘n tiener, ‘n hond, al die warm klere wat ons besit, die “móét-sien-en-doen”-lysie en groot verwagtinge!Ons het ...  Read More
Konneksie
on May 21st, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Ek is seker dat jy al met tye gewens het dat jy vir ‘n week of ‘n maand iewers in die berge in ‘n houthuisie kan gaan woon waar jy met niemand hoef te praat of niemand hoef te sien nie. Jy hoef vir niemand behalwe vir jouself kos te maak nie, jy hoef niemand se huiswerk na te gaan nie, jy hoef niemand vier keer ‘n dag rond te ry nie. Niemand sal iets van jou verwag of onge...  Read More
Bemarking vir Pinkster
on May 15th, 2024
geskryf deur Ds Marco Koch Daar is twee goed waarvoor mnr. Milton Hershey baie lief was, kinders en sjokolade. Hy het altyd geglo dat díe twee saam hoort. In 1903 begin hy ‘n sjokoladefabriek in Pennsylvania, Amerika. Om goeie sjokolade te maak was nie moeilik nie. Die moeilike deel was om dit te verkoop. Kenners het vir hom gesê die enigste manier hoe hy sy sjokolade gaan verkoop is om vir mense ...  Read More
Behoort
on May 7th, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn Daar is darem niks so lekker soos om na ‘n besige dag net te kan huistoe gaan nie. By jou plek en jou mense wees. Daar waar jy jou pantoffels aantrek.Die woord vir hierdie gevoel is geborgenheid. Om sorg te ervaar, om veilig en beskermd te voel, om te behoort.Die mees algemene woord vir geborgenheid in die Ou Testament is Kha-sa en beteken om vertroue in iets te hê of o...  Read More
Waarheid
on April 23rd, 2024
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ek moet brandstof ingooi en dit is 'n relatief stil aand. Die petroljoggie is vriendelik en lus om te gesels. Hy sleutel die bedrag in, sit die brandstofpyp in die inlaat, en kom staan weer by my venster. "Die ANC en die EFF gaan hierdie land nog verder laat agteruitgaan". "Hoekom sê jy so?", vra ek. "Hulle lieg vir die mense. Hulle vertel hulle as die DA ...  Read More
Wat sien mense deur jou?
on April 16th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Jenn Johnson sing in haar lied, For the One: “Help me to love with open arms, like You do;A love that erases all the lines and sees the truth,That when they look into my eyes, they would see You.Even in just a smile, they would feel the Father’s love.”Ons is volgens God se beeld geskape.  Ons is Sy verteenwoordigers. Maar ek wonder soms wat mense van God raaksien as hulle ...  Read More
Waar is jou “derde plek”?
on April 9th, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn In sy boek “The Great Good Place” beskryf die sosioloog Ray Oldenburg vir die eerste keer die konsep van “3rd place”. Dit verwys na die verskillende plekke in jou lewe waar jy gemeenskap beleef. Min sou hy kon raai dat dit vanaf 1989 (datum van publikasie) tot vandag toe só ‘n belangrike gesprekspunt sou wees oor die sosiale sfere van mense se lewens. Jou eerste plek is...  Read More
Mense is kompleks
on April 2nd, 2024
geskryf deur Ds. Karin Nel Mense is kompleks‘Die soldate het ook twee ander mans weggevat om hulle saam met Jesus te kruisig. Hierdie mans was skelms. Hulle kom toe by 'n plek, die plek se naam was Kopbeen. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het ook die twee skelms gekruisig, een regs langs Jesus en die ander een links langs Hom.’ Lukas 23:32-36Ons het nou net Paasfees gevier en die b...  Read More
Wat beheer jy?
on March 12th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel Ek is vas oortuig dat mammas wat hul kinders by die skool oplaai ‘n gedaante-verwisseling ondergaan sodra hulle in die motor klim om hierdie takie te verrig.Jy moes dit tog ook al opgelet het? Jou goedhartige vriendin wat nou soos ‘n maniak tussen die ander motors deurjaag om haar kind reg voor die hek op te laai. Die oulike mamma wat altyd cupcakes stuur vir die koekverko...  Read More
Happie vir happie
on March 5th, 2024
geskryf deur Sonnika Ek is seker jy het ook al só gevoel: almal vra op dieselfde tyd iets anders van jou. Jy probeer jou bes om jouself op agt plekke gelyk te plaas en by almal uit te kom, maar selfs al het jy seekat-arms gehad, sou dit net nie genoeg wees nie, want jy het net een kop!  En jou kop spin behoorlik om te probeer byhou met alles en almal. Jy wil graag alles vir almal wees, jy wil graa...  Read More
Chasing the SON
on February 27th, 2024
geskryf deur Ds. Marco Koch Op Aswoensdag, 14 Februarie, het ons hierdie jaar se Lydenstyd afgeskop. Lydenstyd is ‘n tyd van fokus op ons toewyding aan Jesus en ons besin oor ons eie geloofsritmes om Hom beter te volg. Die kerk oor die eeue het dit gedoen deur vir die 40 dae van Lydenstyd te vas. Dit is ook ‘n tyd waarin ons onsself verbind aan die liggaam van Christus. Ons as gemeente doen dit de...  Read More
Op Reis...
