Rebelse Roetine
on June 14th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Daar is ‘n klein bietjie rebellie in elkeen van ons. Iets wat jou opstandig maak. Iets waaroor jy sterk voel. Soms het ons ook roetines waarin hierdie rebellie uitspeel.Dink vir ‘n oomblik aan jou dag. Hoe lyk jou roetine? Watter dinge is deel van jou roetine wat vir jou energie gee? Wat doen jy om jouself te bemagtig? Hoe is God deel van jou roetine?Jesus het ook ‘...  Read More
Nul tot tien
on June 8th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk 2 Korintiërs 12:1-10 Die wêreld bestaan uit twee verskillende soorte mense. Die “10 tot 0 mense” en die “0 tot 10 mense”.Die “10 tot 0 mense” begin hulle dag met ‘n 10. Die son skyn, jy het lekker geslaap, jy is tevrede met die huis waarin jy woon. Maar dan gebeur daar iets wat jou dag omkrap. Jy laat jou tandeborsel val, jy sit in die verkeer vas op pad werk toe en ...  Read More
Perspektief
on May 31st, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn In Handelinge 16 lees ons dat Paulus en Silas lyfstraf ontvang het. Net na die lyfstraf, lees ons: “Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.” (Handelinge 16:25) Hierdie gedeelte laat my altyd regop sit en wonder hoe het hulle hierdie perspektief behou?Edith Eva Eger, wat die strafkampe van Auschwitz oorleef het, vertel dat sy twee s...  Read More
Hemelvaart
on May 26th, 2022
geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen Handelinge 1:1-11 Ons vier hierdie week Hemelvaart. Kinders by skole laat ballonne los om in die hemel te verdwyn. Christene kom bymekaar in eredienste om die weggaan van Jesus te vier en ons lees sosiale mediaboodskappe wat vertel van die hoop dat Jesus eendag weer sal terugkom.Dalk sukkel jy 'n bietjie met die verhaal van Hemelvaart in die jaar 2022. Ek...  Read More
'n Glasvloer
on May 17th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Het jy al ooit gevoel asof niks meer sin maak nie? Dit waarvan jy nog altyd oortuig was, is jy nie meer seker van nie. Was jy al totaal en al lam gelaat deur die manier waarop dinge uitgedraai het? Jy het nooit gedink die lewe gaan so uitspeel nie.Jou vrae word meer en meer en die antwoorde raak al hoe meer vaag.Waaraan kan jy vashou?Dit laat my dink aan Petrus wat ...  Read More
Moedersdag
on May 11th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Die Rooms Katolieke Kerk het ‘n teks wat hulle dikwels tydens hulle dienste gebruik en ook sing. Die teks is getiteld “Salve Regina” met die volgende woorde in Latyn:Salve Regina mater misericordiae: vita, dulcedo, et spes nostra, salve (Koningin, moeder van barmhartigheid: ons lewe, ons troos, ons hoop, ons groet u).In ons tradisie is ons nie altyd (en ek oordeel te...  Read More
Wat Johannes kies om te vertel…
on May 4th, 2022
geskryf deur Ds. Karin Steyn Na Paasfees is dit altyd vir my spesiaal om al die verhale rondom Jesus se opstanding te lees. Dit help nogal om ‘n prentje te vorm van almal se reaksies teenoor die opstanding. Daar is dan ook twee prentjies wat by my bly. Die dissipels wat in die bo-kamer wegkruip en Jesus wat op die strand ‘n vissie braai. Dalk is dit omdat beide van hierdie optredes vir my so vreem...  Read More
Goed!
