Draai die ander wang?
on February 9th, 2023
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ons lees in die Bergrede hierdie bekende woorde van Jesus:“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.  As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee ho...  Read More
Kerk = Pannekoek
on February 1st, 2023
geskryf deur Prop Olga Ludwick Weeklikse boodskap Teks: 1 Tessalonisense 5:11-15: Dit was in die vakansie en een van daai koue reënerige dae. ‘n Regte boeklees-in-die-bed-dag. ‘n Pannekoekdag. Die weer het my begeester om - vir die eerste keer ooit - self pannekoek te bak.Terwyl ek staan en kyk hoe die deeg borreltjies maak, dink ek aan ‘n blog wat ek onlangs gelees het. Die blog gaan oor die rede...  Read More
Era van angstigheid
on January 24th, 2023
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Matteus 8: 23-27 In 1948 het die digter, W.H. Auden, die gedig “Age of anxiety” geskryf as opsomming van die kultuur van sy dag. Hierdie was net na die tweede wêreldoorlog met baie onsekerheid oor die toekoms van die mensdom.Faces along the barCling to their average day:The lights must never go out,The music must always play . . .Let we should see where we are,Lost i...  Read More
Ons lewenspoed
on January 17th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn Matteus 6:30-31Ons het reeds die jaar met ons reeks – BEWEEG - begin. Die reeks help ons om Jesus uit te leef oral waar ons beweeg. Dit nooi ons uit om ons lewe volgens bewegings in te rig sodat ons Jesus kan leef.As ons God verstaan as ‘n God wat aktief in ons en ons wêreld aan die werk is, verstaan ons onsself ook as sy aktiewe volgelinge wat elke dag in gehoorsaamhe...  Read More
Beweeg!
on January 10th, 2023
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Verbeel jou die hele wêreld is God se speelgrond waarbinne jy kan baljaar. Rondom jou is die Here se dansvloer waarop jy kan dans. Die hele skepping is die Here se ruimte waarbinne jy soos 'n kunstenaar aan nuwe kreatiwiteit geboorte kan gee. Die spasie waarbinne jy kan beweeg, is eindeloos!  Ons dink dikwels die koninkryk van God is beperk tot die kerkgro...  Read More
Heimwee
on November 23rd, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Ek is stout vir ‘n stukkie heimwee. Of soos tant Mimi dit sou sing: “O, ek sien weer die son op die velde en die ewige blou daarbo. En my hart skiet vol van heimwee en my drome swem in my oë”. Selfs tannie Laurika raak ook met tye “O, so sentimenteel”. Om jouself met ‘n stukkie sentiment te verknus, kan selfs Bybels wees. Dit is in elk geval hoe dit vir my lyk as ek ...  Read More
Om klaar te maak is hard – om te begin, nog harder…
on November 16th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Kor 9:25 “Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.”‘n Marathon.In 490 v.C. het die inwoners van Athene teen Persië ‘n “Battle of Marathon”gehad. Die legende van Marathon is Herodotus se verhaal van ’n langafstandboodskapper genaamd Phidippides. Voor die v...  Read More
Gekonfronteer met jouself
on November 8th, 2022
geskryf deur Zander Saterdagaand, tydens ons gemeente se jaarlikse retreat, kyk ons die inspirerende film, "The Way" van Martin Sheen en sy seun, Emilio Estevez. Die film van die bekende akteurs uit Hollywood vertel die storie van 'n pa wat deur die dood van sy seun moes werk. Sy seun is oorlede in slegte weersomstandighede op die camino. Hy het die wêreldbekende pelgrimstog vanaf St. Jean Pied-du...  Read More
Roeping
on November 8th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dis daardie tyd van die jaar – eksamentyd. Vir enige graad 11- of 12- leerder is dit seker een van die belangrikste tye van die jaar. Die druk is hoog. Dis ‘n kwessie van haal diep asem en maak jou handboek oop! Sou hulle hard leer en fokus, gaan eksamentyd oorwaai en is hulle een stap nader aan ‘n droomwerk.Dit laat my sommer dink aan ons werke.‘n Werk is iets met ...  Read More
My Vader werk tot nou toe
on October 26th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Wonderwerke het my nog altyd gefassineer. Hoe presies het dit gebeur dat Jesus 5000 mense kon kos gee? Hoe moes dit nie gewees het om te sien hoe Jesus op die water geloop het nie. Ander mense is soms opgewonde om te hoor dat Jesus se eerste wonderwerk was om water in wyn te verander. Dis mos ‘n groenlig om lekker partytjie te hou.Maar ek dink ons moet altyd onthou d...  Read More
Kan jy iets gee as jy niks het nie?
