Die goue reël
on September 6th, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ek stap baie oggende by my kantoor in en dan wag 'n geskenkie vir my. Gister was dit 'n houertjie lekkers saam met 'n nota: "Onthou die beste dinge in die lewe is gratis: geluk en vreugde!” Dit is 'n gereelde verrassing in my lewe hierdie jaar, want ons kantoor het 'n "spook" speletjie onder die personeel. Aan die begin van die jaar trek jy 'n naam en dan ... Read More
Nes jou Pa!
on August 30th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dit kan maklik ‘n belediging wees. Daai ses woordjies wat jy in irritasie aan iemand toesnou: “Jy is nou nes jou pa/ma!”Dis een van daai klassieke sinne wat groot konflik veroorsaak in TV programme, want almal kan daarmee vereenselwig.Ons almal het sulke dinge waarmee ons net nie toegesnou wil word nie. Iets wat jou ouers doen of gedoen het wat jy net asseblief nie ... Read More
Geloof as bewys
on August 24th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Ons leef in ‘n wêreld waar dit daagliks vir mense moeiliker raak om te glo. Aan die een kant word die wetenskap gebruik as ‘n rede waarom geloof onmoontlik is. Wetenskap verklaar baie dinge wat tradisioneel slegs deur ‘n geloofsbril gesien is. Ander mense sukkel weer om te glo as gevolg van al die swaarkry en lyding in die wêreld. Hoe kan daar ‘n God wees wat sulke d... Read More
Klinkende simbale...
on August 17th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Kor. 13:1 “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.” Luister vir ‘n oomblik hoe dit om jou klink…Wat is die geluide waarvan jy bewus word? Is daar dalk soveel verskillende geluide om jou, dat jy nie eers almal inneem en regtig hoor nie? “Misophonia” – Dit is ‘n term wat ... Read More
Is daar nog iets om oor fees te vier?
on August 9th, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die stemme oor die stand van sake in die wêreld en in Suid Afrika skree nou nie juis uit volle bors, "Kom ons vier fees!", nie. Ek moet erken - elke keer as ek brandstof moet ingooi is daar in my binnekant ook maar 'n stemmetjie wat moedeloos sug. Dit is nie uniek aan ons land nie. Gesels maar met 'n paar vriende oorsee en jy sal die bekommernisse in hulle... Read More
Speel jy dood?
on August 2nd, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Opossums is interessante diere. Hierdie diertjie is bekend daarvoor dat wanneer hulle bedreig voel, speel hulle dood. Dit is eintlik ‘n onwillekeurige reaksie. In tye van gevaar of konfrontasie gaan ‘n Opossum in skok wat veroorsaak dat die liggaam pap raak of selfs stokstyf word en dit kom voor of die dier dood is.Hierdie reaksie kan ‘n Opossum se lewe red, maar di... Read More
Tafelgesprekke
on July 26th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Matteus 15:21-28Ek vermoed die tafel is amper so oud soos die mens. Ek kan my so verbeel dat Eva een oggend tussen die 8e dag en die sondeval vroegoggend vir Adam uit die vere loop haal het. Letterlik die vere, beddens was nie toe al nie. Adam het opdrag gekry om sy grootste vyeblaar aan te trek want die son was besonder warm en Eva is nie kansvatterig nie. Dan moes ... Read More
Hoop in ons
on July 20th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn 1 Petrus 3:16 “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.”Dis die begin van die 2de semester en so stelselmatig word ons dae bietjie langer en die koue om ons bietjie minder. Op ‘n manier voel hierdie tyd altyd soos ‘n klein, nuwe begin – so in die middel van die jaar.Om my hoor ek baie stemme w... Read More
Die krag van 'n storie agter 'n liedjie