on April 19th, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die Hebreeuse woord "tov" is 'n klein woordjie met 'n groot betekenis. Jy het waarskynlik al die uitdrukking "mazel tov" gehoor. In Hebreeus beteken dit sterkte of voorspoed. Jy sou dit in Engels kon vertaal as "good luck".Ons gebruik baie maklik die woord "goed". Ons sal vinnig sê: "Dit gaan goed!". Ons sal maklik sê die rugbywedstryd was "goed" of die aa...  Read More
Paasfees – 'n tyd van onthou
on April 12th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dit begin by die eksodus - sonder hoop, met God nêrens te vinde nie.Dan verander dit – álles gaan anders wees want God het die trane van mense raakgesien.Ons ken die storie goed – Moses wat by die farao pleit; die plae en die lam wat geslag word en inderhaas geëet word. Hierdie ete word ‘n jaarlikse ritueel – ‘n herinnering dat God die Israeliete se pyn raakgesien h...  Read More
Die Here alleen weet
on April 6th, 2022
geskryf deur Ds. Wouter van Wyk Teks: 2 Samuel 18:24 – 19:8Met die tragedie wat die afgelope week in ons gemeente gebeur het, kom die woorde by my op: Die Here alleen weet.Wat beteken hierdie woorde? Die Here alleen weet. Vir my beteken dit ‘n baie diep eensaamheid. Niemand weet wat ek hierbinne my voel nie. Niemand weet hoe ek hierbinne voel nie. Niemand kan hulself in my skoene plaas nie. Ek is ...  Read More
Onrustige hart...
on March 15th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn Die Duitse kunstenaar, Käthe Kollwitz, maak in 1937 hierdie beeld van ma’s wat in ‘n sirkel oor hulle kinders waak om hulle teen die wreedheid van oorlog te beskerm. Dis een van die kragtigste anti-oorlogskunswerke na die Tweede wêreldoorlog. Kenners sê dat kuns na die oorloë al hoe donkerder geword het oor die toestand waarin die mensdom haarself bevind het.So ‘n week ...  Read More
Twyfel jy soms in jouself?
on March 8th, 2022
Geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die afgelope Sondagaand het ek ‘n radio-onderhoud met Johann Voges gevoer. Johann is die skrywer van ‘n nuwe boek “Anderkant twyfel – Kreukelgedagtes oor lewe en dood” (en toevallig my oud-kollega). Die boek is die produk van Johann se verhaal oor die verlies van ‘n dogter baie jare gelede en onlangs die afsterwe van sy vrou, Martie, na ‘n lang kankerstryd...  Read More
Moet, As en Wanneer
on March 1st, 2022
Geskryf deur Prop. Olga LudwickMoetAsWanneerHoe laat hierdie woorde jou voel?‘Moet’ is gewoonlik wanneer jy nie ‘n keuse het nie. Dit is verpligting of ‘n verantwoordelikheid en staan in kontras met dit wat jy eintlik wil doen.‘As’ is ‘n onsekerheid. Dit kan iets wees wat jy hoop gebeur óf dis die slegste moontlike uitkoms waarvoor jy gereed maak.‘Wanneer’ is voorwaardelik. Indien iets gebeur dan ...  Read More
Seuns van Sebedeus
on February 22nd, 2022
Matteus 4:18-22 deur Ds Wouter van Wyk Sondagaand het ek die belydenisgroep in Lectio Divina (letterlik – “heilige lees”) begelei. Ons lees toe hierdie gedeelte in Matteus 4 saam. Die bedoeling van lectio divina is dat ‘n mens elke woord in die teks nuut lees, dat jy by elke woord sal stilstaan en daaroor nadink.Ek het dit al baie gedoen met hierdie teks. Vir die soveelste keer is ek verbaas deur ...  Read More
Die liefde
on February 15th, 2022
Romeine 8 geskryf deur Ds Karin Steyn Die afgelope paar weke is alles in die winkels rooi en vol hartjies. Eergister was dit te kostelik om te sien hoe van die laerskool kinders met beertjies en kaartjies en ‘n ekstra huppel in hulle stap uitkom by die hekke na skool. Ek hoor hoe ‘n donkerkop seuntjie vir sy ma sê: “Mamma, ek dink daar is iemand wat van my hou…” en ek kan nie help om te glimlag wa...  Read More
Water
on February 8th, 2022
Johannes 7:37-39Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenDie wolke trek saam. Die reën val en die aarde sluk dit in. Dit stroom in die paaie af. Tussen deur gras en bome spoel dit weg in slote en gate. Die lug word gesuiwer en die stof verdwyn. Ons drink dit om ons dors te les. Dit weerkaats die sonskyn en die lig. Dit skep nuwe lewe.Die afgelope tyd is reën omtrent weekliks (selfs daagliks) deel...  Read More
Daag op!