on February 20th, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn Word rustig met die woorde van Pierre Teilhard de Chardin, S.J. (1881-1955): “Above all, trust in the slow work of God. We are quite naturally impatient in everything to reach the end without delay. We should like to skip the intermediate stages. We are impatient of being on the way to something unknown, something new. And yet it is the law of all progress that it is ma...  Read More
Wat het jy beplan?
on February 13th, 2024
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Vandag gebeur twee dinge: Ons vier die liefde en dit is Aswoensdag.Dalk het jy 'n romantiese aand saam met jou geliefde beplan. Jy koop rose of sjokolade. Jy bespreek 'n netjiese en stylvolle restaurant. Jy skryf 'n kaartjie of draai iets toe. Of dalk het jy al vanoggend vir jou anderhelfte ontbyt in die bed gevat. Dalk is jy nog nie eers in 'n verhouding ...  Read More
Waar soek jy vrede?
on February 6th, 2024
geskryf deur Sonnika Nel “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” – Fil.4:7Ek lees dikwels hierdie vers en smag dan na die vrede waarvan Paulus in sy brief praat. Dit klink amper soos die tipe vrede wat niemand van ons nog beleef het nie. ‘n Idilliese plek in jou kop en siel waar rustigheid, saligheid en geluk sekerlik mo...  Read More
Hulle weet nie wat ons weet nie
on January 30th, 2024
geskryf deur Ds Marco Koch “Hulle weet nie wat ons weet nie!” Hierdie woorde gons oor die hele Suid-Afrika nadat Dricus du Plessis verlede week die titel as UFC-kampioen verower het. In ‘n onderhoud vra iemand vir hom wat hy met dié woorde bedoel wat hy in die kamera gesê het na een van sy oorwinnings. Hy verduidelik dat dit nie soseer gaan oor wat die ander nié weet nie, dit gaan meer oor wat ons...  Read More
Waar gaan dit heen?
on January 23rd, 2024
geskryf deur Dr Karin Steyn Dis einde Januarie…kan jy dit glo?Baie van ons skud nog die seesand uit ons sakke of probeer nog aan maniere dink om dit uit ons karre en klere te kry. Ons koppe moet egter al weer by die werk wees. Die pas is vinnig en daar is ‘n lekker energie in die lug met alles wat nuut begin. ‘n Nuwe jaar by die skool, ‘n eerste in die Hoërskool. Dalk ‘n nuwe woonbuurt of werk of ...  Read More
Hierdie jaar gaan anders wees.
on January 18th, 2024
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Hy kyk in die spieël. Hy staar lank in sy eie oë in en wonder wat hy sien. Wie is hy? Wat is nog oor as hy al die maskers wegvat, die etikette afhaal en vergeet van die name wat almal hom gee? Elke jaar begin hy met nuwe drome, nuwe beplanning en 'n vol agenda. Hierdie jaar gaan anders wees.Hy het al vergeet wat hom uniek maak. Hy is so ingesluk deur die l...  Read More
Dieselfde ou bekende storie
on November 28th, 2023
geskryf deur Prop. Olga Ludwick -Venter Dieselfde ou bekende storieLukas 1:26- 2:20Daar is iets daaraan om ‘n bekende televisie reeks oor en oor te kyk. Na ‘n ruk ken jy al die woorde. Jy weet wat gaan volgende gebeur. Maar steeds lag jy vir dieselfde grappe. Ander kere hoor jy iets vir die eerste keer, wat jy dalk nie voorheen verstaan het nie.Daar is iets daaraan om ‘n reeks wat jy so goed ken ...  Read More
Wie sit hierdie tyd van die jaar aan jou tafel?
on November 21st, 2023
geskryf deur Sonnika Wie sit hierdie tyd van die jaar aan jou tafel?Hier aan die einde van die jaar is daar mos altyd ‘n klomp afsluitingsfunksies en kuiers!  Dan bevind ons onsself aan ‘n tafel tussen geliefdes, kennisse, kollegas of soms vreemdelinge. Partykeer geniet jy jou gate uit tydens so ‘n kuier en ander kere hou jy die horlosie stip dop om te bepaal wanneer dit nie meer onbeskof sal wees...  Read More
   NewerOlder