Die groot dieet
on May 2nd, 2023
geskryf deur Ds Wouter 1 Petrus 2:1-10Ek haat dit om op 'n dieet te wees. Ongelukkig is dit ook so dat ek na 'n langnaweek van lekkers, koekies en koek, nie veel van 'n keuse het nie. Maar genugtig, dis moeite. Die vroeg opstaan om “gym” toe te gaan. Alles uit jou dieet uitsluit wat lekker is. Alles insluit wat sleg is. En dit alles net om 'n paar kilogram te verloor. Ten spyte hiervan doen baie ... Read More
Die lewe is ‘n sirkus…en ons het elkeen ons eie apies.
on April 26th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn “Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.” – Gal 6:2Familie. Wat beteken dié woord vir jou?Is dit dalk die groep mense tussen wie jy geborge voel? Die plek waar jy inpas en liefde ervaar? Of is dit dalk die vreemdste groep mense en jy kon nog nooit verstaan hoe jy hier inpas nie?In die laaste ruk het ek lekker gelag vir boodskappie... Read More
Seker wensdenkery?
on April 18th, 2023
Geskryf deur Zander van der Westhuizen Ek trou onlangs 'n paartjie in die Magaliesberge. Die grondpad is lank en steil van die teerpad af tot bo by die pragtige trou-venue. Na die seremonie pak ek die lang kronkelpad terug na die hoofpad weer aan. Dit is 'n beeldskone middag. Die son begin sak en die akoestiese musiek op my luidsprekers maak dit 'n idilliese Afrika-oomblik. 'n Plaaswerker beduie v... Read More
Die uitnodiging
on April 11th, 2023
geskryf deur Prop. Olga LudwickStel jou voor Jesus kom eet by jou. Wat sal jy vir hom gaarmaak? Waar sal julle aansit? Sal jy jou Carol Boyes messegoed blink vryf vir die geleentheid? Of sal die geleentheid dalk te groot wees om by jou huis te hou?Jesus het graag saam met mense geëet. Aan hoeveel mense kan jy dink?Een só besonderse verhaal van Jesus wat saam met mense eet, lees ons in Markus 2:13-... Read More
Gee julle iets vir hulle
on March 21st, 2023
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Mense hou nie normaalweg daarvan om swaar te kry nie. Die uitsondering hierop is fietsryers en marathonatlete, maar kom ons tel hulle nie op hierdie oomblik nie. Dit is normaal vir mense om swaarkry te probeer vermy. Maar vermyding van swaarkry kan iets anders tot gevolg hê. Dit kan maak dat ons in ‘n kultuur van skaarsheid verval. Die kultuur van skaarsheid is die o... Read More
Net soos Hy...
on March 14th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn Jesus was ‘n man vir spesiale ontmoetings. Soos ons Sy voetstappe volg deur die Nuwe Testament sien ons hoe Hy oral waar Hy gaan in elke dorpie nuwe ontmoetings het. Hy was nie skaam om met mense te gesels nie. Enige iemand – maak nie saak wat hulle status was nie. Hy het gestop en gesels.Hy sien die vrou by die put raak, die man in die boom, die verlamde by die bad, di... Read More
Lyding en Lewe
on March 8th, 2023
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Olga het my laat dink. Tydens een van ons kapeldienste op 'n Maandagoggend, deel sy 'n aanhaling van Janet Griffin wat sy op sosiale media raak gelees het:“Jesus would probably laugh. One of the best sermons we ever heard about Lent came from a Priest who took a whole new approach to the idea of giving up things for Lent. "Jesus would probably laugh at us ... Read More
In die skadu van die kruis
on February 28th, 2023
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Soms raak ons besig. Ons raak baie besig met die praktiese dinge van die lewe – kinders by hulle honderde aktiwiteite kry; kos maak; inkopies doen; by sperdatums hou; saam met familie en vriende kuier; die lys gaan aan. Hierdie dinge hou ons so besig dat ons dikwels te gedaan is om ook nog ‘n plek vir God te vind. Dis nie dat ons nie bid of Bybel lees nie – dis mos ... Read More
Maar is dit regverdig?