on February 1st, 2022
Matteus 11:28-30Geskryf deur Prop. Olga LudwickMet die kalender wat ‘n nuwe blaaitjie omgeslaan het, besef ons dat hierdie jaar met ‘n ‘bang’ begin het. Ons ervaar die opgewondenheid en hoop wat saam kom met die nuwe moontlikhede en die belofte wat hierdie jaar inhou. Ons ontdek weer opnuut ou spasies en sien skielik nuwe spasies raak.Maar hierdie opgewondenheid en belofte wat tasbaar in die lug i...  Read More
Baie geluk!
on January 25th, 2022
Romeine 3:21-31Geskryf deur: Ds Wouter van WykHoe gereeld het jy al die uitdrukking “baie geluk” gebruik?Baie geluk met jou keuring vir universiteit.Baie geluk met jou atletiekprestasie.Baie geluk met jou verlowing.Baie geluk met die aankondiging van jul swangerskap.Ons gebruik al hierdie uitdrukkings wanneer mense een of ander vorm van prestasie behaal het waar hulle hulself onderskei het. Hierdi...  Read More
Iewers moet almal STOP
on January 18th, 2022
Geskryf deur Ds. Karin SteynDie jaar het nou behoorlik afgeskop en almal is terug in al ons roetines. Van hulle voel bekend en gee rustigheid. Ander gee nuwe energie omdat ons reeds twee jaar lank daarna verlang. Tog is daar so ‘n gevoel van “oorweldig wees” wat klaar oor jou skouers kom hang.Die Israeliete was bang om honger te word as hulle dalk die kans vat om vir een dag, elke week, op te hou ...  Read More
Soos jy is!
on January 11th, 2022
Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenHier is dit! Die groot 2022. Die jaar skop vandag met ‘n groot gedruis af. Anders as laasjaar, toe ons telkens moes uitstel en onder regulasies gebuk moes gaan, begin 2022 selfversekerd. Ek moet sê – dit skep ‘n sug van verligting en opgewondenheid om uit te sien na ‘n nuwe jaar.Ons gemeente begin hierdie jaar vol opgewondenheid met ‘n jaartema wat diep in...  Read More
Die laaste boodskap
on November 23rd, 2021
Geskryf deur Dr. Zander van der WesthuizenDie afgelope Sondag het ons as gemeente saam fees gevier. Elkeen kon iets beleef van die veertigjaar-gemeentefees wat ons nie in Augustus kon vier nie. Lewendige Kersmusiek het harte aangespreek en elkeen kon beleef hoe dit voel om weer almal saam te wees. Dit was ‘n ongelooflike ervaring!Die grootste verrassing van ons Kers-Fees was die dag se geskenk: al...  Read More
Hou bene hou...
on November 16th, 2021
Esegiël 37Geskryf deur Ds. Karin SteynHierdie tyd van die jaar is ons bene lam. Droë bene. Ou bene. Moeë bene.Ek lees die week dat daar iets soos Novemberitis is. Dis die kondisie veroorsaak deur ‘n jaarlange aaneenhoudende opbou as gevolg van ‘n ononderbroke patroon van fisiese en emosionele arbeid. Diegene wat daaraan ly wys tekens van sosiale filter gebrek, taktloosheid, lostongsindroom en ‘n g...  Read More
Feeste en tempels
on November 9th, 2021
Jesaja 55:1-13In die antieke tyd is daar feeste gevier elke keer wanneer ‘n tempel voltooi is. Dan sou al die mense bymekaar gekom het en saam geëet het. Die voltooiing van ‘n tempel sou vir hulle ‘n simbool van vooruitgang en sekuriteit gewees het. Hierdie gode kyk nou na die stad en verseker die stad se vooruitgang.Israel het nie anders hieroor gedink nie.Vir die Jode wat egter in ballingskap ge...  Read More
Wys jou lyf
on November 2nd, 2021
Galasiërs 6:9 & Jakobus 2:14-26Geskryf deur Prop. Olga LudwickDink aan ‘n keer toe jy angstig was. Dalk moes jy ‘n toespraak voor ‘n groep mense lewer of moeilike nuus met iemand deel. Wat het in jou lyf gebeur?Het jou hart vinniger begin klop?Jou hande gesweet?Jou maag draaie gemaak?Angs is iets wat in jou kop is. Dit is jou gedagtes oor omstandighede waarvan jy die uitkoms nie ken nie wat maak d...  Read More
   NewerOlder