Is jy nog opgewonde oor die Here?
on September 6th, 2023
Geskryf deur Zander van der Westhuizen My studentedae was 'n tyd van ongelooflike geestelike ervarings en bediening. Ek onthou hoe ons die land vol getoer het om jong mense met die liefde van die Here te bedien. Ek het in hierdie tyd besef hoe die Here werklik in mense se lewens werk op maniere wat buite my verwysingsraamwerk was. Ons het baie tyd spandeer om in bedieningsgroepe saam te bid, voor ... Read More
Dinge van die lewe
on August 29th, 2023
In 2020 het ek baie tyd saam met ‘n tweejarige spandeer. Ons het op verbeeldingsavonture gegaan en baie geselsies aangeknoop. Een middag sit ons in die sandpunt en maak tee. Terwyl ek tee skink sê my gas vir my: “Kom ons gesels oor die dinge van die lewe.” Ek het nie hierdie onderwerp van bespreking verwag nie. Ek het ook nie ‘n benul wat die dinge van die lewe veronderstel is om te wees nie. Nog ... Read More
Die lewe is keuses
on August 22nd, 2023
geskryf deur Ds Wouter “Die lewe is keuses.”So het ons buurman altyd gesê wanneer ek en sy seun gekla het oor besige skedules.Natuurlik is dit waar. Ek is besig as gevolg van sekere keuses wat ek maak. Elke keuse het verskillende gevolge wat soms tegelyk goed en sleg kan wees. Vir party mense kan hierdie keuses dikwels ‘n probleem wees. Te veel keuses kan lei tot ‘n gevoel van angs en onsekerheid.... Read More
Sout en lig
on August 16th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn Die antieke wêreld was vol simboliek.Simboliek was gebruik om idees, konsepte en kwaliteite te beskryf. Daar was dus altyd meer as die basiese interpretasie van die woord. Daar was ‘n dieper verstaan agter dit. Vandag praat ons steeds partykeer só – ons verstaan van sekere woorde het wel kultureel al verander.So staan ek laas week in ‘n gesprek waar iemand ‘n gesin besk... Read More
Die Here bly (gelukkig) besig met ‘n mens.
on August 1st, 2023
Geskryf duur Dr. Zander van der WesthuizenEk is self al moeg vir die woord "besig". Ek wil die woord in 'n asblik gooi of iewers uit my "per-ongeluk-gebruik" daaglikse interaksie uithaal - maar voor my brein 'n plaasvervanger kon vind, sluip dit maar net weer in 'n gespek in.Die rede is voor die handliggend. Daar is nie 'n oomblik tyd nie. Bouprojek. Fees. Begrotings. Skole. Preke. Pastoraat. Gesi... Read More
Donker en Lig
on July 25th, 2023
Geskryf duur Dr Zander Van der Westhuizen Ons kyk so dikwels na die nuusopskrifte en wonder wat word van die wêreld. As jy braaf is en die kommentaar daarop lees, dan wonder jy nie eers wat van die wêreld word nie, jy weet sommer dat dinge in die wêreld baie stukkend is.As gelowige, lees ek die dinge en wonder wat dit vir ons as gelowiges beteken. Moet ek in ‘n hopie sit en huil? Moet ek my sake i... Read More
U deurgrond my
on July 19th, 2023
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Psalm 139Ken jy daardie gevoel wanneer jy jou skoene uittrek nadat jy ‘n dag lank in die tuin gewerk het? Ek praat nie van die moegheid nie. Ek praat van daai gevoel wat jy kry van die grond wat in jou sokkies ingewurm het. Jy voel dit sommer so tussen jou tone. Dikwels is daar selfs ‘n lyn van stof daar waar jou sokkies die dag deurgebring het. Ek wonder of daar ‘n ... Read More
Opreg
on June 21st, 2023
Geskryf duur Karin Steyn “WEES DAN OPREG…SOOS DIE DUIWE.” -MATTEUS 10:16Daar is darem niks soos kinderlike eerlikheid nie. Hulle sê ‘n ding net soos wat hulle dit sien. Ek dink elke ouer kan oulike-absoluut-eerlike stories vertel uit die mond van hulle kleuters. So bietjie later in die lewe leer ons dat daar ‘n groot verskil is tussen reg wees en opreg wees.My oupa het altyd gesê: ‘n Opregte mens ... Read More
'n Ode aan daardie lidmaat
on June 13th, 2023
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die oond vat langer om warm te word in die winter. Sy stel dit altyd 190℃ dan weet sy die temperatuur is reg. Dit is haar ma se koekie-resep. Werk soos 'n droom.Sy pak die meel, die suiker, die botter en al die vuil skottelgoed gou weg. Sy hou daarvan dat haar huis netjies bly want daar stap altyd mense by haar in om te kom kuier.Sy het 25 minute vir haars... Read More
Wat maal in jou kop?