on February 22nd, 2023
Genesis 2:18-25 geskryf deur Ds Wouter Van Wyk Elke ouer ken die neulende kreet van ‘n kind: “Maar dis unfair!!!” Gewoonlik gaan dit gepaard met wie die meeste roomys gekryhetof wie die langste beurt met die TV se afstandbeheer gehadhet. Om al hierdie onderonsies telkens te hanteer, verg baie emosionele intelligensie. Soms wil ek net antwoord met die cliché wat heeltemal oor ‘n 4-jarige se kop gaa... Read More
'n Manier van die hart
on February 14th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Joh. 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Iewers in die laaste paar weke het jy seker die rooi hartjies gesien …In die tyd voor Christus het die Romeine op 15 Februarie ʼn liefdesfees gevier. Tydens dié fees het ʼn seun die naam van ʼn dogter uit ʼn kruik getrek en dan die hele jaar by dié dogter gekuier. Daar is onsekerheid oor die presiese oorsprong... Read More
Draai die ander wang?
on February 9th, 2023
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ons lees in die Bergrede hierdie bekende woorde van Jesus:“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee ho... Read More
Kerk = Pannekoek
on February 1st, 2023
geskryf deur Prop Olga Ludwick Weeklikse boodskap Teks: 1 Tessalonisense 5:11-15: Dit was in die vakansie en een van daai koue reënerige dae. ‘n Regte boeklees-in-die-bed-dag. ‘n Pannekoekdag. Die weer het my begeester om - vir die eerste keer ooit - self pannekoek te bak.Terwyl ek staan en kyk hoe die deeg borreltjies maak, dink ek aan ‘n blog wat ek onlangs gelees het. Die blog gaan oor die rede... Read More
Era van angstigheid
on January 24th, 2023
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Matteus 8: 23-27 In 1948 het die digter, W.H. Auden, die gedig “Age of anxiety” geskryf as opsomming van die kultuur van sy dag. Hierdie was net na die tweede wêreldoorlog met baie onsekerheid oor die toekoms van die mensdom.Faces along the barCling to their average day:The lights must never go out,The music must always play . . .Let we should see where we are,Lost i... Read More
Ons lewenspoed
on January 17th, 2023
geskryf deur Ds Karin Steyn Matteus 6:30-31Ons het reeds die jaar met ons reeks – BEWEEG - begin. Die reeks help ons om Jesus uit te leef oral waar ons beweeg. Dit nooi ons uit om ons lewe volgens bewegings in te rig sodat ons Jesus kan leef.As ons God verstaan as ‘n God wat aktief in ons en ons wêreld aan die werk is, verstaan ons onsself ook as sy aktiewe volgelinge wat elke dag in gehoorsaamhe... Read More
Beweeg!