on June 21st, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Ek het die voorreg om weekliks GrootFM se Gospel Top 10 aan te bied. Dit het die afgelope tyd deel van my bediening geword. Ek geniet dit om meer as een rede: ek is iemand wat nog altyd glo in die krag van musiek en lirieke; die musiek is inspirerend (ek luister self in my kar daarna deur die week); en ek word gedwing om na nuwe musiek te luister wat ek ni... Read More
Rebelse Roetine
on June 14th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Daar is ‘n klein bietjie rebellie in elkeen van ons. Iets wat jou opstandig maak. Iets waaroor jy sterk voel. Soms het ons ook roetines waarin hierdie rebellie uitspeel.Dink vir ‘n oomblik aan jou dag. Hoe lyk jou roetine? Watter dinge is deel van jou roetine wat vir jou energie gee? Wat doen jy om jouself te bemagtig? Hoe is God deel van jou roetine?Jesus het ook ‘... Read More
Nul tot tien
on June 8th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk 2 Korintiërs 12:1-10 Die wêreld bestaan uit twee verskillende soorte mense. Die “10 tot 0 mense” en die “0 tot 10 mense”.Die “10 tot 0 mense” begin hulle dag met ‘n 10. Die son skyn, jy het lekker geslaap, jy is tevrede met die huis waarin jy woon. Maar dan gebeur daar iets wat jou dag omkrap. Jy laat jou tandeborsel val, jy sit in die verkeer vas op pad werk toe en ... Read More
Perspektief
on May 31st, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn In Handelinge 16 lees ons dat Paulus en Silas lyfstraf ontvang het. Net na die lyfstraf, lees ons: “Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.” (Handelinge 16:25) Hierdie gedeelte laat my altyd regop sit en wonder hoe het hulle hierdie perspektief behou?Edith Eva Eger, wat die strafkampe van Auschwitz oorleef het, vertel dat sy twee s... Read More
Hemelvaart
on May 26th, 2022
geskryf deur Dr. Zander van der Westhuizen Handelinge 1:1-11 Ons vier hierdie week Hemelvaart. Kinders by skole laat ballonne los om in die hemel te verdwyn. Christene kom bymekaar in eredienste om die weggaan van Jesus te vier en ons lees sosiale mediaboodskappe wat vertel van die hoop dat Jesus eendag weer sal terugkom.Dalk sukkel jy 'n bietjie met die verhaal van Hemelvaart in die jaar 2022. Ek... Read More
'n Glasvloer
on May 17th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Het jy al ooit gevoel asof niks meer sin maak nie? Dit waarvan jy nog altyd oortuig was, is jy nie meer seker van nie. Was jy al totaal en al lam gelaat deur die manier waarop dinge uitgedraai het? Jy het nooit gedink die lewe gaan so uitspeel nie.Jou vrae word meer en meer en die antwoorde raak al hoe meer vaag.Waaraan kan jy vashou?Dit laat my dink aan Petrus wat ... Read More
Moedersdag
on May 11th, 2022
geskryf deur Ds Wouter van Wyk Die Rooms Katolieke Kerk het ‘n teks wat hulle dikwels tydens hulle dienste gebruik en ook sing. Die teks is getiteld “Salve Regina” met die volgende woorde in Latyn:Salve Regina mater misericordiae: vita, dulcedo, et spes nostra, salve (Koningin, moeder van barmhartigheid: ons lewe, ons troos, ons hoop, ons groet u).In ons tradisie is ons nie altyd (en ek oordeel te... Read More
Wat Johannes kies om te vertel…
on May 4th, 2022
geskryf deur Ds. Karin Steyn Na Paasfees is dit altyd vir my spesiaal om al die verhale rondom Jesus se opstanding te lees. Dit help nogal om ‘n prentje te vorm van almal se reaksies teenoor die opstanding. Daar is dan ook twee prentjies wat by my bly. Die dissipels wat in die bo-kamer wegkruip en Jesus wat op die strand ‘n vissie braai. Dalk is dit omdat beide van hierdie optredes vir my so vreem... Read More
Goed!