on October 12th, 2022
geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen Dit hang seker af van jou definisie van wat "iets" of "niks" beteken. Ons begin Sondag met ons nuwe Tiendemaand-reeks. Ons pak dit bietjie anders as gewoonlik aan deur vir drie weke lank dieselfde gelykenis te bestudeer. Ons noem so 'n proses "wandel in die Woord". Wanneer 'n mens herhaaldelik dieselfde gedeelte in die Bybel lees, gebeur daar iets met jou...  Read More
Wag op die Here
on September 28th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dis een van daai vinnige advies sinnetjies wat ons so maklik uitdeel wanneer iemand deur ‘n uitdagende tyd gaan: “Wag op die Here,” of “Die Here se tyd is nie ons tyd nie,” Maar wat beteken hierdie sin werklik?Psalms 27: 14 sê dit ook:Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja wag op die Here! (2020 vertaling)Die 83 vertaling verwoord dit anders. Dit sê: “Vertrou o...  Read More
Met Woord en saad
on September 21st, 2022
geskryf deur Ds Wouter van WykLukas 8:4-15 Thomas Merton sê dat elke oomblik en elke gebeurtenis van elke mens se lewe op aarde, ‘n oomblik is waar daar iets in jou siel geplant word. Want net soos die wind duisende sade oor die aarde dra, so bring elke lewens oomblik sade van geestelike lewenskragtigheid mee wat onmerkbaar in die gedagtes en die wil van mense tot rus kom. Die meeste van hierdie s...  Read More
‘n Toekoms groter as ons verlede
on September 13th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn As jy mooi luister om braaivleisvure en by kuiers, hoor jy hoe vriende hulle herinneringe deel. Daar is iets aan hierdie stories wat vertel word, wat wys wie ons is en wat ons gevorm het. Soms is dit lekkerder om saam te lag oor die verlede as om te dink oor die toekoms…Die Bybel wil ons egter ‘n totaal ander denkpatroon gee oor die toekoms.Die brief van 1 Johannes begi...  Read More
Die goue reël
on September 6th, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ek stap baie oggende by my kantoor in en dan wag 'n geskenkie vir my. Gister was dit 'n houertjie lekkers saam met 'n nota: "Onthou die beste dinge in die lewe is gratis: geluk en vreugde!” Dit is 'n gereelde verrassing in my lewe hierdie jaar, want ons kantoor het 'n "spook" speletjie onder die personeel. Aan die begin van die jaar trek jy 'n naam en dan ...  Read More
Nes jou Pa!
on August 30th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dit kan maklik ‘n belediging wees. Daai ses woordjies wat jy in irritasie aan iemand toesnou: “Jy is nou nes jou pa/ma!”Dis een van daai klassieke sinne wat groot konflik veroorsaak in TV programme, want almal kan daarmee vereenselwig.Ons almal het sulke dinge waarmee ons net nie toegesnou wil word nie. Iets wat jou ouers doen of gedoen het wat jy net asseblief nie ...  Read More
Geloof as bewys
on August 24th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Ons leef in ‘n wêreld waar dit daagliks vir mense moeiliker raak om te glo. Aan die een kant word die wetenskap gebruik as ‘n rede waarom geloof onmoontlik is. Wetenskap verklaar baie dinge wat tradisioneel slegs deur ‘n geloofsbril gesien is. Ander mense sukkel weer om te glo as gevolg van al die swaarkry en lyding in die wêreld. Hoe kan daar ‘n God wees wat sulke d...  Read More
Klinkende simbale...
on August 17th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Kor. 13:1 “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.”  Luister vir ‘n oomblik hoe dit om jou klink…Wat is die geluide waarvan jy bewus word? Is daar dalk soveel verskillende geluide om jou, dat jy nie eers almal inneem en regtig hoor nie? “Misophonia” – Dit is ‘n term wat ...  Read More
Is daar nog iets om oor fees te vier?
on August 9th, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die stemme oor die stand van sake in die wêreld en in Suid Afrika skree nou nie juis uit volle bors, "Kom ons vier fees!", nie. Ek moet erken - elke keer as ek brandstof moet ingooi is daar in my binnekant ook maar 'n stemmetjie wat moedeloos sug. Dit is nie uniek aan ons land nie. Gesels maar met 'n paar vriende oorsee en jy sal die bekommernisse in hulle...  Read More
Speel jy dood?
on August 2nd, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Opossums is interessante diere. Hierdie diertjie is bekend daarvoor dat wanneer hulle bedreig voel, speel hulle dood. Dit is eintlik ‘n onwillekeurige reaksie. In tye van gevaar of konfrontasie gaan ‘n Opossum in skok wat veroorsaak dat die liggaam pap raak of selfs stokstyf word en dit kom voor of die dier dood is.Hierdie reaksie kan ‘n Opossum se lewe red, maar di...  Read More
Tafelgesprekke
on July 26th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Matteus 15:21-28Ek vermoed die tafel is amper so oud soos die mens. Ek kan my so verbeel dat Eva een oggend tussen die 8e dag en die sondeval vroegoggend vir Adam uit die vere loop haal het. Letterlik die vere, beddens was nie toe al nie. Adam het opdrag gekry om sy grootste vyeblaar aan te trek want die son was besonder warm en Eva is nie kansvatterig nie. Dan moes ...  Read More
Hoop in ons
on July 20th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Petrus 3:16 “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.”Dis die begin van die 2de semester en so stelselmatig word ons dae bietjie langer en die koue om ons bietjie minder. Op ‘n manier voel hierdie tyd altyd soos ‘n klein, nuwe begin – so in die middel van die jaar.Om my hoor ek baie stemme w...  Read More
Die krag van 'n storie agter 'n liedjie
on June 21st, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ek het die voorreg om weekliks GrootFM se Gospel Top 10 aan te bied. Dit het die afgelope tyd deel van my bediening geword. Ek geniet dit om meer as een rede: ek is iemand wat nog altyd glo in die krag van musiek en lirieke; die musiek is inspirerend (ek luister self in my kar daarna deur die week); en ek word gedwing om na nuwe musiek te luister wat ek ni...  Read More
Rebelse Roetine
on June 14th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Daar is ‘n klein bietjie rebellie in elkeen van ons. Iets wat jou opstandig maak. Iets waaroor jy sterk voel. Soms het ons ook roetines waarin hierdie rebellie uitspeel.Dink vir ‘n oomblik aan jou dag. Hoe lyk jou roetine? Watter dinge is deel van jou roetine wat vir jou energie gee? Wat doen jy om jouself te bemagtig? Hoe is God deel van jou roetine?Jesus het ook ‘...  Read More
   NewerOlder