on January 10th, 2023
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Verbeel jou die hele wêreld is God se speelgrond waarbinne jy kan baljaar. Rondom jou is die Here se dansvloer waarop jy kan dans. Die hele skepping is die Here se ruimte waarbinne jy soos 'n kunstenaar aan nuwe kreatiwiteit geboorte kan gee. Die spasie waarbinne jy kan beweeg, is eindeloos! Ons dink dikwels die koninkryk van God is beperk tot die kerkgro... Read More
Heimwee
on November 23rd, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Ek is stout vir ‘n stukkie heimwee. Of soos tant Mimi dit sou sing: “O, ek sien weer die son op die velde en die ewige blou daarbo. En my hart skiet vol van heimwee en my drome swem in my oë”. Selfs tannie Laurika raak ook met tye “O, so sentimenteel”. Om jouself met ‘n stukkie sentiment te verknus, kan selfs Bybels wees. Dit is in elk geval hoe dit vir my lyk as ek ... Read More
Om klaar te maak is hard – om te begin, nog harder…
on November 16th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Kor 9:25 “Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.”‘n Marathon.In 490 v.C. het die inwoners van Athene teen Persië ‘n “Battle of Marathon”gehad. Die legende van Marathon is Herodotus se verhaal van ’n langafstandboodskapper genaamd Phidippides. Voor die v... Read More
Gekonfronteer met jouself
on November 8th, 2022
geskryf deur Zander Saterdagaand, tydens ons gemeente se jaarlikse retreat, kyk ons die inspirerende film, "The Way" van Martin Sheen en sy seun, Emilio Estevez. Die film van die bekende akteurs uit Hollywood vertel die storie van 'n pa wat deur die dood van sy seun moes werk. Sy seun is oorlede in slegte weersomstandighede op die camino. Hy het die wêreldbekende pelgrimstog vanaf St. Jean Pied-du... Read More
Roeping
on November 8th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dis daardie tyd van die jaar – eksamentyd. Vir enige graad 11- of 12- leerder is dit seker een van die belangrikste tye van die jaar. Die druk is hoog. Dis ‘n kwessie van haal diep asem en maak jou handboek oop! Sou hulle hard leer en fokus, gaan eksamentyd oorwaai en is hulle een stap nader aan ‘n droomwerk.Dit laat my sommer dink aan ons werke.‘n Werk is iets met ... Read More
My Vader werk tot nou toe
on October 26th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Wonderwerke het my nog altyd gefassineer. Hoe presies het dit gebeur dat Jesus 5000 mense kon kos gee? Hoe moes dit nie gewees het om te sien hoe Jesus op die water geloop het nie. Ander mense is soms opgewonde om te hoor dat Jesus se eerste wonderwerk was om water in wyn te verander. Dis mos ‘n groenlig om lekker partytjie te hou.Maar ek dink ons moet altyd onthou d... Read More
Kan jy iets gee as jy niks het nie?
on October 12th, 2022
geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen Dit hang seker af van jou definisie van wat "iets" of "niks" beteken. Ons begin Sondag met ons nuwe Tiendemaand-reeks. Ons pak dit bietjie anders as gewoonlik aan deur vir drie weke lank dieselfde gelykenis te bestudeer. Ons noem so 'n proses "wandel in die Woord". Wanneer 'n mens herhaaldelik dieselfde gedeelte in die Bybel lees, gebeur daar iets met jou... Read More
Wag op die Here
on September 28th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dis een van daai vinnige advies sinnetjies wat ons so maklik uitdeel wanneer iemand deur ‘n uitdagende tyd gaan: “Wag op die Here,” of “Die Here se tyd is nie ons tyd nie,” Maar wat beteken hierdie sin werklik?Psalms 27: 14 sê dit ook:Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja wag op die Here! (2020 vertaling)Die 83 vertaling verwoord dit anders. Dit sê: “Vertrou o... Read More
Met Woord en saad
on September 21st, 2022
geskryf deur Ds Wouter van WykLukas 8:4-15 Thomas Merton sê dat elke oomblik en elke gebeurtenis van elke mens se lewe op aarde, ‘n oomblik is waar daar iets in jou siel geplant word. Want net soos die wind duisende sade oor die aarde dra, so bring elke lewens oomblik sade van geestelike lewenskragtigheid mee wat onmerkbaar in die gedagtes en die wil van mense tot rus kom. Die meeste van hierdie s... Read More
‘n Toekoms groter as ons verlede
on September 13th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn As jy mooi luister om braaivleisvure en by kuiers, hoor jy hoe vriende hulle herinneringe deel. Daar is iets aan hierdie stories wat vertel word, wat wys wie ons is en wat ons gevorm het. Soms is dit lekkerder om saam te lag oor die verlede as om te dink oor die toekoms…Die Bybel wil ons egter ‘n totaal ander denkpatroon gee oor die toekoms.Die brief van 1 Johannes begi... Read More