on June 6th, 2023
Ons lewens is saamgestel uit stories. Ons eie én ander s’n. Stories oor dit wat óm ons gebeur en mét ons gebeur. Die stories van ander laat ons ook dikwels dinge in ons eie stories bevraagteken. In dit alles, deel ons ook ‘n groter storie.Die laaste ruk voel dit vir my asof ‘n klomp van ons besig is om ‘n hoofstuk van frustrasie, mismoedigheid, wanhoop en woede te skryf.Die dinge wat rondom ons ge... Read More
Die genade van 'n hand wat opskiet
on May 31st, 2023
geskryf deur Ds. Wouter van Wyk In die Universiteitskoor waarin ek gesing het, was daar ‘n reël: wanneer jy ‘n fout maak wanneer jy sing, moet jy jou hand opsteek. Indien die dirigent jou hand sien, dan weet hy dat jy weet jy het ‘n fout gemaak, dan hoef hy nie te stop nie, want jy weet waar jou fout is, en sal volgende keer daaraan werk. Maar as jy nie jou hand opsteek nie, moet hy stop. Die gevo... Read More
Jou liggaam
on May 24th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn Luk 13:10-17Jesus het op ‘n Sabbat na ‘n Joodse bidplek toe gegaan om die mense te leer. Daar was ‘n vrou tussen die mense wat agtien jaar lank baie siek was. Toe Jesus haar sien, sê Hy vir haar: “Ek het goeie nuus vir jou: Van nou af is jy gesond!” Jesus het sy hand op haar gesit, en sy het dadelik regop gestaan.As ek die verhaal lees waar Jesus ‘n vrou se rug genees –... Read More
Asem
on May 17th, 2023
geskryf deur Zander van der Westhuizen Prof Chris de Wet bied een keer per maand saam met my 'n program op die radio aan. Ons gesels oor die Bybel. Die afgelope Sondagaand het ons op die ontstaan van die Nuwe Testament gefokus. Chris is 'n kenner op dié gebied. Hy verduidelik die kompleksiteit van die ontstaan van dit wat ons die "kanon" noem. Ons gesels oor die tydperke, die fisiese papirus waaro... Read More
Road Rage
on May 10th, 2023
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Ons almal het dit – al is dit net so klein bietjie. Ek hou daarvan om te dink dat ek vreeslik lankmoedig is, maar van tyd tot tyd vang ek myself dat ek nie so geduldig is met die groot karre wat my klein karretjie uit die pad druk of ‘n taxi wat van doer af kom en voor my in ry nie. Almal raak maar soms ongeduldig.Dit laat my toe dink aan mense se ooreenkomste en ve... Read More
Die groot dieet
on May 2nd, 2023
geskryf deur Ds Wouter 1 Petrus 2:1-10Ek haat dit om op 'n dieet te wees. Ongelukkig is dit ook so dat ek na 'n langnaweek van lekkers, koekies en koek, nie veel van 'n keuse het nie. Maar genugtig, dis moeite. Die vroeg opstaan om “gym” toe te gaan. Alles uit jou dieet uitsluit wat lekker is. Alles insluit wat sleg is. En dit alles net om 'n paar kilogram te verloor. Ten spyte hiervan doen baie ... Read More
Die lewe is ‘n sirkus…en ons het elkeen ons eie apies.
on April 26th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn “Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.” – Gal 6:2Familie. Wat beteken dié woord vir jou?Is dit dalk die groep mense tussen wie jy geborge voel? Die plek waar jy inpas en liefde ervaar? Of is dit dalk die vreemdste groep mense en jy kon nog nooit verstaan hoe jy hier inpas nie?In die laaste ruk het ek lekker gelag vir boodskappie... Read More
Seker wensdenkery?