on April 19th, 2022
geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die Hebreeuse woord "tov" is 'n klein woordjie met 'n groot betekenis. Jy het waarskynlik al die uitdrukking "mazel tov" gehoor. In Hebreeus beteken dit sterkte of voorspoed. Jy sou dit in Engels kon vertaal as "good luck".Ons gebruik baie maklik die woord "goed". Ons sal vinnig sê: "Dit gaan goed!". Ons sal maklik sê die rugbywedstryd was "goed" of die aa... Read More
Paasfees – 'n tyd van onthou
on April 12th, 2022
geskryf deur Prop. Olga Ludwick Dit begin by die eksodus - sonder hoop, met God nêrens te vinde nie.Dan verander dit – álles gaan anders wees want God het die trane van mense raakgesien.Ons ken die storie goed – Moses wat by die farao pleit; die plae en die lam wat geslag word en inderhaas geëet word. Hierdie ete word ‘n jaarlikse ritueel – ‘n herinnering dat God die Israeliete se pyn raakgesien h... Read More
Die Here alleen weet
on April 6th, 2022
geskryf deur Ds. Wouter van Wyk Teks: 2 Samuel 18:24 – 19:8Met die tragedie wat die afgelope week in ons gemeente gebeur het, kom die woorde by my op: Die Here alleen weet.Wat beteken hierdie woorde? Die Here alleen weet. Vir my beteken dit ‘n baie diep eensaamheid. Niemand weet wat ek hierbinne my voel nie. Niemand weet hoe ek hierbinne voel nie. Niemand kan hulself in my skoene plaas nie. Ek is ... Read More
Onrustige hart...
on March 15th, 2022
geskryf deur Ds Karin Steyn Die Duitse kunstenaar, Käthe Kollwitz, maak in 1937 hierdie beeld van ma’s wat in ‘n sirkel oor hulle kinders waak om hulle teen die wreedheid van oorlog te beskerm. Dis een van die kragtigste anti-oorlogskunswerke na die Tweede wêreldoorlog. Kenners sê dat kuns na die oorloë al hoe donkerder geword het oor die toestand waarin die mensdom haarself bevind het.So ‘n week ... Read More
Twyfel jy soms in jouself?
on March 8th, 2022
Geskryf deur Dr Zander van der Westhuizen Die afgelope Sondagaand het ek ‘n radio-onderhoud met Johann Voges gevoer. Johann is die skrywer van ‘n nuwe boek “Anderkant twyfel – Kreukelgedagtes oor lewe en dood” (en toevallig my oud-kollega). Die boek is die produk van Johann se verhaal oor die verlies van ‘n dogter baie jare gelede en onlangs die afsterwe van sy vrou, Martie, na ‘n lang kankerstryd... Read More
Moet, As en Wanneer
on March 1st, 2022
Geskryf deur Prop. Olga LudwickMoetAsWanneerHoe laat hierdie woorde jou voel?‘Moet’ is gewoonlik wanneer jy nie ‘n keuse het nie. Dit is verpligting of ‘n verantwoordelikheid en staan in kontras met dit wat jy eintlik wil doen.‘As’ is ‘n onsekerheid. Dit kan iets wees wat jy hoop gebeur óf dis die slegste moontlike uitkoms waarvoor jy gereed maak.‘Wanneer’ is voorwaardelik. Indien iets gebeur dan ... Read More
Seuns van Sebedeus
on February 22nd, 2022
Matteus 4:18-22 deur Ds Wouter van Wyk Sondagaand het ek die belydenisgroep in Lectio Divina (letterlik – “heilige lees”) begelei. Ons lees toe hierdie gedeelte in Matteus 4 saam. Die bedoeling van lectio divina is dat ‘n mens elke woord in die teks nuut lees, dat jy by elke woord sal stilstaan en daaroor nadink.Ek het dit al baie gedoen met hierdie teks. Vir die soveelste keer is ek verbaas deur ... Read More
Die liefde
on February 15th, 2022
Romeine 8 geskryf deur Ds Karin Steyn Die afgelope paar weke is alles in die winkels rooi en vol hartjies. Eergister was dit te kostelik om te sien hoe van die laerskool kinders met beertjies en kaartjies en ‘n ekstra huppel in hulle stap uitkom by die hekke na skool. Ek hoor hoe ‘n donkerkop seuntjie vir sy ma sê: “Mamma, ek dink daar is iemand wat van my hou…” en ek kan nie help om te glimlag wa... Read More