on April 18th, 2023
Geskryf deur Zander van der Westhuizen Ek trou onlangs 'n paartjie in die Magaliesberge. Die grondpad is lank en steil van die teerpad af tot bo by die pragtige trou-venue. Na die seremonie pak ek die lang kronkelpad terug na die hoofpad weer aan. Dit is 'n beeldskone middag. Die son begin sak en die akoestiese musiek op my luidsprekers maak dit 'n idilliese Afrika-oomblik. 'n Plaaswerker beduie v... Read More
Die uitnodiging
on April 11th, 2023
geskryf deur Prop. Olga LudwickStel jou voor Jesus kom eet by jou. Wat sal jy vir hom gaarmaak? Waar sal julle aansit? Sal jy jou Carol Boyes messegoed blink vryf vir die geleentheid? Of sal die geleentheid dalk te groot wees om by jou huis te hou?Jesus het graag saam met mense geëet. Aan hoeveel mense kan jy dink?Een só besonderse verhaal van Jesus wat saam met mense eet, lees ons in Markus 2:13-... Read More
Gee julle iets vir hulle
on March 21st, 2023
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Mense hou nie normaalweg daarvan om swaar te kry nie. Die uitsondering hierop is fietsryers en marathonatlete, maar kom ons tel hulle nie op hierdie oomblik nie. Dit is normaal vir mense om swaarkry te probeer vermy. Maar vermyding van swaarkry kan iets anders tot gevolg hê. Dit kan maak dat ons in ‘n kultuur van skaarsheid verval. Die kultuur van skaarsheid is die o... Read More
Net soos Hy...
on March 14th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn Jesus was ‘n man vir spesiale ontmoetings. Soos ons Sy voetstappe volg deur die Nuwe Testament sien ons hoe Hy oral waar Hy gaan in elke dorpie nuwe ontmoetings het. Hy was nie skaam om met mense te gesels nie. Enige iemand – maak nie saak wat hulle status was nie. Hy het gestop en gesels.Hy sien die vrou by die put raak, die man in die boom, die verlamde by die bad, di... Read More
Lyding en Lewe
on March 8th, 2023
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Olga het my laat dink. Tydens een van ons kapeldienste op 'n Maandagoggend, deel sy 'n aanhaling van Janet Griffin wat sy op sosiale media raak gelees het:“Jesus would probably laugh. One of the best sermons we ever heard about Lent came from a Priest who took a whole new approach to the idea of giving up things for Lent. "Jesus would probably laugh at us ... Read More
In die skadu van die kruis
on February 28th, 2023
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Soms raak ons besig. Ons raak baie besig met die praktiese dinge van die lewe – kinders by hulle honderde aktiwiteite kry; kos maak; inkopies doen; by sperdatums hou; saam met familie en vriende kuier; die lys gaan aan. Hierdie dinge hou ons so besig dat ons dikwels te gedaan is om ook nog ‘n plek vir God te vind. Dis nie dat ons nie bid of Bybel lees nie – dis mos ... Read More
Maar is dit regverdig?
on February 22nd, 2023
Genesis 2:18-25 geskryf deur Ds Wouter Van Wyk Elke ouer ken die neulende kreet van ‘n kind: “Maar dis unfair!!!” Gewoonlik gaan dit gepaard met wie die meeste roomys gekryhetof wie die langste beurt met die TV se afstandbeheer gehadhet. Om al hierdie onderonsies telkens te hanteer, verg baie emosionele intelligensie. Soms wil ek net antwoord met die cliché wat heeltemal oor ‘n 4-jarige se kop gaa... Read More
'n Manier van die hart
on February 14th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Joh. 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Iewers in die laaste paar weke het jy seker die rooi hartjies gesien …In die tyd voor Christus het die Romeine op 15 Februarie ʼn liefdesfees gevier. Tydens dié fees het ʼn seun die naam van ʼn dogter uit ʼn kruik getrek en dan die hele jaar by dié dogter gekuier. Daar is onsekerheid oor die presiese oorsprong... Read More